Monday, February 1, 2010

Uiteet sonder terleurstelling

Op die kos kook front het daar nie veel gebeur in my huis die naweek nie, ek dink die naaste wat ons aan kos kook gekom het, was geroosterde ham, kaas en tamatie toebroodjies sondag aand.

Vrydag aand het ons by my vrou se vriende gaan eet (die van julle wat nou smaail lees gereeld my blog) en saterdag aand het ons by ons vriende potjie gemaak, vriend Werner het nou wel na die potjie as sop verwys, maar all en all het die pot lekker gesmaak, dankie Steyn.

Sondag het ek my lief gevat vir middag ete by die restaurant by Du Toits Kloof Lodge, spesifiek vir forel, heerlik gebakte forel, jy het 'n keuse tussen forel met amandels, of forel met 'n deegie en suurlemoen botter, albei is heerlik. Soveel kere as ek uitstap by 'n restaurant dan voel ek verneuk, en ek voel ek kon die kos beter gemaak het, sondag was nie een van daardie dae nie, die vis was perfek, en word bedien met boontjies gaargemaak met sampioene en die heerlikste soetwortels asook rys of skyfies.

Die rekening vir 2 forelle, 'n slaai, 'n bottel wyn en 'n bottel water - die som van R245.00, nou ek kan nie onthou wanneer laas ek so rekeningtjie gekry het nie, toe loop koop ek sommer wyn langsaan by Du Toits Kloof kelder se proe lokaal met die change, en terwyl ek toe daar is, koop ek toe sommer olyf olie en balsamic vinegar uit die Nuy vallei ook (Willow Creek)

Die enigste terleurstelling is die treurige deli, daar was altyd heerlike konfyte en vars en gevriesde forel, maar gister was daar net 'n paar gevriesde forelle en 'n hoop nonsens in die winkeltjie, hopenlik is die nuwe eienaars nog besig met besluit wat hulle daar gaan doen.

Ns. Die prentjie het ek op 'n ander blog "geleen"

Lekker eet

Potjie

No comments:

Post a Comment