Monday, October 4, 2010

Die pannetjie roker

So paar maande terug het ek geskryf van my roker wat ek laat bou het, groot genoeg om vir my vrou se hele familie gelyktydig te rook, maar eenkeer elke 5 jaar is ons alleen, en as ek dan iets wil rook (soos in kos jou blikskottel) haal ek die rook pannetjie uit, net groot genoeg vir so 4 vark tjoppe, of twee nie te groot forelle, en in die klein rokertjie kan jy wegkom met twee teelepels saagsel vir 'n ligte rooksmaak, so bietjie meer vir 'n swaarder rook smaak.

Sit die saagsels onder in die pannetjie, sit die drip skinkbord bo-oor, dan die roostertjie met die vleis of vis, maak toe die deksel, sit op 'n hitte bron, en daar gaan jy, gemiddeld so 10 minute vir elke 100g vleis, bietjie korter as jy dit nie te gaar wil hĂȘ nie.


Lekker rook (kos)


Potjie