Monday, July 6, 2009

Oom Schalk se Pere

Ek het al voorheen geskryf dat ek wonder of mens met mampoer kan kook en Sondag het ek. Ek is nie 'n groot nagereg koker nie, maar my moeder het 75 geword en sy sal poeding vir voor, hoof en nagereg eet.



Ek onthou toe van die pere in verjuice met spesery wat ek in die Julie Taste tydskrif gesien het, en ek het pere, en ek het verjuice en 'n kas vol speserye, so ek kry toe die resep, maar die resep vra vir 250ml Spesial Late Harvest of Peer Likeur en die het ek toe nie. Ek onthou toe van die botteltjie heuning mampoer wat ek van Groot-Marico af saam gebring het en toe word om Schalk se pere gebore.


500 mℓ Verjuice

250 ml Heuning Mampoer

2 Stokkies Kaneel

5 Ster Anys

⅓ koppie suiker

8 pere in helftes gesny

Verhit al die bestandele behalwe die pere stadig, todat al die suiker opgelos is, voeg die pere by en prut vir so 15 minute, todat pere sag maar steeds Ferm is.


Die Taste se resep bedien dit met mascapone en neute, ook Schalk se pere word saam met geklopte room geёet, in die regte plaas tradisie.


As jy nie heuning mampoer het nie, kan jy altyd die Taste weergawe maak, vervang net die heuning mampoer met Special Late Harvest of Peer Likeur en bedien met mascarpone en neute.

Ns. Oom Schalk is die storie verteller in Herman Charles Bosman se boeke wat it die Groot Marico afspeel

Lekker eet

Potjie

No comments:

Post a Comment