Tuesday, February 9, 2010

Eers die lewe dan die vuurwerke

Saterdag middag bou ek vir my 'n heerlike toebroodjie, lekker vars brood van Willowbridge se "Slow Food Market" (mens kan dit seker nie die stadige kos mark noem nie) 'n paar repies prosciutto, 'n stukkie verouderde cheddar, bietjie piekel uitjies, vars tamatie en 'n lekker skoot sout en peper. Terwyl ek besig is met die bou proses dink ek aan my vriend Karl daar in Gangsters Paradise, die man kan 'n woeste broodjie bou, en hy geniet dat so dat my tone sommer omkrul van lekkerte net om hom te sien broodjies maak, maar terwyl ek so aan my glas sauvignon blank teug en besluit of ek nog iets op die broodjie moet sit, dink ek aan 'n ander "indulgence" van vriend Karl.

As enige fliek maker wil seker maak dat Karl sy fliek sien hoef hy net 'n interesante titel uit te dink, ek het al tussen ons etery en drinker van die slegste flieks saam met Karl gekyk bloot omdat die fliek 'n lekker naam gehad het. Ek gebruik (misbruik) hierdie swak van Karl ook tot my voordeel, as ek wil seker maak die ou lees my blogs, dink ek net aan 'n lekker titel, dan weet ek Karl sal nie die blog mis nie. Die eerste fliek waardeer ek saam met Karl gesuffer het as gevolg van 'n lekker titel was as ek nou reg onthou, "First This Life, Then The Fireworks", nou as jy nog nooit van die fliek gehoor het nie, neem ek jou geensins kwalik nie, dit was een van die swakste flieks wat ek nog ooit gesien het, lekker titel of te nie. Daar was oor die jare vele meer, hulle name kan ek nie so goed onthou soos die eerste keer nie, mens onthou mons altyd die eerste keer, dan nie.

Karl se smaak in toebroodjies en wyn is gelukkig meer bo verdenking as sy keuse van flieks, gelukkig, anders sou ons nie vriende gewees het nie, 'n slegte fliek is een ding, slegte kos en drank 'n heel ander, as ek nou net die ou kan kry om nie likeur wat smaak soos medisyne aan die einde van 'n aand te drink nie.


Lekker eet


Potjie





No comments:

Post a Comment