Tuesday, February 16, 2010

Streek Kos

As iemand jou sou vra, wat is die kos van die streek waar jy groot geword het, wat sal jy antwoord? As jy hier lees het jy in alle waarskynlikheid in Suid Afrika of Namibia groot geword, jy weet in alle waarskynlikheid ook nie wat om op die vraag te antwoord nie, die Weskussers sal seker sê snoek of kreef, die Bosvelders en Namibiers dalk wild, die Karoo'ers skaap, maar die meeste van ons sal nie weet wat om te antwoord nie.

Ek het in Malmesbury groot geword, in die hart van die Swartland waar geel koring lande jou begroet as jy uit die groen van die Boland aangery kom. In die hart van die korinlande behoort jy 'n bakery te vind waar jy brood kan koop beter as enige iets wat jy nog geëet het, met 'n bakker in 'n wit meel bestrooide voorskoot wat trots op sy brode en koeke ens uit kyk, maar ek het slegte nuus vir jou, winkel brood is jou voorland, ja die ketting winkels het bakkerye, maar almal se brood proe dieselfde, gemaak van 'n "breadmix". Nou vra ek vir jou met trane in my navy blou oë, hoe is dit moontlik.

Melk plase in die Swartland was nog altyd volop, maar probeer bietjie 'n kaas van oorsprong Swartland of Malmesbury gaan koop, ek vermoed jy gaan sukkel. Gaan vra dan sommer by die Slaghuis vir 'n skapie wat op die Swartlandse koring stoppels groot geword het, nee my ou maat, hulle sal jou vertel van Karoo skaap ja, maar dis dit, trots op wat ons s'n is is nie groot in die meeste van ons streke nie. Wat my nog meer pla van die hele storie is hoe het dit gekom dat ons tevrede is om gelukkig te wees met winkel brood en clover/dairy belle kaas, met vleis wat van wie weet waar af kom. As ons is wat ons eet, wat sê dit van ons dat ons geen streek kos kultuur het nie, of nie omgee waar dit wat ons eet vandaan kom nie.

Wat dink jy nou terwyl jy hier lees, as jy dink wat de hel is verkeerd met clover kaas en winkel brood, moet dan nie verder lees nie, gaan koop 'n brood by Pick & Pay. As jy soos ek wonder hoekom moet ons met 2de beste tevrede wees, kom ons begin mekaar vertel van die bakery op die hoek wat wel ordentlike brood verkoop, kom ons begin vra waar die vleis vandaan kom, kom ons skep die nuwe Suid Afrika kos kultuur, om mee te begin, kan iemand my sê waar ek tarentaal kan koop?

Lekker eet

Potjie

No comments:

Post a Comment