Wednesday, July 1, 2009

Weer Pannekoek

Op 3 Junie het ek geskryf oor ‘n artikel in die Taste magazine (http://www.ironpot-potjie.blogspot.com/2009/06/pannekoek.html) en toe gesê dat as van die buitelandse lesers graag die artikel wil lees, dan moet hulle laat weet, dan kyk ek of ek ’n plan kan maak met Woolworths. Uit die aard van die saak bestaan daar goed soos kopiё reg en dies meer, maar na ‘n paar heen en weer emails het Taste en Woolies vir my toestemming gegeё om die artikel op die blog te plaas. Uit die aard van die saak is die artikel in Engels, maar ek is seker julle sal my vergeef, ek gaan ongelukkig nie die artikel vertaal nie!

Vir die van julle wat hier bly en nie die Taste koop nie, julle kan maar gerus, dit wen nie verniet elke jaar omtrent elke prys in hulle kategorie nie. (Dit was nie deel van die ooreenkoms met hulle dat ek dit sal sê nie, belowe)




 Article supplied courtesy of Woolworths TASTE magazine/portrait photographer Michael Le Grange/Travel and pancake pics courtesy Gallo Images/GettyImages.com

Lekker eet
Potjie

No comments:

Post a Comment