Friday, February 26, 2010

Die kerk en die bar sit onder mekaar aaham

Gister aand was ek vir 'n bier proe, en kos "pairing" by &Union in Bree Straat Kaapstad, hierdie was 'n Slow Food Mother City geleendheid, en komplimente van vroulief het ons daar en dan lede geraak van hulle, ek wonder of sy besef dit gaan nie oor bier drink nie, maar oor groen lewe.

Laat ons eers die een ding uit die weg ruim, die bier en kos was uit die boeke soos skoonsus Francis altyd se, maar daarvan kan julle op What's Cooking my Engelse blog lees, maar maak gerus 'n draai by die Bier Saloon onder in die kelder van die ou St Stephen's Kerk, selfs al is jy nie 'n groot bier drinker nie, mag jy net 'n aangename verrasing kry.

Kyk, bier drink kan ek, en gewoonlik na 'n paar biere kan ek sommer oor enige ding praat, maar toe ek twee manne diep in gesprek vind oor waar hulle herwin (recycle as julle nie weet nie) toe weet ek, hier moet ek nugter bly, anders gaan ek vanaand my naam met 'n plank slaan, want ek moet bieg, ek is nie naastenby so groen as wat 'n splinter nuwe lid van Slow Food Mother City behoort te wees nie, en dit sal ek eers moet wegsteek tot ek die mense beter leer ken, of hulle self uitfigure ek is meer lid vir die slow food as vir die quick recycle, maar ek gaan werk daaraan belowe, maar ek gaan nie verlepte wortels en patats koop net omdat hulle kamstig organies is nie, die laaste organiese plaas mark (ek praat nie van die slow food markets nie) waar ek was, het al die groente vir my verlep gelyk, ek het toe maar 'n bottel (baie slegte) organiese wyn gekoop.

Vir nou is dit eers al wat ek te se het, Maandag sal julle weet of ek die potjiekos beoordelaars om die bos kon lei, tot dan.

Lekker eet
Potjie

No comments:

Post a Comment