Thursday, April 29, 2010

Knoffel die vulgeriteit in die slaai van die lewe

"Tomatoes and oregano make it Italian; wine and tarragon make it French. Sour cream makes it Russian; lemon and cinnamon make it Greek. Soy sauce makes it Chinese; garlic makes it good." - Alice May Brock

Photo courtesy of freefoto.com

Gisteraand het ons my skoonsus Christa se verjaarsdag saam met hulle gevier by 'n Italiaanse restaurant by die Grand West casino, en aangesien ek nie 'n restaurant kritikus is nie, is dit nie nodig om name te noem of oor elkeen se kos te skryf nie, nie dat ek enigsins iets slegs oor die restaurant wil skryf nie, in teendeel my pizza was heerlik, lekker dun basis, met fillet strips an soet rissies en rocket leaves met 'n garlic sous, en natuurlik so bietjie vars chillie na die tyd bygesit, afgesluk met 'n bottel rooiwyn.


Maar o wee, vanoggend is 'n ander storie, jy weet jy is in die moeilikheid as jy van knoffel begin droom, daai huisie kry almal voete en hande en met sulke klein spiesies val hulle jou heel nag aan, tot jy in die oggend wakker word in 'n wolk van knoffel. As jy jouself begin ruik na jy knoffel geëet het, dan weet jy, dalk was dit bietjie oorboord gaan, ek wonder nou of daai klein spiesies nie my vrou was, wat my geskop het om my gesig weg van haar af te draai nie.


Om mee aft e sluit: "Vulgarity is the garlic in the salad of life." - Cyril Connolly


Lekker eet


Potjie

Tuesday, April 27, 2010

Die gevare van koolsop

So week terug vra my vrou ek moet weer koolsop maak, sy dink ons moet altwee op die koolsop dieëet gaan. Nou kyk, koolsop kook is een ding, om dag na dag koolsop te eet, en met die gevolge daarvan saam te leef is 'n heel ander ding. Die volgende is die bestandele waaruit die sop bestaan: 6 uie, seldery, kool, paprika, tamaties, eiervrug, zucchini, artisjokke, wortels, pietersielie. Soos jy kan sien is hier 'n paar bestandele wat gas met 'n substansie opbou in die menslike liggaam.


Sop is winterskos, en klaarblyklik is dit die rede hoekom vroulief met die plan nou voor die dag gekom het, maar hierin lê die groot probleem, in die winter slaap mens onder 'n dik duvet, en wat onder daai duvet gebeur word geheim gehou todat hy die volgende oggend opgelug word, en dan tref koolsop jou met 'n slag. Juis hierin lê die geheim van die dieëet, want as daai reuk jou vroegoggend so tussen die oë slaan, dan is jou eetlus vir ten minste 'n dag lank weg, wat natuurlik jou onder die indruk bring dat die sop jou 'n hele dag lank nie laat honger word nie, so die volgende aand is jy weer bereid om koolsop te eet, en dan begin die gas siklus weer van voor af.


As jy belang stel om die hele dieëet onder neus, ek meen oë te neem kan jy die volgende wenwerf besoek: http://www.muhakeme.net/af/lahana-diyeti-t12512.html.

Lekker eet

Potjie


Monday, April 26, 2010

Gelukkige verjaarsdag

Wanneer ek verjaar is ek dae voor die tyd al opgewonde, ek nooi mense en spandeer ure om te besluit wat ek gaan kook of braai, en na die verjaarsdag is ek dood moeg na almal omgesien maar ek is mal daaroor, my vroulief aan die ander kant gee niks om vir haar verjaarsdag nie, sy nooi niemand nie, of ek vir haar 'n present gee of nie is een en dieselfde, ek was vanoggend baie meer opgewonde om vir haar, haar present te gee as wat sy was om dit te ontvang, sy kon my nog nie antwoord of ons enige mense gaan he vanaand waarvoor ek moet kook nie, nou hoe beplan 'n man 'n menu as jy nie eers weet of jy gaste het nie?

My vermoede is dat ek vanaand met 'n huis vol susters gaan sit wat klein sus kom geluk wens met haar verjaarsdag, wel ek hoop so, want ek is lus vir verjaar en myne is nog maande weg, so die skoon sussies beter vanaand opdaag, maar nou moet ek eers dink wat ek kan maak vanaand, want as niemand opdaag nie, moet dit tenminste goed vries, enige voorstelle?

Lekker eet

potjie

Friday, April 23, 2010

Snoek op die kole

Elke man soen sy vrou op sy eie manier sê hulle, elke man braai ook op sy eie manier, hier in my huis maak on so as ons dalk 'n snoekie op die kole gaan gooi.

Eers die sous, botter, suurlemoen en appekooskonfyt, dis al. Die groot geheim is om die smaak reg te kry, die een moet nie die ander oordonder nie, onthou 'n vis moet drie keer swem, een keer in die see, een keer in botter en een keer in wyn, so net omdat jy gaan appelkoos konfyt gebruik, beteken dit nie jy kan die botter swem gedeelte skip nie, nee jy moet goed botter bysit by die sous, en asseblief tog, druk vars suurlemoene uit vir die sap, daai botteltjies is net vir nood, dan die konfyt, KOO se "Smooth Apricot Jam" word spesiaal gemaak om die sous meet te maak.

Sout en peper jou vis, oor medium kole sit die vis met die vleiskant na onder op die kole, net so minuut of twee, draai dan om, en dan eers smeer jy die eerste keer van die sous op, braai tot net gaar en smeer hom aanhoudend met die botter sous.


Geniet met vars brood en 'n glasie of twee witwyn


Lekker eet

Potjie

Thursday, April 22, 2010

Snoek bakkie babelaas

Gisteraand stop ek langs die pad om snoek te koop om te rook vir my gerookte viskoekie en droë apelkose op 'n patat koekie dis. Daar staan so 4 bakkies met vis, en almal baklei vir jou aandag, maar manne en manninne soos Pieter Pieters altyd gesê het, van die manne is so dronk dat ek bang is hulle sny hulle vingers af as hulle die snoek vlek, toe koop ek maar by die vrou, met al die dronk mans van die ander bakkies agter my aan, een probeer toe wragtig nog een van die vrou se visse steel ook, maar sy is nugter en wakker en toe baie bedonnerd ook, ek dink daai man se kop pyn oor meer as net babelaas vanoggend.

Om vis te rook is nou nie rocket science nie, sorg dat vis droog is, gooi sout en peper, sit in roker en rook tot gaar, hoe lank gaan afhang van jou roker, maar lekker so gerookte snoekie, net so of in 'n slaai, en dan nog smoor snoek more aand, ai man baie dinge wat jy met so snoekie kan doen.

Nou lê daar nog een snoekies in die yskas, ek het appelkooskonfyt en ek het botter en ek het suurlemoene, so ek dink donderdag aand is snoekbraai aand vanaand.

Lekker eet

Potjie

Wednesday, April 21, 2010

Om te pap of nie

In die Swartlandse dorp waar ek groot geword het was daar 'n paar dinge wat mans nie gedoen het nie, jy het nie vir Noord Transvaal (Bulle) geskree nie, jy het nie ander mans gesoen nie en jy het nie pap geëet nie. Jy sien die ding met pap eet is dat dit iets is wat mense doen wat vir die bulle skree, en ons was bang dat iemand ons sou verwar met hulle, voor julle nou begin grappies maak oor WP ondersteuners, onthou dit was die dae van 5 Currie Bekers in 'n ry, niemand het grappies oor die WP gemaak nie.


Foto van travelblog


Daar is ook 'n meer logiese rede hoekom ons hier in die Kaap nie noodwendig diesefde liefde vir mieliepap het as ons landgenote noord van die Oranje Rivier nie, die Kaap was nooit regtig mielie wêreld nie, koring ja, daarom het ons roosterbrood of weetbix geëet vir ontbyt en nie pap nie, mens eet mons maar wat eie aan 'n streek is, die ander ding natuurlik is dat pap nie regtig lekker is nie, as jy dit nie toe gooi van die tamatie en uie smoor nie is dit maar 'n droë affere op die beste van dae, en op die slegste van dae is brood baie lekkerder as pap. O ja en dan is daar natuurlik die Noord Transvaal ding, of het ek dit al genoem?


Die ander rede dat on shier in die Kaap pap met wantroue bejeen is dat ons nie rooiaas eet nie, so hoekom pap eet, dit word ook as vis aas gebruik, en dan nog om vis te vang wat die meeste mense, insluitende die wat dit vang nie wil of sal eet nie. Nou as die vis wat die pap eet so sleg is dat mens dit nie wil eet nie, hoe sleg moet die pap wees wat die vis eet? (Toemaar ek weet pap is nie vis se stapevoedsel nie, maar nogtans)


Dan die laaste maar mees belangrikste ding, as dit nie saam met snoek gaan nie, dan eet ons dit nie in die Kaap nie, en pap en snoek gaan nie saam nie.


Lekker eet


Potjie

Tuesday, April 20, 2010

Iemand om mee saam te eet

Die naweek staan ek in die video winkel (daars niks meer videos in 'n video winkel nie, net dvd's maar dis nog steeds 'n video winkel) en ek sien 'n dvd met die titel "Someone to eat cheese with" of iets soos dit, ek het dit nie uitgeneem nie, maar wel vir Julie en Judia, die titel van die een, en iets in die fliek het my laat dink oor ons wat kook.


Iemand het eendag die opmerking gemaak oor sport "To win is not enough, someone have to lose", nou in kook kan ons sê, om te kook is nie genoeg nie, iemand moet die kos eet. Ek ken nie baie mense wat lief is vir kook maar nie vir eet nie, maar dis nie lekker om vir jouself te kook nie, my grootste genoegdoening is die plesier op iemand se gesig as hy my kos regtig geniet, so ek dink ons begin punt van kook is om ander gelukkig te maak, ok miskien hou ons bietjie van afshow, (daarom wat daar so baie foodbloggers is) maar dis die genot wat ons ander gee, wat ons betaling is vir die ure voor die stoof of vuur.


Ek kan myself hier onmiddelik weerspreek, want ek self kook as ek demoer in is, net oor kook kook is, ongeag of daar mense is om dit te eet, kook word later die uiting van jou gemoed, maar ek glo vir die meeste van die tyd, is dit om ander gelukkig te maak.


Herkou bietjie hieraan, en voel vry om met my te verskil hieroor.


Lekker eet
Potjie

Friday, April 16, 2010

Geurige Kerrie maalvleis

Enige een kan maalvleis braai, kerrie poeier en borrie by gooi en jou vertel dis kerrie maalvleis, kerrie poeier is 'n uitvindsel van die Britte, 'n nasie wat se grootste bydrae tot kook kuns vis en tjips is, wil jy nou sulke mense met jou kerrie vertrou.

Nee, ek het nie so gedink nie, kom ons maak liewer so, kry die volgende gereed.

1 ui gekap
3 knoffel huisies fyn gekap
Handvol vars mint fyn gekap
Handvol vars koljander fyn gekap
700g bees maalvleis
1 teelepel fyn cumin (komyn dink ek in Afrikaans)
1 teelepel borrie
¼ teelepel fyn gemmer
¼ teelepel fyn naeltjies
4 kerrie blare
½ tot 2 teelepels chillie poeier afhangende van hoe sterk jy die kerrie wil he
3 ster anys
½ teelepel fyn cardemon
3 teelepels garam masala
3 tamaties geskil en fyn gekap
3 wortels fyn gesny (pasop jou vingers)
3 medium aartapels in klein blokkies gesny
Sout
Peper
Sonneblom olie
2 teelepels Kapruka Coconut oil

Braai die uie in olie tot sag, voeg al die droë speserye behalwe die sout,peper en ster anys by, braai tot die uie 'n donker bruin kleur het. Voeg die maalvleis by, en braai tot bruin, voeg die tamaties by en roer goed deur. Voeg die res van die bestandele by en roer deur, indien dit te droog lyk voeg klein bitjie water by. Brink tot kookpunt, verlaag hitte, en prut to die aartappels sag is. Kyk gereeld dat dit nie droog kook nie, voeg slegs 'n klein bietjie water op 'n slag by indien nodig.

Bedien met rys of vetkoek, as jy nie weet hoe om vetkoek te bak nie, kyk op my Engelse Blog, as jy nie weet hoe om rys te kook nie, kyk agter op die pakkie of bel jou ma.


Lekker eet
Potjie

Thursday, April 15, 2010

Waars die res van my vinger nou?

Nou die dag staan ek na 'n demonstrasie en kyk van 'n shogun groente skiller/snyer. Dis 'n gewone groente skiller, dan kan jy dit op 'n stukkie blou plastiek vas sit, dan sny jy wortels papier dun, en dan nog 'n ding wat jy groente mee in julieene strips kan sny, as jy nou koop alles vir net.... jy kry die prentjie.

Wel toe koop ek alles vir net... , die eerste aand sny ek wortels lings en regs, dit werk te wonderlik, en toe gooi ek ding in die kas, tot gisteraand, ek hou van wortels in my maalvleis kerrie, maar nie stukke nie, lekker klein dat dit so half weg kook, en nou het ek mons die gereedskap om dit mee te doen. Hier by wortel nommer drie tel ek sommer lekker spoed op, en die volgende oomblik is dit net "eina! F_k" en toe is die helfte van die wortels bloed rooi, en die bloed rooi verwys meerdirek na bloed as gewoonlik wanneer jy die uitdrukking gebruik.

Nou kyk, die voorpunt van jou wysvinger is 'n ongemaklike plek om 'n stuk vleis te verloor, 'n pleister wil nie sit nie, jy kan nie dokter toe gaan vir steke nie want dis nie regtig 'n sny nie, meer 'n afsny en die ander stuk is erens tussen die wortels. Vanoggend lyk ek soos ET (die een in die fliek) met so dik vinger, hy gloei net nie rooi nie.

Die Kerrie was heel lekker dankie.


Lekker eet

Potjie




Wednesday, April 14, 2010

Potjie word (alweer) op die vingers getik

Gisteraand kry ek 'n oproep van my ou vriend Andre daar in Johannesburg oor my wors storie van gister. Hy sê dat hy 100% met my saamstem oor goedkoop wors, maar dat ek nie die prys van wors en maalvleis kan vergelyk nie, want wors word nie van dieselfde vleis gemaak as maalvleis nie. Wors word van wat hulle in die vleisbedryf "trimmings" noem gemaak, en is volgens Andre beter vleis as waarvan maalvleis gemaak word, dit is byvoorbeeld die stukkies wat van die sirloins ens. afgesny word om die sirloin mooi te laat lyk.

My punt was egter dat maalvleis die goedkoopste vleis is, daarom vergelyk ek dit met die prys van wors, maar soos Andre verduidelik word trimmings nie in die Slaghuis of supermark verkoop nie, daarom weet ek en jy nie wat die prys daarvan is nie. So dit kan ons laat beter voel oor wors, maar Andre sê ook dat die afsny punt van wat goeie wors kan kos is hier bokant R40.00, so pasop vir wors as dit goedkoper as dit is.

Ek dink ek het nou genoeg van wors gepraat.

Lekker eet

Potjie


 

Tuesday, April 13, 2010

Dis nou maar wors

Ek het al in die verlede hier geskryf oor goedkoop wors, en die naweek toe ek so staan en vir myself worsmaak toe dink ek weer and wors met rooi "special" stickers op.


My weergawe van Morrokaanse wors

Ek weet die meeste mense gaan nooit hulle eie wors maak nie, en behalwe as jy 'n jagter is, of self iets het om te slag gaan dit waarskynlik nie goedkoper vir jou wees om wors te maak as wat dit is om wors te koop nie. Nou presies hierin lê die problem, as maalvleis koedkoper as wors is, wat op aarde is in die wors, en glo my vry, derms is vrek duur, dan nog die speserye en die arbeid om wors te maak, my logika sê vir my dat iets nie lekker is met die prentjie nie.

Winkel wors (nie die rooi sticker weergawe)

Ek praat nie hier van wors van iemand soos Rudi's Sausage Deli nie, ek praat van jou gewone wors in die supermark, en selfs party slaghuise, waar wors regtig goedkoop is, kyk bietjie volgende keer wat is die prys van maalvleis en wat is die prys van wors, dan kom vertel jy my hoeveel is 1 + 1.

Ek hoop nie ek sit jou nou af van wors af nie, want ek koop baie lekker boerewors vir R44.00/kg ek weet nie hoe hulle dit regkry nie, want die maalvleis is R49.00/kg maar ek vrae maar nie vrae nie, miskien maak ek van nou af maar al my wors self, dan weet ek wat ek eet.

Lees my Engelse Blog vir respte van die wors wat ek oor die naweek gemaak het.

Lekker eet
Potjie

Saturday, April 10, 2010

Volstruisnek pastei

Na die nie so lekker volstruis nek wat ek in Oudshoorn geëet het gedurende die KKNK het ek besluit om vir my bietjie volstruis nek te gaan koop en dit self te maak, maar wat is nou lekkerder as 'n wilds pastei en 'n glasie rooiwyn. Boonop is dit seker tyd dat ek weer 'n slag oor kos skryf, Ferdie bel my nou al by die huis om te kla oor die kos blog sonder resepte, maar dit laat my nou dink aan iets anders, nee toemaar ek grap maar net, hier is die resep.

Jy benodig


1 ½ to 2 kg volstius nek


4 dik snye tuisgemaakte bacon


2 Wortels in ringetjies gesny


1 Groot ui in kwarte gesny


2 huisies knoffel


Sout


Swart peper


Origanum


2 naeltjies


½ teelepel droë coriander


1 teelepel origanum


2 glase rooiwyn


Worcestersous


Sny die bacon in klein stukkies, braai in die olie, voeg die volstuis by en braai to bruin, gooi bietjie worcestersous oor en braai nog 'n bietjie. Voeg die rooiwyn by voeg dan die wortel, knoffel,ui en speserye by, bring die wyn tot kookpunt, verlaag die hitte en laat simmer vir omtrent 3 ure. Kyk elke nou en dan of daar nog genoeg vloeistof in die pot is, indien nie, voeg bietjie water by. Na so 3 ure behoort die vleis los te kom van die bene, verwyder die vleis van die bene, proe aan die vleis en pas die geur aan indien nodig.


Neem 'n pastei bak, smeer en lê uit met deeg pastei, vul die deeg met die volstruis vleis, maak die bokant toe met deeg, druk gaatjies in die deeg, verf met geklitste eier en bak tot goudbruin.


Geniet met 'n lekker bottel rooiwyn


Lekker eet


Potjie.

Thursday, April 8, 2010

Die slegste hotdog ooit

Soms word 'n man (of vrou) laatnag so honger dat sy goeie oordeel hom heel in die steek laat, en terwyl ek nou so terug dink aan sulke ongelukkige voorvalle besef ek met verbasing dat drank gewoonlik betrokke is by sulke geleendhede, maar ek dink dit is bloot toevallig.

(Nie die hot dog onder bespreking nie!)

Laat een aand by die KKNK besluit ons (wie ons is sal verswyg word, net ingeval enige van die ons dalk nog 'n goeie naam het)dat ons nou verwoed honger is, en ons besluit om 'n oop kos stalletjie te gaan soek. Sommige al huppelend, ander iewat meer struikelend, maar almal beur na 'n 24 uur oop Kobus se Gat, wel dit was die inligting van 'n baie onbetroubare bron, miskien 'n ander jaar maar in die jaar 2010 was Kobus se gat so toe soos 'n klei os s'n in die vroeë ogend ure in elk geval.

Ons vind toe wel 'n oop kos stalletjie, die keuse wat ons het is slap chips of 'n hot dog, nou kyk ek is nie 'n groot vienna fan op die beste van dae nie, maar dis laat en ek is honger en ek soek vleis, so ek bestel 'n hot dog, dis toe hier waar die lig vir my aangaan oor waar die naam hotdog vandaan kom, want die worsie wat daar binne was, was defnitief nie van enige dier gemaak wat ek al voorheen geëet het nie, hond het ek nog nie geëet nie, so vermoedelik was dit van hond gemaak, nie iets wat ek jou sal aanbeveel om te eet nie.

Die groot probleem van so slegte hotdog eet, is dat jy besluit om nog wyn te drink om die smaak van die hond uit jou mond te kry, en dan maak die wyn jou weer honger, 'n bose kringloop as jy nou al ooit een gesien het.

Die karakters in bogenoemde storie is totaal fiktief, en geen diere is beseer in die skryf van die storie nie.


Lekker eet


Potjie.

Wednesday, April 7, 2010

Sop vir jou

Terwyl ek gisteraand staan en aartappel, ham en lensie sop maak dink ek aan die grappie van die kelner wat vir die blond gevra het "sop vir jou?", en toe andwoord sy "Nee sop vir jou", toe dink ek sommer aan 'n paar ander onnoselhede ook, maar Ferdie het my so op die vingers getik gister oor ek waag om oor iets anders as kos en resepte op 'n kos blog te skryf dat ek dalk nie verder hieroor moet uitwy nie, maar ons familie het 'n ingebore moedswilligheid wat my weerhou daarvan om vandag oor kos te sktyf, as jy regtig die resep van die sop wil hê gaan kyk op What's Cooking my ingelse blog.

Ons kom net nie weg die week van die K word af nie, maar gooi sommer die H word ook in terwyl ons nou besig is met moeilikheid maak. Gisteraand op pad huis toe hoor ek op KFM nuus dat die munisipale bestuurder van Stellenbosh by die geleikheidshof aangekla gaan word deur die ANC oor 'n brief wat hy aan iemand ge-email het waarin hy die K en H word gebruik, en dit was nie kos en hoender nie.

Nou , Dozi was ten minste dronk toe hy die K word gebruik het, miskien nie 'n verskoning nie, maar om 'n brief te email waarin jy hierdie woorde gebruik is net bloot onnosel, die man moet tog sekerlik weet dat die oomblik dat hy die "send" knoppie gedruk het is dit uit sy hande waar die brief ooral gaan opeindig. Daar is geen verskoning vir die man nie, maar meer nog as sy rassistiese optrede behoort hy gefire te raak vir onnoselheid, wat op aarde het hy gedink gaan gebeur, of nee wag, dis duidelik dat hy hopeloos te onnosel is om te dink, as ek die ANC was sou ek niks gedoen het hieromtrent nie, met sulke onnosel munisipale bestuurders sal die DA op Stellenbosh hulle self uit bevind kry, geen nodigheid vir inmenning van enige ander aard nie.

Miskien kan ek my more weer by kos bepaal, wie weet.

Lekker eet

Potjie.

Ons eet en drink en dans terwyl Rome brand

Politiek en godsdiens hoort nie rondom 'n etenstafel nie, of so hoor ek baie mense sê, maar waar die hart van vol is loop die mond van oor, rondom die etenstafel of nie.

Sondag oggend staan ek na Die Rapport en kyk daar op 'n straathoek in Oudshoorn en ek besef die tequila van die vorige aand het nie my sig aangetas nie, daar is twee verskillende voorblaaie vir Die Rapport op Sondag oggend 4 April 2010.

Die een met Dozi wat onder die invloed van drank Die K word gebruik het, die ander met Eugene Terreblance wat met pangas dood gekap is op sy plaas. In dieselfde Rapport is daar 'n artikel oor hoe Suid-Afrikaanse digters wegbly van poësie skryf met ras as 'n tema, nogal snaaks as jy ons samelewing in ag neem.

Laat ek dit van die begin af duidelik stel, ek is en was nog nooit 'n Eugene Terreblance aanhanger nie (ook nie regtig 'n Dozi aanhanger nie, maar dis nie nou die punt nie) maar hy was 'n mens nes ek en jy, hy was 'n wit man nes ek, anders as ek het hy 'n plaas besit, en sy politieke sieninge het verskil van myne, maar hoopenlik is dit nie 'n rede om met pangas dood gekap te word nie, ek stem ook nie saam met Julius Malema nie, beteken dit dat ek snags in vrees moet lê en wag vir 'n venster wat breek en iemand met 'n panga om in my kamerdeur te verskyn, ek hoop nie so nie, die ANC maak tog kapsie teen die man wat politieke asiel gevra het in Kanada oor hy glo hy sal deur sy swart lands burgers vermoor word as hy sou terug keer na Suid Afrika. Is die man van lotjie getik, of leef ons elke dag so met geweld saam dat ons nie meer die werklikheid sien nie.

Terwyl ek die twee artikels sondag gelees het, het ek op 'n stadium onder die indruk gekom dat Dozi se gebruik van die K woord 'n groter sonde is, as die moord op 'n regse politieke leier, wat op die stadium eintlik niks meer as 'n tragiese ou man was wat verbete aan die verlede vasgeknyp het nie.

Luister mooi, ek sê nie dis reg om die groot K woord te gebruik nie, wat ek sê is dat terwyl mense loop en sing, skiet die boere, gaan sommige mense meer en meer die K woord gebruik, verkeerd of nie, wanneer mense seergemaak word met woord of daad is die eerste reaksie om terug seer te maak, die meeste van ons is eenvoudig nie goed genoeg om die ander wang te draai nie, en een of ander tyd word ons gatvol geklap, en klap ons terug, waar lê daardie punt waar mense nie meer met hulle verstand dink nie, en emosioneel begin om wraak te neem, en hoe keer ons dit dat ons nie daar die een treetjie gee om ons daar te kry nie, want meer as een of twee treë van daar af is baie mense nie.

Die wit sekerheidswag wag by ons werk vertel my vanoggend dat die afgelope 2 dae word daar dreigemente na sy kant geslinger terwyl hy met die trein werk toe ry oor wat die swart mense met die wit boere gaan maak, ja miskien is dit 'n klein groupie met leë dreigemente, maar vir die wit sekerheidswag is dit die werklikheid van die enigste lewe wat hy het, wat dink jy gaan hy vanaand hierdie mense wat hom dreig noem terwyl hy rondom die etenstafel vertel wat hy vandag op die trein moes beleef, ek vermoed dit mag dalk met 'n k begin, en hoe sal ons hom nie oordeel nie, daar is nie plek vir sulke rasiste in hierdie reënboog land van ons nie, en ja soos dit goeie politieke korrekte burgers betaam het ons reeds vergeet van hulle wat aanleiding gegee het tot die uitbarsting.

Ok, so nou is ek die tipiese Afrikaner wit man wat verlang na die verlede omdat ek iets negatiefs van die pragtige land geskryf het, ek het nuus vir julle, die meeste wit Afrikaanse mans bid elke dag dat almal in vrede kan saam leef, dat al die Eugene Terreblance's en al die Julius Malemas soos mis voor die son sal verdwyn en ons almal met ons lewens in vrede kan voortgaan, wensdenkery? Ja ek weet.

More praat ons weer kos, miskien.

Lekker eet

Potjie

Saturday, April 3, 2010

KKNK Episode 1

Vir een of ander obsene rede kan ek nie foto van my laptop na die blog toe aflaai nie, so geen fotos direk hier van die KKNK af nie. Maar julle kan maar net sowel na die kos stalletjies van die lagoonfees kyk, al die selfde manne en vroue is weer hier, kobus se gat, die kudu stall te duur bilton en droë wors ens. Moet sê, die drank pryse is heel billik, ongelukkig dalk…..

Die vreemdste van die fees sover is egter waar ons bly, ek het omtrent 13 jaar terug die man ontmoet by 'n jag in Upington, dit het ons eers vanoggend uitgevind oor 'n koppie koffie, heel toevallig, wys jou net, jy kan nooit van die verlede af weg vlug nie, nou nie dat ek sou wou nie, ek sê maar net.

Sover het Valiant Swart en oom Ollie ons vermaak, asook die Radio Kalahari Orkes en Prime Circle, vandag gaan ons na die gatskop blond luister, Andriette Norman en defnitief gaan ek 'n draai by die ABSA wyn tent maak.

Lekker eet

Potjie.

Thursday, April 1, 2010