My swaer Marius se pa, oom Jan wat nou ook al oorlede is, het ook aan so 'n skaapkop gilde behoort, hy het altyd vertel dat elkeen glo dat sy knipmes net die regte een is om skaapkop mee te eet, maar sy Joseph Rodgers was eintlik dié knipmes vir skaapkop eet. Moet nou nie vir 'n oomblik glo dat jy sommer net opdaag een aand as die manne en vroue bymekaarkom nie, jy word genooi, eers as 'n gas en dan dalk later sal jy genooi word om aan te sluit by die gilde, dis ernstige dinge die, en mens moet versigtig wees met wie jy oor skaapkop beraadslag.
Charmaine Louw vertel van die Malmesbury Skaapkop Gilde soos volg:
Dit is `n groep van 8 mans, het begin as 10, wat nou al meer as 10jaar bymekaar is, kom ten minste 4 keer in die jaar bymekaar. Ons roteer by wie se huis dit is. Elke man het `n ...kop naam (bv hoofkop, rooikop ens) Elke vrou het `n speciality wat sy maak (kniertjies, lewer, silt, beespens) dan maak sy dit, dan is daar afval en dan die skaapkoppe. Ons maak die koppe in die oond gaar, party in baksakkies ander lank en stadig. Hulle nooi `n gas by elke ete wat iets interessant aanbied (nuwe wyn, bier, brandewyn) Dit is `n geslote gilde.
Groete
Ai hoe lus ek nou vir 'n stukkie afval
Lekker eet
Potjie
Hi,
ReplyDeleteOns begin nou n gulde in Pretoria Ons eerste Skaapkop Bak is die 5 November 2010.
Groete
Van die Skaapkoppe van Pretoria
Offal and Mampoer festival: http://leriba.co.za/functions-events/
ReplyDeleteHallo Wynand vertrou dit gaan goed, wil gou hoor of julle gilde nog aan die gang is
ReplyDelete