Thursday, February 11, 2010

Wat is in 'n naam

Gisteraand bel my vriend daar uit Gangsters Paradise my en wys my daar op dat ek bietjie deurmekaar geraak het op 'n stadium in gister se blog, en Elandsbaai geskryf het, toe ek Lambertsbaai moes skryf (dis nou reg gemaak).

Ek dink toe aan 'n ander keer wat ek name deurmekaar gehad het, maar dit was meer te danke aan 'n bietjie doof (hardhorend?) geit. Lank terug het ek en liefie ook in die Noorde gebly vir 'n rukkie, nog voor dit Gauteng geword het. Een naweek besluit ons om langs die Vaalrivier te gaan kamp, ek bespreek en kry die rigting aanwysings (geen GPS daai tyd).

Alles gaan voor die wind, tot op die plek waar ek moet lings of regs (kan nie onthou nie) moes draai by die garage, maar daar is geen garage nie, ek begin later twyfel of ek dalk nie by die vorige afdraai verkeerde kant toe gedraai het nie, en ek draai om, na 'n uur of wat se op en af ryery kry ek 'n plek met 'n telefoon (geen selfone daai tyd nie) dis toe nie by die garage waar ek moes draai nie, maar by die Barage bordjie waarby ek so 10 keer al verby gery het.

Liefie was om dit sag te stel lekker gatvol vir my, maar na ek vir haar 'n lekker steak op die kole gebraai het die aand, en soet klein niksies in haar oor gefluister het langs 'n groot vuur was sy weer ok, miskien het die wyn ook haar weerstand versag, wie sal weet.

Lekker eet
Potjie

No comments:

Post a Comment