Thursday, February 4, 2010

Knyp man, knyp


Gisteraand gaan ek Fruit and Veg toe om bokkems te gaan soek en loop toe daar uit met sakke vol goed. Met die uitloopslag sien ek die man so entjie voor my stap, maar die man lyk of hy knyp dat sy lewe daarvan afhang. Ek dink so by my self, boet as ek jy is gaan vra ek maar of ek Fruit en Veg se toilet kan gebruik, van vanaand is die aand wat jy in jou broek jy weet wat.


So met die verbyloop slag sien ek maar daar is 'n ander probleem, die man stap met een van die mandjie-waentjies, jy weet daai trollie met 'n mandjie bo en 'n mandjie onder, die goed is nie baie groot nie, en die man is ses voet ses ten minste. Maar die eintlike probleen is dat die ou te suinig of te groen was om sakke te koop, nou het hy alles in 'n boksie wat in die boonste mandjie pas, maar een houertjie jogurt pas nie lekker nie, nou stoot die man met een hand die waentjie, en met die ander hand druk hy die jugurt bo-op die boks vas, nou om dit reg te kry moet hy sy ses voet plus lyf dubbel buig, dan moet hy loop sonder dat sy knieë die waentjie stamp, en dis die dat hy so knyp-knyp stap, glad niks met sy maag te doen nie.


Nou kyk vir 'n boksie om in 'n mandjie te pas, moet die boksie maar klein wees, heel gemaklik om onder jou arm te druk en aan te slenter kar toe, dan het jy nog een hele hand om die jogurt in vas te hou (die man het twee arms en twee hande gehad) nou hoekom iemand so sal sukkel met die mandjie-waentjie weet nugter, ek wonder nou net wat maak die man as hy by die huis kom. In alle waarskynlikheid sal hy seker die mandie nie saam neem huis toe nie, so hy sit met 'n groot dilemma as hy tuis kom, want dan gaan hy 'n boks, 'n jogurt en niks waentjie he nie, so hoe gaan hy alles met een slag in die kombuis kry, sal moet twee keer stap, dis al genade, of nee wag, druk die bleddie boksie onder jou arm en spaar jouself 'n klomp sukkel man.


As jy dalk gewonder het, die bokkems was vir bokkom brood.(Sien Ingelse Blog)

Lekker eet
Potjie

1 comment:

  1. Gits neeeeeee, bokkoms by Fruit en Veg...ek moet gaan kyk!!!!

    ReplyDelete