Monday, February 15, 2010

Plek van die vleisvreters


As daar 'n skielike lus jou oorval om vleis te braai dan gaan kyk 'n man nie in die groenterak wat daar is nie, nee jy kyk in die vrieskas. As jy dan afkom op 'n paar tjops, 'n pakkie hoendervlerkies en wors dan is die saak reg, al wat ons nou kort is 'n paar snye wit brood, tamatie, uie en kaas en natuurlik 'n vuur.


As al die goed nou in plek geval het dan gooi jy vir jou 'n glas wyn (of wat jy ook al drink) vat 'n lekker sluk en glimlag tevrede voor jy die vleis speserye gee, vir die hoendervlerkies het ek "rosemary chicken spice" ontdek, heerlik man heerlik, die tjops kort net sout en peper, by die tyd behoort jou glas leeg te wees, so maak hom vol en gaan braai, moet nou nie lol met allerande slaaie en groente nie, jy het alreeds tamatie, uie en hoender vir groente.


Lekker eet

potjie

No comments:

Post a Comment