Tuesday, October 27, 2009

'n Lewe met blare

Dis twee maande sedert ek op my eie blog geskryf het, en ek het toe te kenne gegee dat dit oor werk is, en dit is inderdaad so, maar daar is 'n groter rede.

So tyd terug het die dokter besluit ek moet gesonder eet, en ek het belowe ek sal julle nie verveel met stories van blare en vleis waarvan die vet afgesny is nie, of 110 maniere om vis te stoom nie, maar dit is nie so maklik om nie te skryf wat in jou kop is nie, maar dis nog moeiliker om daai soort kos te eet, en ek kry dit nog nie meer as twee keer 'n week reg nie, en blare inspireer my glad nie om te kook nie!

Wat ek wel die 2 maande geleer het is dat daar 'n paar dinge waar sonder ek nie kan klaarkom nie, een is defnitief skaap tjoppies, die ander rooiwyn, nou as dit my na 'n vroee graf gaan ly, dan is die lewe darm net te onregverdig, in elk geval, "only the good die young" so ek sal ten minste 112 word.

Ek hoop ek na my afwesigheid nog lesers oor, as daar nog is, dankie, en ek gaan my bes probeer om nie weer in 'n witvleis depressie te verval en julle afteskeep nie.

Lekker eet
Potjie

Monday, September 7, 2009

Jammer

As gevolg van verwikkelinge by die werk sukkel ek om tyd te kry om te skryf, maar binnekort sal ek terug wees met 'n "bang", en in elkgeval was ek na saterdag se rugby meer lus vir drink as vir eet, gelukkig het die WP opgemaak daarvoor, nou moet ons net 'n plan beraam om die Springbokke 'n paar weke langer in Auz te hou, dan kan WP die beker wen, maar soos die Bokke saterdag aangejaag het, het WP dalk 'n beter kans as hulle terug is.

Lekker eet
Potjie

Tuesday, September 1, 2009

Stormagtige Lente

Ek weet dat lente werklik eers laat in September begin, maar vandat ek kan onthou was lente dag nog altyd 1 September, en vir my was dit 'n teken om 'n braaitjie te hou daai aand, lekker slaai by dit, en om die lente mee in te wei, 'n bottel Kaapse Vonkel.

Maar lente dag het in die Kaap aangebreek met misrabele weer, en ek weet daars mense wat mal is oor sulke grys mistroostike weer, maar ek is nie een van hulle nie, ek soek sonskyn, gee my die suidoos liewer as nie noordwes, want as die suidoos waai weet ek dis somer, hy gaan die reen wolke weg waai, en ek kan buite braai, ek gee nie om om in die wind te braai nie, ten minste reen die vuur nie dood nie.

Sal iemand nou net vir die weer gode laat weet dit is lengte in die Boland

Lekker eet
Potjie

Monday, August 31, 2009

Hoe nou?

Vir die van julle wat op sosiale netwerke rondspeel, sou al gesien het dat daar gewoonlik erens op die bladsy wat jy is 'n verwysing is nou soortgelyke groepe of netwerke. Nou die dag is ek op 'n fietsry forum toe my oog die "Similar Pages" opskrif sien, en toe is ek stom verbaas.

Die eerste een kan dalk nog op 'n manier sin maak "I like cooking", nou fietsryers soos ander mense moet eet, of dit noodwendig moet beteken hulle moet van kosmaak hou is 'n ander vraag, ek ken manlike fietsryers wat skaars kan braai, so hulle val defnitief nie in die "I love cooking" katogorie nie, maar in die lig van die ander twee "similar pages" maak die een die meeste sin.

Die volgende verwysing was na 'n groep "I think about having an afair", nou kyk toe ek hard geoefen het vir die Argus was die laaste ding in my gedagtes om nog 'n vrou in my lewe in te bring, tussen werk, oefen en my eie vrou was my hande oorvol, en ek het rus nodig gehad, sien rus is 'n belangrike deel van oefen (my gunsteling gedeelte) en 'n afair sou defnitief nie gehelp het nie, net onrustigheid veroorsaak het, so hoe die twee enige ooreenkomste het verstaan ek nie, of miskien het mens net te veel tyd om te dink terwyl jy fietsry, ek sal aanbeveel dat as jy aan sulke goed begin dink terwyl jy ry, ry vinneger!

Die derde een was "I live in a loveless marriage" nou miskien ry sommige mense fiets om weg te kom van hulle mans of vrouens af, ek weet nie, maar dis omtrent die enigste rede wat ek kan dink aan hoekom dit enige iets met fietsry te doen het, of nee wag, na 4 ure in die saal kan daar 'n redelike dooie gevoel tussen jou bene wees, maar dis darm gewoonlik na so 5 minute uit die saal weer ok. Of miskien is die "loveless marriage" as gevolg van die hoeveelheid tyd wat jy op jou fiets spandeer, en nie saam met jou vrou of man nie, persoonlik dink ek nie dis die geval nie, ek vind dat hoe meer ek onder my vrou se voete uit is, hoe beter kom ons oor die weg.

Laat asseblief weet of ek iets voor die hand liggend gemis het, en daarom verstaan ek nie die korrelasie tussen fiets ry en die 3 goed nie.

Lekker eet
Potjie

Wednesday, August 26, 2009

Moenie jou lewe omwens nie my kind

Moenie jou lewe omwens nie my kind - so het my ma ons baie vermaan as ons die tyd tot Desember vakansies omgewens het, maar ek is alweer besig om my lewe om te wens, en weereens is dit om by Desember uit te kom.

Die rede vir die haastigheid om by Desember uit te kom is 'n ontbeende koedoerib wat my sus Lynn vir my daar uit Grootfontein Namibia gestuur het, en ek wil dit graag deel met my vriend Karl daar uit Joburg, en dit gaan eers Desember wees. Ek spaar ook 'n spesiale botteltjie wyn vir daai koedoe rib, maar dit word daagliks moeliker om hom nie te drink nie.

Eers moet daai rib so effens gerook word, dan word hy gepak met piesang en toegerol en stadig sommer vir 'n nag lank in die oond gebak, maar stadig, hier by 80 rond, en die volgende dag dan kan die feestelikheid begin, as Desember nou net wil kom.

Lekker eet
Potjie

Tuesday, August 25, 2009

Vark(sige) ontbyt

Sondag oggend het my vleis lus die oorhand oor my gekry en alle gedagtes aan kolestrol en oortollige vetrole is na die buitenste duisternis verban en die volgende ontbyt het die lig gesien.

Begin met 'n sny roosterbrood, sit kaas bo op, bo op die kaas kom 'n gerookte varktjop, bo op die varktjop kom bacon, bo op die bacon 'n mooi ronde gebakte eier en op die kant snye tamatie en avo met bietjie olyf olie en balsamic asyn en natuurlik sout en peper, as jy moet kan jy nog altyd 'n varkworsie êrens bysit.

Hierdie is nou nie 'n ontbyt wat ek jou sal aanraai om elke oggend te eet nie, maar as die hoender en vis te veel word, hou die ontbyt die vleis lus vir 'n dag of twee weg, ek wonder net of ek nie volgende Sondag 'n stukkie boerewors êrens moet inwerk nie.


Lekker eet


Potjie.

Monday, August 24, 2009

Gelukkige verjaarsdag sussie

Die posting hieronder se datum is Vrydag se datum, maar is eintlik vandag geplaas (Vrydag geskryf) maar ek wil darm vir my sus daar in Kanada gelukkige verjaarsdag toewens, maar nie so tussen die "porn" nie, HAPPY HAPPY SUS!

Lekker eet
Potjie

Friday, August 21, 2009

Kos Pornografie


Na my Seks in die Kombuis posting het iets anders onder my aandag gekom, en dit is dat daar 'n term soos "Food Porn" bestaan, en wikipedia beskryf dit soos volg: "Food porn is a sarcastic term variously applied to a spectacular visual presentation of cooking or eating in invertisements, infomercials, cooking shows or other visual media, foods boasting a high fat and calorie content, exotic dishes that arouse a desire to eat or the glorification of food as a substitute for sex.", lees die hele artikel by http://en.wikipedia.org/wiki/Food_porn.


Die ander ooreenkoms tussen "Food Porn" en gewone pornografie is blykbaar dat altwee die regte daad vervang, nou moet ek se dat nie een van die twee vir my werk nie, nie dat ek 'n probleem met prentjies van kaal vrouens of pere het nie, maar kyk is kyk en doen is doen, ek het nou 'n halfuur na 'n prentjie van 'n steak gestaar, en ek is nou meer honger as toe ek begin het, dit het wel gehelp om die ander prentjie wat ek voor dit na gekyk het uit my kop te kry.


Persoonlik dink ek dis maar 'n goor vergelyking, as ek "Food Porn" moes beskryf, dan sou ek liewer die video hier onder ingedagte gehad het.





Eat Fruit Sexy Commercial - The most amazing home videos are here


Lekker eet


Potjie



Vrugte moeilikheid

Ek het in die laaste week 'n oormaat van vars vrugte ingeneem, en in my drome is die vrugte besig om 'n lewe van hulle eie te ontwikkel, en sonder om te veel daaroor uit te wei, 'n grafiese voorstelling van my laaste droom.

Lekker eet
Potjie

Thursday, August 20, 2009

Vis Aftreksel

Die van julle wat gereeld hier lees sal onthou dat ek vreeslik gesukkel het om visaftreksel blokkies in die hande te kry, maar daar is natuurlik 'n ander en beter opsie - kook jou eie.

Nou dat ek probeer gesonder eet koop ek ook meer vis, en ek hou daarvan om heel vars vis te koop, wat weer beteken dat as jy nie die hele vis gaan braai nie, maar fillets gaan sny om te bak, dan gaan jy met 'n kop en grate sit, of as die winkel dit vir jou doen, en jy vra nie daarvoor nie, dan gaan hulle dit hou. Moenie die grate en kop weggooi nie, nee dis groot sonde, gooi hulle in 'n pot, sny 'n ui by, rasper twee of drie wortels by, sout en peper en dalk bietjie knoffel, gooi water in die pot om alles te bedek, en kook tot die kop en grate skoon gekook is, gooi deur streiner, en jy het die heel beste visaftreksel om 'n vissop mee te maak, en vries dit gerus.


Een bietjie raad, moenie daai vis potte tot more oggend laat staan nie, was hulle vannaand, anders ruik jou kombuis soos 'n vis hawe more oggend.
Om mee af te sluit, 'n comic.




Lekker eet

Potjie

Wednesday, August 19, 2009

Seks in die kombuis

Seks verkoop, hoeveel keer het jy al mense dit hoor sê?. Van die wulpse blondine wat oor die rooi neus van 'n sportmoter gedrappeer is, tot die wiele van die manlikste 4 X 4. Die kos industrie was nog altyd in 'n groot mate gespaar hiervan, Steers het op 'n tyd bietjie van 'n sugestiewe advertensie veldtog gehad en "I had it all this morning" kan op meer as een manier vertolk word, maar dis omtrent dit wat ek kan onthou.

Die sport wêreld is besaai van naakte atlete op die voorblaaie van Playboy, Sports Illistrated het elke maand 'n Beauty of Sport blad met 'n atleet in 'n bikini of iets soortgelyk, maar ek het nog nooit in die Taste of in die Sarie Kos of Food and Home ens. 'n half naakte Angelika gesien nie, met 'n shef wat bekend staan as The Naked Shef sal jy meer kere op Jamie Oliver aflom as op Carmen Electra as jy begin soek na "naked in the kitchen" op die internet, maar dinge is stadig besig om te verander, 'n internasionale FHM het 'n shoot met een of ander bekende Thai chef (Farah Quinn) gehad (sien foto's onder) en in Amerika (waar anders) is daar 'n paar suggestiewe advertensies soos die een van Heinz hier onder as, en dan natuurlik begin die shef uittrustings ook om 'n bietjie sexier te raak, onthou net om nie bacon te braai as jy kaal is nie.
Ek vra onverskoning vir die vroulike lesers dat hier niks vir hulle is nie, maar ek kon niks vir julle vind nie, maar as julle kook soos die meisie hier onder sal ons vir altyd julle slawe wees, belowe, en kyk heel onder vir 'n comic om julle beter te laat voel.






























Die Thai Shef Farah Quinn






























































































Lekker eet

Potjie

Tuesday, August 18, 2009

Hoender Pasta

Vanoggend verneuk ek so bietjie, maar ek het so lank laas 'n resep hier geplaas dat ek dink dit is tyd dat ek dit doen, en toe kry ek hierdie resep in my e-pos, maar ek is hoopeloos te lui vanoggend om dit te vertaal, so ek gaan dit net so 'n Engels plaas, sorry boere.

Net vir die rekord, ek het gisteraand vir die eerste keer in jare op my fiets geklim, my bene is bietjie lam vanoggend, maar aangesien ek nou weer fiets gery het moet ons "carbo load" so hier is die Louisiana hoender pasta resep

Chicken:
4 tablespoons vegetable oil
6 skinless boneless chicken breast halves
3/4 cup bread crumbs
1/4 cup grated Parmesan cheese
1 cup milk
2 tablespoons flour

Cajun Sauce:
1 tablespoon butter
1 small yellow bell pepper, chopped
1 small red bell pepper, chopped
3/4 small red onion, chopped
3 whole garlic cloves, minced
1 teaspoon crushed red pepper
1 1/4 pints whipping cream
1 cup low-salt chicken broth
4 tablespoons fresh basil, thinly sliced
1 cup grated Parmesan cheese
1 package bow-tie pasta
1 cup mushrooms, sliced
salt and pepper

Melt butter in heavy large skillet over medium-high heat. Add yellow and red bell peppers, mushrooms, and onion to same skillet and saute until crisp-tender, about 4 minutes.

Add minced garlic and crushed red pepper to skillet and saute 2 or
3 minutes.

Add whipping cream and chicken stock. Simmer until sauce re-heats and thickens slightly, about 5 minutes.

Add basil and 1 cup grated Parmesan cheese to sauce, stirring to incorporate. Season sauce to taste with salt and pepper. Reduce heat to low, simmer. Sauce will reduce and thicken.

Cook chicken:
Wash and drain chicken breasts. Pound until very thin, as thin or thinner then 1/4-inch thick (the thinner the chicken breasts the better).

Mix breadcrumbs, flour, and Parmesan cheese together. Place milk in dish for dipping.

Dip chicken in breadcrumb mixture and then in milk and then back in breadcrumbs.

Place in fry pan that the oil has been heated and fry at medium high temperature until golden, crisp, and cooked through. Add more oil as needed. Remove and drain chicken. Keep warm.

Meanwhile, cook bow-tie pasta in large pot of boiling salted water until tender but still firm to bite. Drain and return to pot. Add sauce and toss to coat.

Place pasta with sauce on plate, and top with chicken breast.
Serve, passing additional Parmesan separately.

Serves 6

Lekker eet
Potjie

Monday, August 17, 2009

Om te Verander

Om verandering te maak in jou lewensstyl is seker een van die moeilikste goed wat daar is om te doen. Van laas week af probeer ek gesonder eet, minder rooi vleis vir een ding. Ek het een keer hoender gaar gemaak laas week!

Die probleem is dat ons kos koop vir 'n maand of 'n week vooruit, min van ons wat werk gaan koop elke dag dit wat ons wil gaar maak die spesifieke aand, en tot my verbasing het ek besef dat ek 'n yskas vol tjops en wors en allerande snitte van skaap en bees het, maar niks hoender of vis nie.

As iemand my moes vra hoe gereeld ek vis en hoender eet sou ek se ten minste een keer 'n week, maar ek besef nou dat ek sal lieg as ek dit se, want daar is dan nie hoender of vis in my huis nie, so hoe eet ek dit dan een keer 'n week, maar die week gaan ek die verandering by die horings pak en begin gesond eet, of miskien volgende week, dat ek net eers plek in die vrieskas maak.

Lekker eet
Potjie.

Friday, August 14, 2009

Verskoning

Ek vra nederig onverskoning vir my afwesigheid gister en vandag, hopenlik sal alles maandag weer normaal wees, en dan sal ek my bes doen om julle weer te vermaak.

Lekker eet
Potjie

Wednesday, August 12, 2009

Braai met Jacj Daniels

Vir al die kere wat ek op 'n sondag oggend wakker geword het, en gewens het daar was die vorige aand so bietjie minder Jack Daniels in die bottel, hier is 'n manier om van 'n kwart koppie ontslae te raak.

Jack Daniel's Braai Sous

1/2 koppie pynappel sap
3 teelepels soyasous
1-1/2 teelepels knoffel poeier
1/4 Koppie Jack Daniel's Whiskey

Smeer die sous oor jou vleis terwyl jy dit braai, en net voor jy dit afhaal smeer die laaste keer aan beide kante.

Lekker eet
potjie

Tuesday, August 11, 2009

Operasie Gesond Eet

Na al die pyn en leiding van fiks word en gesond eet van 'n paar jaar terug is ek weer daar, onfiks en vet, so van vandag af begin operasie gesond eet, maar toemaar ek gaan julle nie elke dag vertel van hoeveel blare ek in geneem het nie, maar as ek 'n lekker maar gesonde resep in die hande kry mag ek dit met julle deel.

So dag een is tuna slaai in plaas van Lucy se geroosterde toebroodjie en skyfies vir middag ete, maar ek moet 'n nota aan myself maak, dat uie in 'n slaai wat gisteraan al gemaak is, en heel nag in 'n toe houer was skerp ruik, miskien moet ek stadig met die uie as ek die slaai gaan werk toe gaan neem.

Dis moeilik vir my om aan kos te dink, en dan aan slaai te moet dink, ek is meer 'n leeu as 'n bok, maar ek sal nou maar of 'n jakkels wees, en die hoenders aanvat, of 'n beer en vis eet, maar passop skapies, ek gaan julle nie heeltemal uitlos nie.

Lekker eet
Potjie.

Friday, August 7, 2009

'n Vis Moet 3 Keer Swem

Gisteraand vra swaer Ferdie vir my, wat is die lekkerste braaivis van 'n geelbek of 'n geelstert. nou iets soos die kan tot familie twiste lei, so ek is maar versigtig om te antwoord.

'n Geelbek en 'n Kabejou is boetie en sussie, as dit nie vir die geel hier by die kop was nie sou ek hulle nie uitmekaar geken het nie, en vir my proe hulle maar eenders, so as jy kabeljou braai kan jy geelbek ook braai.

'n Geelstert se vleis is 'n bietjie droeer, die vet sit alles op die vel, so los die vel aan as jy hom gaan braai, maar dit geld vir alle vis wat jy gaan braai. 'n Geelbek moet nog lekker baie botter kry terwyl jy hom braai, die vleis is dik, en die vet van die vel gaan nie genoeg wees nie, moet nou nie knoffel en suurlemoensap vergeet nie.

Die gesegde gaan dat 'n vis 3 keer moet swem, 1 keer in die see, een keer in botter en een keer in wyn. Dit werk vir my, elke keer.

Lekker eet
Potjie

Thursday, August 6, 2009

Daar's 'n braai op die plaas

'n Hele paar jaar terug het ons 'n huis op 'n plaas gehuur, daar was 'n klomp huise, maar die boonste 4 huise se inwoners was in en uit mekaar se huise, saam geёet, saam gedrink, saam gelag en saam gehuil. Dis was ons, Jayx en Naldie, Francois en Dominique en Clinton en Louise. Vir een of ander rede was die mans altyd voor die vroue by die huis, en dit het my altyd die geleendheid gegee om die mans op te kommandeer vir 'n braai voor die vroue tuis is, dan maak ons groot vuur, as die vroue tuis kom is alles gereel, tot hulle ontsteltenis, ek probeer nou uitwerk hoe ek 5uur vuur gemaak het, en ons het nooit voor 11uur geeet het nie.

Ons paaie het bietjie uitmekaar geloop, maar die week het my ou vriend Jayx my deur facebook opgespoor, hy is nou die enkel pa van drie kinders, sy vrou is op moedersdag vanjaar oorlede aan kanker, ek weet nie wat om te sê nie, wat sê mens, ek wens ons kon tot bo op die kop met die berg fietse ry en die wêrel se probleme oplos, maar hy is in Joburg en ek in die Kaap, maar ou maat ek is daar by jou, en ek weet dat al het daai kinders nie nou 'n ma nie, het hulle die beste enkel pa wat hulle kan hê. Toe ek die nuus oor het ek aan 'n gedig gedink, The Invitation, en dis vir jou Jayx.

The Invitation

It doesn't interest me what you do for a living. I want to know what you ache for, and if you dare to dream of meeting your heart's longing.
It doesn't interest me how old you are. I want to know if you will risk looking like a fool for love, for your dream, for the adventure of being alive.
It doesn't interest me what planets are squaring your moon. I want to know if you have touched the center of your own sorrow, if you have been opened by life's betrayals or have become shriveled and closed from fear of further pain!I want to know if you can sit with pain, mine or your own, without moving to hide it or fade it, or fix it.
I want to know if you can be with joy, mine or your own, if you can dance with wildness and let the ecstasy fill you to the tips of your fingers and toes without cautioning us to be careful, to be realistic, to remember the limitations of being human.
It doesn't interest me if the story you are telling me is true. I want to know if you can disappoint another to be true to yourself; if you can bear the accusation of betrayal and not betray your own soul; if you can be faithlessand therefore trustworthy.
I want to know if you can see beauty even when it's not pretty, every day,and if you can source your own life from its presence.
I want to know if you can live with failure, yours and mine, and still stand on the edge of the lake and shout to the silver of the full moon, “Yes!”
It doesn't interest me to know where you live or how much money you have. I want to know if you can get up, after the night of grief and despair, weary and bruised to the bone, and do what needs to be done to feed the children.
It doesn't interest me who you know or how you came to be here. I want to know if you will stand in the center of the fire with me and not shrink back.
It doesn't interest me where or what or with whom you have studied. I want to know what sustains you, from the inside, when all else falls away.
I want to know if you can be alone with yourself and if you truly like the company you keep in the empty moments.


byOriah Mountain Dreamercopyright © 1999 by Oriah Mountain Dreamer.


Lekker eet
Potjie

Wednesday, August 5, 2009

Hoendersop vir die sieke

Toe ek vanoggend wakker word en elke spier in my lyf voel of 'n trein oor my gery het toe dink ek, die lyf kort hoendersop, eenkeer 'n winter dan gee jou lyf mons maar in, al is dit net om vir hoendersop te vra.

So hier is 'n hoendersop resep wat iemand vir my gestuur het, ek hoop nie daar is enige kopie reg of iets op die resep nie.


'n Halwe hoender
200 g rooilensies
2 uie, fyn gekap
5 ml vars gemaalde swartpeper
5 ml fyn komyn
5 ml fyn koljander
5 ml fyn kardemon
2 ml borrie
2 knoffelhuisies, gekneus
5 ml paprika
15 ml koekmeelblom
15 ml lemoensap
15 ml suurlemoensapsout na smaak

Maak 'n kastrol half vol met water en plaas die hoender, lensies en die helfte van die ui daarin. Voeg die speserye by, bedek dit en laat dit prut dit totdat die hoender en lensies sag is. Ontbeen die hoender en sny die vleis fyn. Smelt die botter en braai die oorblywende ui en die knoffel daarin tot sag en deurskynend. Roer die paprika en koekmeelblom by. Voeg die pasta by die sop en roer dit deur. Voeg die sap en die sout by en dien die sop warm op.

Hoop dit help teen die lyfseer
Lekker eet
Potjie

Tuesday, August 4, 2009

3 Pikkewyne watter een is joune?

Aangesien ons nou die afgelope twee dae oor vis praat, kom ons praat oor pikkewyne, en nee ons gaan dit nie eet nie, ons het almal se hulp nodig om hulle te red!

Hieronder is 'n sms-lyn wat sanncob het waarna jy kan sms, die sms kos R10.00, en dit is genoeg om een pikkewyn vir een dag te voed.

Vir minder as 'n brood en melk kan elkeen help, sms "save" na 39991


Potjie

Pap Snoek

Om oor snoek te praat en nie oor pap snoek te praat nie, is om jou kop soos 'n volstruis onder die sand te steek as hy iets nie wil sien nie. Pap snoek is die nare werklikheid van die snoek wereld.

Manne wat snoek vang vir 'n lewe verskil oor hoekom snoek pap is of word, hulle verskil ook hoe om 'n pap snoek uit te ken so ons wat nou en dan snoek koop gaan foute maak en elke nou en dan met 'n pap snoek opeindig.

Die verduideliking wat vir my die meeste sin maak, is dat snoek pap uit die water uit kom, en self die manne wat hieroor saam stem verskil oor hoekom een snoek pap is, en 'n ander nie wat beide op die selfde tyd gevang is , en op dieselfde manier geberg is. Die een verduideliking is dat hoe langer met 'n vis gespook is voor dit uit die water uit kom, hoe groter is die kans dat dit pap gaan wees a.g.v. die suur wat opbou in sy lyf terwyl dit spook.

Wat gemaak met 'n pap snoek, jy kan hom goed sout en ophang om die ekstra vog uit te trek, en kyk of die vleis opferm, of jy kan bloot sout snoek maak van dit, of jy kan dit weggooi, alles gaan afhang van hoe pap die snoek is, onthou pap snoek en vrot snoek is nie dieselfde ding nie.

Lekker eet
Potjie

Monday, August 3, 2009

Die Maande Sonder die R'e

Die maande sonder die r'e is snoek maande, van Mei tot Augustus is wanneer die groot snoeke uit kom, wanneer die manne wat die snoek langs die pad vashou hulle hande bo hulle koppe moet hou, sodat die koppe nie grondraak nie. As jy een keer 'n winter snoek gebraai het, gaan jy maar neus optrekkerig wees vir die somer se maar snoekies.

Oor snoek braai sal daar soos oor politiek en rugby altyd gestry word, maar ek braai hom soos ek met dit groot geword het, suurlemoen, appelkooskonfyt en knoffel word vir 'n sous gebruik, vooraf word die snoek met sout en peper bestrooi, en die vis word vleiskant onder toe op die kole geplaas, die sous word eers begin gebruik na die vis die eerste keer omgedraai is, en braai die ou asseblief bietjie stadiger as jou steak, die meeste van die braai word op die vel kant gedoen.

Onthou net voor jy begin sout gooi om te kyk of die man daar by die snoek bakkie nie klaar sout opgegooi het nie, as hy het, spoel die sout af, en wees dan versigtig met die sout, anders gaan dit salpeter wees.

Het ek jou hoor vra oor of jy moet tinfoil onder die vis sit? luister nou mooi, ons is besig om vis te braai, nie te bak nie, en dis die laaste keer wat ek oor die nonsens praat.
Lekker eet
Potjie

Thursday, July 30, 2009

Skaap op die Spit

Ek was Saterdagaand by my golf buddy Werner se 30ste verjaarsdag en nou het ek 'n kompleks oor almal wat my oom genoem het, maar dit is nie waaroor ek vandag wil gesels nie. Die ete was lam op spit saam met aartappels en uie en heerlike groenboontjies en patats. Julle sal opmerk dat ek nie praat van 'n spitbraai nie, die goed werk met gas, so lees 2 dae terug se artikel as jy nie verstaan nie.

Ek was al by verskei geleendhede waar 'n lam op 'n spit gaar gemaak is, en ek het al verskeie kere droё of taai vleis geёet, saterdag aand was dit nie die geval nie, die vleis was heerlik sag en sappig, Spitbraai King weet beslis wat hulle doen. Ek het al by baie mense wat blykbaar weet van spit af gehoor dat die vleis met die marinade ingespuit moet word, maar volgens een bron is dit moeilikheid soek. Volgens die persoon moet jy onthou dat die lam dood is, so die marinade kan nie deur die vleis beweeg nie, dit gaan net daar bly lê en jy gaan vleis hê wat plek-plek te veel marinade het en op ander plekke niks. Die beste is blykbaar om die lam te smeer met die marinade en van die marinade in die buikholte te gooi en dit oornag te laat marineer, maar dit as alles persoonlike voorkeure. Persoonlik het ek nog nooit self 'n lam op 'n spit gaar gemaak nie, maar wel 'n lamsboud. Spit lam is blykbaar baie Grieks en daarmee bedoel ek nie ingewikkeld nie, maar dat die Grieke lief is daarvoor. Die anti-apartheids aktivis George Bizos was blykbaar bekender vir sy spitbraai vermoё, as vir sy prokureurs vermoё, op 'n slag is daar aan hom gevra hoeveel mense kan 'n skaap voed en sy antwoord was 20 Grieke en 50 Anglo Saxons.


Aangesien die meeste van ons nie sommer self 'n hele lam gaan braai nie, sal ek maar 'n resep gee vir 'n Griekse lamsboud of blad op die spit, dit werk goed op die klein battery spit wat orals te koop is.


Bestandele:



  • 3 teelepels oregano

  • 2 teelepels sout

  • 2 teelepels peper

  • 3 huisies knoffel, fyn gedruk

  • 3 uie, gerasper

  • 3 tamaties, gerasper

  • 3kg lam boud of blad

Metode


Meng al die bestandele en smeer oor die lam, plaas in yskas vir ten minste 4 ure, maar verkieslik oornag, sit op spit en braai vir +/- 2 ure, natuurlik hang dit af hoe warm jou kole is.


Lekker eet


Potjie



Skaapkop jou lekker ding

In die Beeld van 29 Julie 2008 se Van Mens tot Mens rubriek skryf Wilhelm Jordaan hoe Jim Fouche toe hy nog staatspresident was hulle op 'n keer laat wag het vir 'n onderhoud en toe verskoning gemaak het omdat hy laat was met "Jammer ek is laat, maar ek moes eers my skaapkop in die studeerkamer opeet. My vrou wil mos nie hê ek moet dit hier by die blink tafels met my knipmes sit en eet nie. Dit kom van die plaas – spesiaal vir my." Nou die dag het iemand op my Facebook Groep by 'n foto van 'n skaapkop geskryf "Ons het ''n skaapkop gilde op Malmesbury" net dit, ek dink bloot die feit dat ek 'n foto van 'n gaar skaapkop op die groep se bladsy geplaas het, maak my een met hulle en dan natuurlik is ek 'n seun van Malmesbury.

My swaer Marius se pa, oom Jan wat nou ook al oorlede is, het ook aan so 'n skaapkop gilde behoort, hy het altyd vertel dat elkeen glo dat sy knipmes net die regte een is om skaapkop mee te eet, maar sy Joseph Rodgers was eintlik dié knipmes vir skaapkop eet. Moet nou nie vir 'n oomblik glo dat jy sommer net opdaag een aand as die manne en vroue bymekaarkom nie, jy word genooi, eers as 'n gas en dan dalk later sal jy genooi word om aan te sluit by die gilde, dis ernstige dinge die, en mens moet versigtig wees met wie jy oor skaapkop beraadslag.


Charmaine Louw vertel van die Malmesbury Skaapkop Gilde soos volg:


Dit is `n groep van 8 mans, het begin as 10, wat nou al meer as 10jaar bymekaar is, kom ten minste 4 keer in die jaar bymekaar. Ons roteer by wie se huis dit is. Elke man het `n ...kop naam (bv hoofkop, rooikop ens) Elke vrou het `n speciality wat sy maak (kniertjies, lewer, silt, beespens) dan maak sy dit, dan is daar afval en dan die skaapkoppe. Ons maak die koppe in die oond gaar, party in baksakkies ander lank en stadig. Hulle nooi `n gas by elke ete wat iets interessant aanbied (nuwe wyn, bier, brandewyn) Dit is `n geslote gilde.

Groete


Ai hoe lus ek nou vir 'n stukkie afval


Lekker eet


Potjie

Wednesday, July 29, 2009

Voedsel en Wyn op Melkbos

Dit is al meer as 20 jaar dat ek laas op Malmesbury gewoon het, en daai tyd was Melkbos maar min of meer Malmesbury by die see. Deesdae is daar 'n Golf landgoed en selfs engelse mense op Melkbos, maar sommige goed verander stadig. Ons is Vrydag aand saam met vriende na wat aan ons verkoop is as die Melkbos Voedsel en Wynfees. Daar was sels 'n whisky proe!. Die hele affêre is toe 'n fonds insameling vir Laerskool Van Riebeeck Strand.

Kom ons begin by die whisky proe, 'n klein kaalkop mannetjie het 'n halfuur klas in hoe "ons" ek dink hy het bedoel die Skotte, whisky maak en hoe hy elke aand 'n tot of twee single malt whisky drink. Met die rondkyk tydens hoe "ons" whisky soveel beter as die Kanadese of Amerikaanse weergawe is, kom ek toe agter dat die meeste mense rondom my maar is soos ek die manne van Malmesbury onthou, al is ons nou by Melkbos met sy fênsy Golf Landgoed en al. Toe die wannebe Scot uitkom by hoe ons die ¼ tot whisky wat ons ontvang het moet proe, toe het 9/10 al dit afgesluk, ons het nog 'n ¼ tot van 'n ander single malt wat ek nog nooit van gehoor het gekry om te proe, en toe is ons verlos om te gaan wyn proe. Met die uitstap uit die proe lokaal het ek gehoor, "Dis die meeste kak waarna ek nog moes luister vir die minste drank". Ai, soms is dit tone omkrul lekker as dinge bly soos dit nog altyd was. Net vir die rekord, daar was 'n paar baie "opgevoede" mense wat aan die "Scot" se lippe gehang het en mooi gewag het voor hulle geproe het.


My die wyn en kos lokaal was die platteland op sy aller lekkerste, daar was net 5 wyn stalletjies, maar hoe lekker is 'n wynproe waar jy 'n glas wyn kan koop as jy daarvan hou en dan nog R10,00 betaal vir 'n glas R75,00 per bottel wyn. Die 5 Plase was Mostertsdrift van Koelenhof by Stellenbosch, Riebeeck Cellars, Babylon's Peak net buite Malmesbury, in die Perdeberg streek, Van Loveren en Leopards Leap , maar daar wou hulle hê dat jy moes koop sonder om te proe, miskien was alles uitgeproe terwyl ek whisky geproe het.


Die Mosterdsdrift wyne kom van die plaas Weltevrede en die wynmaker Anna-Mareé was self daar, die enigste plaas waar daar iemand van die plaas was en nie net promosie mense nie. Behalwe hulle Cabernet Sauvignog wat ek geproe het (Die 2005 kry 3 sterre in die Platters Guide van 2009), het hulle my laat proe aan 'n desert wyn met 'n skoot suurlemoen en 'n blokkie ys bedien, heel aangenaam. Vir meer inligting email winemaker@mostertsdrift.co.za of skakel 021 889 5344 of 073 194 9221.

Die Riebeek Cellars stalletjie het baie min van hulle wyne gehad en die rooi wat ek geproe het was baie jonk en miskien sal dit onregverdig wees om 'n uitspraak daaroor te lewer, die 2006 Shiraz het wel 3 ½ sterre gekry in die Platters. Riebeek Cellars kan gemail word by info@riebeekcellars.co.za of skakel 022 448 1213.


Die wyn van die aand vir my was beslis die Babylon's Peak 2006 Babylon. Die wyn het 'n goue medalje gewen by die Swiss Gourmet Festival asook 'n 2007 Winemaker's Choice Award. Die wyn het 3 ½ sterre gekry in die Platters Guide en hulle 2006 Shiraz 4 sterre (2007 3 ½ sterre). My vrou het hulle Chenin Blank (3 ½ sterre) baie geniet. Bo en behalwe die feit dat die wyn heerlik is, moet ek die vroue wat die tafel beman (bevrou?) het 5 sterre gee, hulle het die proe ondervinding 'n fees gemaak, maar wat anders kan jy verwag van vroue uit Malmesbury, pure Swartland gulhartigheid. As 'n boutique keller word die wyn volgens die vroue net op die plaas verkoop, indien julle belangstel email hulle by info@babylonspeak.co.za, of skakel hulle by 022 487 1614 of 082 550 3925.


Van Loveren het min bekendstelling nodig in die Suid-Afrikaanse mark, ek geen van hulle wyne geproe nie, want ek het die meeste daarvan al gedrink en ek kon die versoeking nie weerstaan om 'n glas van die Baylon te koop nie. Ek sou graag van hulle Wolverine Creek Limited Release reeks wou proe, maar dit was ons nie beskore nie. Vir meer inligting email hulle by info@vanloveren.co.za of skakel hulle by 023 615 1505.


Soos reeds genoem, kon ek nie Leopards Leap se wyne proe nie.


Die kos gedeelte van die voedsel en wynfees het bestaan uit die vroue wat kaas van jogurt maak, 'n olyftafel, heerlike brode, biltong, piekels en nog 'n kaas tafel. Ek kan julle ongelukkig nie besonderhede gee van die mense nie, want hulle kaartjies was in my broek se agtersak en is saam met die broek gewas. Een ding wat ek nog nooit voorheen beleef het nie, was die modus operandi by die kaas tafel. Ek proe aan 'n stuk kaas (cheddar met mosterd saad) en besluit ek wil graag een van die kase koop, die volgende oomblik word die kaas wat gedien het as die proe blok, in 'n papiersak gesit, 'n prys van R14.00 word gemaak en nou kan niemand meer van daai kaas koop nie, want dis is die enigste blok van die kaas wat daar was, jammer almal wat nog wou daaraan proe en ook aan die wat aan die parmesaan wou proe, ek het dit ook in 'n papiersak daar weg. Ek kan verder getuig dat die biltong en droё wors asook die piekels van hoogstaande gehalte was, maar hulle kaartjies is nie wasmasjien bestand nie.


Die naweek is die Stellenbosch Voedel en Wyn Fees, ek het 'n vermoede dit gaan iewat anders afloop.


Lekker eet

Potjie.

Tuesday, July 28, 2009

Ons Braai

Ons Braai

Shared via AddThis

Vuurmaak en braai

Gister se onthou van vure het my nou aan iets anders laat dink. Mense gaan deesdae vreeslik ligtelik om met die konsep van vuurmaak en braai. So kom ons lê die reёls neer eerstens van wat tel as vuurmaak en tweedens wat tel as braai.

Vuurmaak se reёls is eenvoudig, vir iets om te tel as 'n vuur, moet daar vlamme wees, en nie net die vlam van die ding wat gebruik is om die storie mee aan te steek nie, die vlamme van blitz en gaspype tel nie as vlamme nie. As jy 'n stuk blitz onder charcoal druk, die spulletjie aansteek en dis hoe jy braai, dan mag jy nie saampraat as mense praat oor vuurmaak nie, enige aap kan blitz aan die brand kry en daai 3 vlammetjies wat charcoal maak tel nie as vlamme nie, uit en gedaan. As jy op 'n plek bly waar jy geen ordentlike hout kan kry nie, maak 'n vuur van enige hout en gooi charcoal later by, dis aanvaarbaar, of maak soos die Vrystaters en maak vuur met droё mieliestronke, maar maak vuur of hou jou bek. As vriend Karl sy sin kry, dan tel 'n vuur net as 'n vuur as jy 'n dop in die hand gehad het toe jy dit aangesteek het, maar ons gaan nie so streng wees vandag nie.


Oor hout word baie gestry, die Transvalers het geen erg aan ons Kaapse rooikrans en wingerd stompies nie, maar dis ten minste "groen" om dit te gebruik, want die rooikrans is onkruid en die wingerd was nie meer goed vir wyn maak nie. Uit Namibië en die bosveld kom verskillende doringhout, dit maak nie sulke groot vlamme soos die sagter rooikrans nie, maar die kole is warm en hou lank. Daar is ook nog Black Wattle en ander goed hier in die Kaap, met die Wattle kan jy braai as jy lekker dik stukke het, maar bloekom en dies meer is vir kaggels. Die Bosvelders en Namibiërs gaan my seker op die vingers tik oor al hulle hout wat ek uit gelaat het, maar in die Kaap is al daai hardehout doringhout. Soos reeds gesê, as jy met mieliestronke moet braai, dan is dit goed so. Watter hout hulle in Natal gebruik vir vuurmaak weet ek nie, die Vrystaters sal seker se mieliestronke, aangesien hulle rugbyspan gewoonlik soos 'n Greys reunie lyk. My persoonlike voorkeur is rooikrans vir skaap en hoender, wingerdstompies vir vis en hardehout vir steak, maar dis net 'n persoonlike voorkeur, solank dit vlamme en kole maak, sal ek op dit braai.

Braai het bietjie meer reёls. Eerstens, om te braai het jy kole nodig, dit sluit dis alle gas en elektriese gedoentes uit. Waar die vertaling van braai restaurant vandaan kom weet ek nie, maar as daar nie kole is nie, dan is dit nie 'n braai nie. Luister nou mooi, die is nie 'n demokrasie nie, dis die reёls, jy braai oor kole, dis dit. Tweedens, die enigste ding tussen jou kole en die vleis/vis/hoender is jou rooster, 'n soliede plaat is nie 'n rooster nie, dis bak op die vuur. As jy tinfoil om jou vis moet sit as jy "braai" dan is dit reg, ons almal moet met ons tekortkomeninge saam leef, as jy nie kan vis braai nie, dan moet jy daarmee ook saamleef, maar vis in tinfoil op die vuur is bak op die kole, dis nie braai nie. Braai sonder 'n kantvuur is soos braai sonder 'n glas wyn, dis moontlik maar heeltemal onnodig. Een tammeletjie is dat jy kan kole hê sonder om vuur gemaak as jy charcoal gebruik het, so moet dit nie 'n vereiste wees om vuur te gemaak het nie, voor jy kan sê jy het gebraai nie. Ek dink is so belangrik dat 'n nasionale referendum hieroor uitgeroep behoort te word, tot dan moet julle charcoalers die woord braai versigtig gebruik.


Vir 'n iewat krasser stel reёls vir 'n boerebraai, gaan na http://www.scribd.com/doc/17652404/Boerebraai


Lekker eet


Potjie



Monday, July 27, 2009

Het jou Katvis!

Ek het Fish Stock by Lemon Butta in Willowbridge gekry! Blykbaar werk chickenstock met vis sous egter net so goed volgens Michael van Lemon Butta.

Lekker eet
Potjie

Nuwe verwikkeling in Italian Fish Stock saga

Willoughby’s hou gewoonlik die Fish Stock Cubes aan, maar het 'n probleem met verskeie produkte wat van Italie af ingevoer word, maar hulle het soms vars vis aftreksel, en is bereid om jou met raad by te staan.

Lekker eet
Potjie

Italian Fish Stock Cubes

My soeke na die Italian Fish Stock Cubes mag 'n einde bereik het. Ek het die volgende e-mail van Taste vonoggend ontvang.

" Our food editor, Phillippa’s reply was that Willoughby’s always sells imported fish stock cubes:"

Willoughby & Co ( V&A Waterfront)
Shop 6132V&A Waterfront

Cape Town
Tel: 021 418 6115"

Woolworths self soek nog na die andwoord

Lekker eet
Potjie

Sunday, July 26, 2009

Rondom die Vuur

Vrydag 24 Julie 2009 stuur my vriend daar uit Gauteng vir my 'n artikel wat in die beeld gepubliseer is. Lees die artikel hieronder. Vuur was die begin van kos kook, voor dit kon mense dalk kos maak, maar nie kook nie, want jy het hitte nodig om te kook. Hier by ons word daagliks nog kos gekook of gebraai met behulp van vuur, sommige doen dit omdat dit die enigste bron van energie tot hulle beskikking is, ander omdat bloot ons 'n nasie van braaiers is. Onthou nou net, om blitz onder 'n klomp charcoal te druk is nie vuurmaak nie, ek besluit nog of dit braai genoem mag word, braai op 'n gasbraai is nie braai nie, as jy nie hout het nie, maak soos die Vrystaters en kry droё mieliestronke, ten minste brand die goed, dit smeul nie net nie. Maar ons sal 'n ander dag praat hieroor, die artikel het my laat dink aan vure wat ek in my lewe kan onthou.

My vroegste herhinnering aan vuur is Desember by Swartvlei langs die see saam met my pa, ek was nog 'n klein laaitie, maar saam gaan visvang deur die nag wou ek met alle mag. Ek onthou hoe ons allerande hout opgetel het langs die see en in die duine om vuur te maak, onderandere 'n stuk hout dik van die teer, dit het gestink maar het heelnag gesorg dat die vuur brand, laataand of miskien vroeg oggend na ek 2 of 3 kolstertjies gevang het, het ek myself langs die vuur op gekrul en salig aan die slaap geword, teerpaal en al. Op die einste Swartvlei sou ek gedurende 'n ander vakansie my liederlik verbrand, toe ek petrol gebruik het om 'n vuur te probeer aan die brand kry, om allikreukels op gaar te maak, al wat gaar was, was my kuit en my nefies se agterstewe wat gehelp het, ek moes inderhaas dokter toe, so ek het daai pak slae gemis, maar glo my, dit was die enigste een wat ek ooit gemis het.

Kort na ek in die Transvaal aangekom het, het ek saam met 'n paar manne van die werk gaan visvang by Bronkhorstspruit, ek het gelag vir die manne wat wegloop van hulle visstokke af, en die nag en in tente gaan slaap. Ek het by die vuur geslaap, ek moet bieg ek het my bietjie misgis met die Hoёveld se koue, ek het in die vroeё oggend ure wakker geword, spierwit geryp, die sonnetjie het net begin kop uitsteek. Ek het die vuur weer aan die gang gekry en vir my 'n beker koffie gemaak, en daar op my eie die sonsopkoms gesit en kyk, en vir die eerste keer was die Hoёveld vir my mooi.

Die eerste jaar wat ek terug was in die Kaap na 10 jaar in die Transvaal, het ek en vriende die Desember vakansie die Outeniqua staproete gedoen. By elke oornat hut, was hope vuur maak hout en die oornag hutte is ou bosbou huise, vir iemand wie beide se ouers van die wêreld af kom en beide hulle pa's het vir bosbou gewerk, was elke aand langs daai vure gevul met vrolike geeste van my voorouers.


Vure saam met my vriend Karl is te veel om te noem, maar een wat uitstaan is 'n vuur in die weskus mis reёn in die Weskus Nasionale Park een September. Ons het die twee dae Postberg staproete gedoen wat net gedurende die blomme seisoen oop is, die heeldag het die son hard probeer om kop uit te steek, maar hier by 5 uur moed opgegee en die reёn het saggies begin val, maar dit kon ons nie weerhou om 'n vuur te maak en heerlik te braai nie, en elke man het 'n spesiale bottel rooiwyn uit sy sak gehaal, spesiaal gebêre vir die aand.


Ek onthou van 'n groot vuur in 'n klein rondawel wat ek heelnag gestook het, bottels rooiwyn en liefde en daai vuur....


Dankie Annemarie Marais, dat jy my laat onthou het.

'n Vuur Teen Die Koue Verlange





Lekker eet

Potjie

Friday, July 24, 2009

Pick & Pay en die Kompetiese Raad

Ek het nou net die per email ontvang, vir die van julle wat dit nog nie gesien het nie, hier is Pick en Pay se reaksie op die Kompetiese Raad se ondersoek.

Maandag is daar geen klagtes op die blog nie, net 'n lekker storie, maak seker dat julle maandag terug kom vir 'n storie oor vuur.

Pick n Pay

Lekker eet
Potjie

Thursday, July 23, 2009

Woolworths en die Italian Fish Stock

In die Julie uitgawe van die Taste Tydskrif is daar 'n resep vir vissop, 'n heel maklike resep lyk dit met die eerste oogopslag, maar dan gaan koop jy die bestandele en jy haak vas by Italian Fish Stock Cubes en dan begin jou probleme, daar is net soveel Woolworths winkels in die Noordelike voorstede van Kaapstad, en geeneen van hulle het al gehoor van Italian Fish Stock Cubes nie, vergeet nog daarvan om dit op hulle rakke vind.

Ek het nog altyd verstaan dat alle bestandele wat in die Taste resepte gebruik word, kan jy by Woolworths vind, en ek neem toe aan dat ons hier in die Noordelike voorstede seker nie so fênsie is nie, daarom hou die winkels hier nie die produk aan nie, dus email ek op donderdag 02/07/2009 maar Woolworts by Shop@woolworths.co.za en vra waar ek die Fish Stock Cubes kan kry. Vrydag oggend 03/07/2009 kry ek 'n email terug van Jacky van der Berg, (Customers Services – Email Administrator) wat my in kennis stel dat my navraag na die regte departement toe verwys is. Ek is baie gelukkig, want binnekort sal ek weet waar ek die Italian Fish Stock Cubes kan gaan koop, my ma sou gesê het, die geld brand in my sak om uitgegee te word.

Die volgende week gaan verby en Woolworths is stil en dan Vrydag 10/07/09 bel Darren van Woolworths my, my hart sing toe ek hoor dis iemand van Woolworth op die lyn, uiteindelik gaan ek my Italian Fish Stock vind, maar o weё, Darren wil meer inligting hê oor die Italian Fish Stock Cubes, vir 'n oomblik is ek stom geslaan, watter inligting kan ek vir Darren gee, ek het nog nooit die bleddie goed in my lewe gesien nie, ek probeer dan juis by Woolworts uitvind omtrent dit, nou soek hulle by my die inligting, maar ek hou my kalm en ek gee hom die Taste se bladsy nommer (58) en watter uitgawe dit is (Julie 2009), waar die Italian Fish Stock genoem word en hy belowe my hand en mond hy kom vinnig terug na my toe. 'n Week later, Vrydag 17/07/2009 bel ek maar vir Woolworths se hoofkantoor (021 407-2846) ek kry nie vir Darren in die hande nie, maar iemand anders neem my email adres sodat hulle die navraag kan opsoek en belowe my dat hulle binnekort na my sal terug kom, dit is nou weer vrydag en Woolworths is stil en ek is steeds Italian Fish Stock loos.

Miskien moet ek by Taste navraag doen, maar ek het hulle so baie gemail toe ek die Artikel "Confession of a Hungry Woman" Hier wou plaas (wat hulle my toegelaat het, dankie Taste) dat ek dink hulle gaan in trane uitbars as ek hulle my email adres sien. Nee wag, ek gaan hulle tog email, miskien kry ek vinniger 'n antwoord van hulle af.

Ek het al die resep gemaak, deur hoender aftreksel te gebruik en 'n paar druppels vis sous en so twee anchovie fillets in die sop te sit, wees net versigtig vir die vis sous, dit is baie sout en het 'n sterk vis smaak.

As ek iets van Woolworth hoor sal ek julle vertel, maar moenie julle asems ophou nie.


Lekker eet

Potjie.

Wednesday, July 22, 2009

Hiert, hoe brand so rissie

My gryse ou moeder het haar hande vir ons kinders deurgewerk en as alleen ouer het sy vir ons alles binne haar vermoё gegee. Na haar kinders is huis skoonmaak haar groot liefde, en dit help nie julle vra my hoe dit werk nie, maar dis hoe dit is. Haar kos was altyd heerlik, regte huis kos, potgebraaide hoender en en vleis, groenboontjies en wortels kry bietjie aartappel by en word fyn gedruk, vetkoek en pampoenkoekies en alles waarmee ons in Afrikaner huise groot geword het, maar kos maak was, en is vir haar iets wat gedoen moet word, omdat jy moet eet, dis nie 'n liefde of regtig 'n plesier nie, sy sal liewer stryk as kook. Haar speserye kas bestaan uit sout en peper en dalk nog twee of drie ander speserye, chillie vars of gedroog was nie iets wat jy in ons huis sou aantref nie en tog is ek van kleins af lief vir sterk kos, alhoewel dit nie die in-ding was in ons huis nie.

Toe ek dus vir myself moet begin kosmaak, moes ek vinnig leer van speserye en hoe sterk wat is. So stap ek eendag in Checkers rond en sien die pakkie groen rissies (regte rissies soos in chillies) en ek koop dit en besluit om 'n kerrie aanmekaar te slaan. In my onkunde vat ek so halwe hand vol rissies en kap dit in stukke en gooi dit, pitte en al in 'n potjie kerrie vir een persoon. Glo my vry, dit was warm, soos in moers warm, toe ek die vurk na my mond toe bring om die eerste hap te vat, toe begin my mond kwyl voor die vurk by my mond is, en dis die reine waarheid. My mond was aan die brand, maar daai tyd was ek hoopeloos te arm om 'n pot kos weg te gooi, ek het dit geёet en saam daarmee het ek alles wat ek in die huis gehad het op gedrink, heel eerste die melk natuurlik.

Die kerrie het 'n tweede keer weer gebrand, sodat ek gewens het ek het toilet papier in die yskas gesit, as jy nou weet wat ek bedoel.

Vir die prys van 'n pakkie rissies en bekbrand het ek dus my eerste kookles gehad, een van 'n hele paar wat ek oor daai volgende paar maande sou hê, so sonder enige leermeesters, behalwe my eie kopstamp.

Lekker eet


Potjie

Tuesday, July 21, 2009

Volstruisnek pot

Volstruisnek is al die arm man se oxtail genoem, maar soos volstruis gewilder word, raak die prys van die lang nek gediete se nek ook al hoe duurder. Volstruis se gewildheid kan tot 'n groot mate toegeskryf word aan die feit dat daar bykans geen vet aan die vleis is nie, maar dit is weer die rede hoekom ek 'n stukkie vark spek bysit as ek my potjie maak, net om seker te maak dis nie te droog nie, maar jy kan wegkom sonder die vet. My ander geheim, en dis moeiliker te kry, is peper, maar nie enige peper nie, long pepper moet dit wees, maar gewone swart peper werk ook en ek gebruik dit wanneer ek nie meer van die long pepper het nie, want dit kry ek net as vriende in Marocco of Indie gaan kuier.

Jy benodig:

1 Kg Volstruisnek
1 stuk varkspek in blokkies gesny
2 Groot Ui in skywe gesny
4 tot 5 Aartappels in kwarte gesny
2 Wortels in ringe gesny
1 koppie rooiwyn
½ koppie beesaftreksel
Long pepper of swart peper
Sout
30 mℓ olyfolie
1 teelepel droё koljander blare of hand vol gekapte vars koljander
1 teelepel droё tiemie of hand vol gekapte vars tiemie
½ teelepel Gemaalde Koljander
⅛ teelepel Gemaalde Neut
3 Naeltjies
2 huisies knoffel gekneus
2 tot 3 loerierblare
3 tot 4 anchovie fillets


Maak so:

Verhit olie in swaarboom pot, braai uie en in pot tot deurskynend en verwyder met gaaitjies lepel uit pot. Braai die volstruis nek stukke tot bruin, voeg die varkspek, anchovies, knoffel, wortels en uie by en braai nog 'n minuut of twee. Voeg die res van die bestandele behalwe die aartappels by, bring tot kookpunt. Verlaag die hitte sodat die pot net prut, laat prut vir so 1 ½ uur, voel of die vleis al sag is, indien so, voeg die aartappels by en prut tot sag.Indien nog vloeistof benodig word gedurende die kookproses, voeg bietjie water by, maar wees versigtig om nie te veel water by te voeg nie. Bedien met rys.

Lekker eet
Potjie

Monday, July 20, 2009

Hottentots Vye (Suurvye)

Ek het al in die verlede gesktyf oor Suid-Afrikaans kos en spesifiek Kaapse kos, net laas week het ek geskryf oor oom Eugene se veldkool (Hottentots kool) en in die Kaap is dit nou waterblommetjie tyd, maar vandag wil ek by 'n ander Kaapse kos vassteek. Hottentots of suurvye.

Ons almal wat al bietjie in die wes en suid kus duine reondgeloop het, het al die pragtige geel of pers blomme van die suurvy vetplant gesien, maar hoeveel van julle het besef hoe veelsydige vrugte soort dit kan wees, dit word gebruik van konfyt kook tot chutney maak. My ma het ons kleintyd vetrel van 'n plant wat hulle by haar ouma hulle geёet het, wat hulle goena genoem het, en dit is blykbaar dieselde ding, maar passop sê my ma, daai ding vlek jou klere iets alleverskrikliks, hulle het blykbaar menigte kere pak slae gekry oor dit. Verder vertel my ma dat dit nie by hulle in die suurveld gegroei het nie, net by hulle ouma wat in die soetveld gewoon het. Beide die suur en soetveld wat hier van gepraat word, is in George se wêreld as julle dalk gewonder het.

Die plant word in die kusgebiede as 'n stabiliseerder vir die duine gebruik, en die vrug van die plant word al honderde jare lank deur die plaaslike inwooners geёet. Die Latynse naam is Carpobrotus edulis en dit behoort tot die familie mesembryanthemaceae. Carpobrotus bestaan uit 13 spesies waarvan 7 in Suidelike Afrika voorkom, as julle meer van die plant wil lees besoek http://www.plantzafrica.com/plantcd/carpobed.htm .

Die konfyt van die vrug is oral in padstalle in die Kaap beskikbaar, maar vandag gaan ek vir julle 'n resep vir chutney gee, heerlik saam met 'n ander Kaapse gunstelling, bobotie. Laat die chutney so twee weke staan, sodat die smaak goed kan ontwikkel voor jy dit begin gebruik.

Suur Vye Chutney
Bestandele

2 Koppies Suur Vye
2 Koppies wit asyn
750ml Tamatie sous
2 Koppies suiker
2 Koppies Methi Masala
½ Koppie Worcester Sous
½ Koppie Kerrie Blare (Curry Leaves)
Metode

Laat vye in kokende water hidreer. Verpulp vye, asyn en res van die bestandele in 'n voedselverwerker. Kook oor lae hitte, roer nou en dan. Verkoel. Bere in yskas

Lekker eet
Potjie

Friday, July 17, 2009

Tant Ralie se Loesieshuis

Ek onthou toe ek so klein laaitie was, het daar elke nou en dan 'n pakkie met boeke by die huis aangekom, as die enigste "man" in die huis was daar nie eintlik voorsiening gemaak vir my lees smaak nie, Trompie en die Uile en later Konsalik moes ek maar by die dop se biblioteek gaan uit neem. Maar as 'n leser van kleins af, het ek wel skelm al die liefdes verhale gelees, nie dat ek my pelle sou vertel het nie, maar as 'n man hou van lees en dis al wat daar is, behalwe jou skoolboeke, dan wen die liefdesverhale elke keer die skoolboeke. Een van die boeke, het ook 'n radio storie geword en later 'n TV-reeks, toe die SAUK nog geld gehad het. Die boek was Tant Ralie se Loesieshuis.


My eerste blyblek toe ek in die Transvaal gaan werk het, was Tant Nakkie se Loesieshuis en dit was nie eers amper roemanties nie. Die tannie het vlam rooi hare gehad, potlood steepies vir wenkbroue en sy het casino geld in die yskas gebêre, want koue geld was blykbaar verseker om in die casino tot sukses te lei.


Die tannie moes Chinese in haar familie gehad het, want ek nooit voor dit en nooit daarna soveel rys in my lewe geёet nie, maar dit kon ek nog hanteer, maar die sop was een te veel vir my. Later sou ek leer, dat ander mense dit ook doen, maar dit was my eerste kennismaking met 'n klomp maceroni in sop, en tot vandag toe gril ek my dood vir maceroni in sop, as jy pasta kook, spoel jy tog die pasta af, maar in die sop bly daai stysel net so in die sop agter, en die sop was smaakloos, om dit mooi te beskryf. Om jou 'n idee te gee van hoe sleg die sop vir my was, dit is wat in my kop vas gesteek het van Tannie Nakkie se kos, en sy het vir ons groenboondjies op ons brood gesit werk toe, nou en dan was sy spandabelrig, dan het ons chips (soos in Simba chips) op ons brood gekry, het julle enige idee, hoe pap raak daai chips van die botter of margerine van die brood?.


Om seker te maak niemand gaan maceroni in die sop gooi nie, gee ek liewer 'n vissop resep vir julle vandag. Die resep kom uit 'n Weg Tydskrif .


Bestandele

2 fyngekapte uie
1 kg tot 1,2 kg vars ferm vis, sny in stukkies wat net mooi 'n eetlepel gaan vol lê
4 fyngekapte knoffelhuisies
3 blikke tamaties, in fyn stukkies gesny
¾ k olyfolie
1 t gedroogde vinkel
skil van halwe lemoen, verkieslik drooggebak in die son, in klein stukkies gesny
hand vol vars, gekapte pietersielie
2 knippies saffraan

Metode


Kry jou pot, vuur en gaste in orde, want dié gereg is binne 20 minute gereed. Maak pot lekker warm, gooi 'n leksel van die olyfolie in die warm pot en braai jou uie tot hul deurskynend is. Plaas pot nou op 'n goeie hoop warm kole en, glo dit of nie, gooi al die bestanddele behalwe pietersielie en saffraan in die pot. Roer vinnig deur, want die olyfolie is die bindmiddel waarin alles gaan kook -- geen wyn of suurlemoensap wat die olie se effek gaan breek nie. Wanneer die pot goed begin borrel, plaas jy die deksel op, gee dit 12 tot 15 minute, sprinkel pietersielie en saffraan oor als en skep in sopborde. Lekker met rys, maar veral lekker op dik snye roosterbrood.


Lekker eet


Potjie

Chillie Burger

In die laat 80's het ek in op Jan Smuts Lughawe gewerk en in die Oos Rand gewoon, ja ek weet, arme ek. Ek het 'n vriendin, Erika, gehad wat hard kon jol. So 'n paar keer ek het probeer om by te hou, maar ek kon twee aande maak, dan moes ek rus, vir haar was 4 aande 'n week die norm. As ons dan so tussen 4 en 5 am huis toe keer, was die enigste eetplek wat oop was die Bimbos in Kempton Park, waar ons altyd 'n chillie burger gaan eet het, ek dink dit moes ons nugter brand, maar dit was nooit baie suksesvol nie. Ek was nooit tydens die eet van die chillie burger in so 'n toestand, dat ek nou kan sê hoe goed of sleg die burger was nie, maar hieronder is 'n resep vir 'n ordentlike chillie burger.

Hier waar ek nou woon is daar nie 'n Bimbos nie, wel 'n klomp bimbo's, ek wonder of die restaurant Bimbos nog bestaan, ek hoop so vir al die Oosrand jollers se part in elk geval.

Burgers
750 g maalvleis (Bees)
2 knoffel huisies fyn gestamp
30 ml chilli sous
3 spring onions, fyn gekap (kan nou nie onthou wat dit in afrikaans is nie)
45 ml gekapte koljander blare
sout na smaak
vars gemaalde swart peper na smaak
50 g mozzarella kaas in kwarte gesny
olie om mee te verf
4 hamburger rolletjies




CHILLI AARTAPPEL WEDGES
4 aartappels gewas
60 ml olyf olie
2 ml sout
5 ml chilli poeier
250 ml suur room

Metode:

Meng maalvleis, knoffel, chillie sous, spring onions, koljander, sout en peper in 'n bak todat dit aanmekaar vas sit. Verdeel in 4 ewe groot gedeeltes en vorm rondom die mozzarella kaas, maak bietjie plat om 'n burger te vorm.

Voorverhit oond tot 220 ºC. Sny aartappels in 8 wedges elk, sit in bak en voeg olie, sout en chillie poeier by, skud sodat aartappels bedek is. Sit in bak plaat en bak todat gaar, omtrent 20 min, bedien saam met suur room.

Lekker eet

Potjie

Thursday, July 16, 2009

Pap en Vleis

Ek moet darm seker vir Jacaranda 94.2 meer airtime gee, as ek hulle songs so gebruik, so hier is die nuwe Pap en Vleis video, met dank aan Jacaranda 94.2.




Lekker eet

Potjie

Pap en Vleis Lied

Dit was seker net 'n kwessie van tyd voor iemand 'n liedjie geskryf het oor pap en vleis, so sonder enige verdere oponthoud, kliek hier onder om te luister. Ek dink nie ek hoef vandag veel meer te sê nie.



En net omdat ek nie die versoeking kon weerstaan nie,'n video van potjie.




Lekker eet

Potjie

Tuesday, July 14, 2009

Speserye

Ek het nou al 'n paar keer "Master Chef Goes Large" op Dstv gekyk en verskye kere is daar vir die deelnemers gesê dat hulle te veel verskillende speserye of verskillende smake in hulle geregte het.

Ek wonder of enige van die twee kos kenners al na tradisionele resepte uit Indiё of Marocco gekyk het. Daar is meer verskillende speserye in die geregte as wat daar in baie mense se speserye rakke is. En om die smaak net reg te kry van die geregte, kan jy nie een van die speserye uit laat nie. Die verskillende speserye is soos 'n goeie stut in rugby. Jy mag dalk nie agterkom hy is daar gedurende die tyd wat hy op die veld is nie, maar as hy afgaan, weet jy dit onmiddellik.

So as iemand weer vir jou vra of jy regtig soveel speserye in die kos hoef te sit, dan glimlag jy net vir hulle en gooi vir jouself nog 'n glas wyn.

Lekker eet

Potjie

Monday, July 13, 2009

Een pot lekkerte

Ek is nou maar een maal nie 'n wintersmens nie, as die reёn so aanhoudend val soos die naweek dan wil ek my kop toemaak onder die komberse en wanneer die son weer sy kop uitsteek, dan wil ek eers weer my kop ook onder die komberse uitsteek. Maar die winter is darm lekker vir bredies en kerries en natuurlik rooiwyn. Terwyl die reёn my nou so lui maak, watter beter manier om te kook as een pot geregte, of 'n tagine, vir murg sagte vleis en geure wat jou van die winter kan laat hou.

Alhoewel ek die gereg in my tagine kook is dit nie Maroccen nie. Gooi bietjie olyfolie in die tagine, plaas skaap of lamstjops in die tagine en geur met sout en peper en gooi bietjie worcestersous oor, sit een gekapte ui bo oor tjops en voeg so 4 wortels in ringe gesny by en sit 4 aartappels in dun skywe gesny bo-op, gooi so 2 teelepels herbs-de-provence bo oor. Maak 'n koppie groente stock aan en voeg twee teelepeks mazina of meel by, voeg stock by gereg, sit tagine met dekse en al in voorverhitte oond (180 Grade C) vir so 1 ½ uur. Kyk of die vleis sag is, as dit is, haal deksel af en bak vir nog so 10 minute om die aartappels bietjie kleur te gee. Bedien met rys of pasta rys en geniet met 'n lekker rooiwyn.


Lekker eet


Potjie

Friday, July 10, 2009

Het Bier sal Bak

Vir lank was die enigste brood wat ek gebak het, 'n bier broodjie. Dit is die heel eenvoudigste van alle broodjies, jy kan dit nie laat flop nie.

Jy benodig 1 botteltjie warm bier (die gis werk beter as die bier warm is), 500g bruismeel, en 5 ml sout. Meng die bestandele goed deur, skep in 'n gesmeerde broodpan of swartboompot, en bak tot gaar. So +/- 1 uur by 180 grade C in die oond. Oor die kole sal dit afhang van hoe warm jou kole is. Moenie te warm kole bebruik nie, pak die kole rondom die pot, nie direk onder die pot nie, en sit 'n paar kole op die deksel.Vir bietjie variasie, gooi 'n blikkie room mielies (sweetcorn) by die mengsel.

So van bier gepaat, vandag wil ek 'n geheim deel met al die vrouens wat nie saam met hulle mans sport toe gaan nie. Die rede hoekom mans so gehawend lyk as hulle van die rugby of krieket af kom, is omdat hulle ons dwing om deel te neem aan advertensie shoots, as julle my nie wil glo nie, kyk self die video, en dan word ons met bier betaal, regtig mevrou.


Lekker eet

Potjie

Thursday, July 9, 2009

Veldkool

Gisteraand kry ek 'n oproep van my vriend daar in Johannesburg en hy sê my dat ek nou sy pa moet bel, want sy pa het hom nou vertel van 'n ding wat hy gekook het, wat alte heerlik klink. Natuurlik bel ek toe onmiddelik vir oom Eugene daar in St. Helenabaai en dis hoe hy my die storie vertel het.

"Ou Berra, ek sit nou hier op die stoep en drink 'n rosé'tjie, my pens hang tussen my knieё, want ek het my nou liederlik ooreet. Jy sien, nou die dag stap ek en Annamarie en die kat af see toe, en ek sien sommer hier tussen my huis en die see groei die veldkool en ek begin pluk en ek sê vir Annamarie om 'n sak in die huis te loop haal, en ek pluk 2 sakke vol, en toe loop ek daar by Tannie Betsie verby en gee vir haar een sak veldkool en ek hou vir my een sak. Die volgende oggend sê ek vir Annamarie om vir ons 'n lekker vet stukkie skaap by die slaghuis te koop, want jy het vet skaap nodig vir die veldkool. Toe ek vanaand 5 uur van die werk af kom, toe sny ek vir my 'n lekker klompie uie, en ek braai hulle in die olyf olie, en toe braai ek die vet skaap vleis saam met die uie tot lekker bruin en ek gooi bietjie water op en ek kook die spulletjie, en ou Barra, ek kook hulle nog en ek kook hulle nog. Toe die vleis lekker sag begin word, sit ek 'n paar aartappels by en so rukkie later die veldkool, maar eers het ek die veldkool lekker in soutwater laat lê, as daar dan goggatjies in is, dan klim hulle vinnig uit en jy het lekker skoon veldkool. Ek gooi toe 'n bossie surings by, wat ek vroeёr loop pluk het, ek sny hulle so in 2 of 3 stukke, jy weet mons man, daai surings met die geel blommetjies, ja ek gooi hulle sommer met blommetjies en al in, en ek gooi my speserye by en die spulletjie word 'n bredie soos jy nog nooit geeёt het nie. Ou Barra, om te dink die goed groei hier op my voorstoep en nou vir die eerste keer kook ek hulle self, dis lekkerder as enige iets wat jy in die winkel kan koop en ons mense ken dit nie (op die stadium hoor ek tannie Annamarie daar op die agtergrond maar ek kan nie lekker hoor wat sy sê nie). Annamarie vra nou vir my of ek 'n lemoen wil hê, maar ek sê vir haar, nee jong, ek het nie plek vir enige iets nie, ek sluk maar die volgeit met die rosé af."

Ek het vanoggend oorweeg om in siek te bel en St Helanabaai toe te ry om die storie te proe, oom Eugene het gesê daar's nog baie oor en soos met enige bredie gaan hy seker lekkerder vandag wees, die storie het so lekker geklink gisteraand, ek het vir my sommer nog 'n glas rooiwyn gegooi en 'n heildronk gedrink op Oom Eugene, Tannie Annamarie en die kat, en natuurlik op die veldkool.

Lekker eet


Potjie