Tuesday, July 7, 2009

Soetkoek

Ek weet dis 'n kosblog die, maar nie net resepte nie, maar stories oor kos, die resepte is eintlik net 'n ekstra, daarom voel ek nie te skuldig dat my storie vandag oor soetkoek gaan nie, maar dis 'n figuurlike soetkoek, daai wat mense wil hê ons moet hulle stories voor op eet.

Ek weet baie mense gaan nie hou van die storie nie, maar luister eers my storie klaar en byt dan my kop af.

Die storie gaan oor 2 valle, een van Angus en een van Joost.

Angus het voor duisende mense inmekaar gestort, met 'n helikopter kom haal, almal het gebid en wonder bo wonder wys die toetse daar is niks met sy hart verkeerd nie. Dis 'n wonderwerk sê Angus se aanhangers, maar ek is nie so seker nie, as iemand jou deur die kop skiet en die koёl mis alles, dan kan jy miskien sê dis 'n wonderwerk, of miskien is jy net gelukkig, as die koel deur jou brein gaan en jy makeer niks en oorleef, dit klink na 'n wonderwerk vir my, as jy omval en jou hart makeer niks, dan is dit meer 'n kwessie van jou hart makeer niks, omdat hy niks makeer het toe jy omgeval het nie, geen wonderwerk nie, dis hoe dit is. Mense wil wonderwerke sien, maar soms is dit net soetkoek en nie brood en vissies nie.

Joost het ook omgeval 11H00 pm, na 'n spannende Leeu – Springbok toets, ek het self al na so dag gestruikel en geval, eenkeer self my enkel gebreek, maar my hart was ok, wel hy was baie seer, want anders as met Joost se val, het ons verloor toe ek geval het. Niemand het my mond tot mond gegee nie, alhoewel ek probeer het dat 'n sekere blond moes, maar dit was "onseksesvol ". Soos met Angus is Joost se hart ook 100%, ek het 'n vermoede sy Hart was ook 100% toe hy geval het, interresant hoe die persverklaring uitdruklik sê, daar is geen sprake van dwelm gebruik nie, ek het ook nie dwelms gebruik nie, ek sê egter niks van drank nie, ek sê ook nie Joost het gedrink nie, wie weet miskien was dit nie eers Joost wat geval het nie, dis dalk daai ander ou in die video saam met die stripper, nogal snaaks hoe Amor so lekker maer bly, met al die soetkoek wat sy opeet.

Persoonlik dink ek 'n braai gaan heelwat beter met rugby as soetkoek, nie seker van ons Sprinbok afrigter nie, hy het nogal self 'n paar soetkoek stories, ek wonder wat eet werktuigkundiges.

En voor enige iemand sê die het niks met kos te maak nie, hier is 'n boere soetkoek resep.

Boere Soetkoekies

15 Koppies mee1

3/4 Koppie stroop

15 teelepels bakpoeier

6 1/2 Koppies suiker

1 teelepel kaneel

1 teelepel neut

1/2 teelepel naeltjies

1 teelepel gemmer

6 eiers

1 1/3 pond (660 g) margarien

Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers by, meng verder met melk tot 'n stywe deeg. Rol uit en druk af met drukkertjies. Bak in oond 400°F tot ligbruin.

Ek het die resep geleen by http://www.funkymunky.co.za/resepte

Ns1. Jammer, vir ons pelle in die buiteland, julle sal nie al die stories verstaan nie, dis Trots Suid-Afrikaans die.

Ns2. Vir meer oor Joost en Amor kry die laaste 50 Huisgenote.

Lekker eet

Potjie

1 comment:

  1. HAHAHA Ek het eers gegiggel, toe hardop gelag. veral vir die maer Amor een. Wel said

    ReplyDelete