Friday, February 12, 2010

Die lekker van eenvoud

Die laaste tyd kom ek al hoe meer agter dat die kos wat die glans tydskrifte en die gourmet programme of tv haal nie meer sulke verskriklike fensie kos is met 'n 1000 bestandele en dae lank se voorbereiding nie. Mense in die algemeen wil lekker eet, dit beteken nie ons gaan terug na groente wat die vale hel uit gekook is nie, nog steeds lekker kos, maar nie noodwendig iets wat in een of ander uitheemse blaar gaar gemaak is nie, met 'n bessie sous waarvan die bessies net elke 15 jaar vrugte dra nie. Dit mag wees dat dit die ekonomie is wat druk, daarom wil mense nie onnodige geld uitgee nie, maar ek dink meer dis meer 'n geval van terugkeer na eenvoud sonder om smaak in te boet.

As ek kyk na die resepte op my engelse blog wat die meeste kommentaar oplewer, dan is dit die "rustic" resepte, iets wat ons voorvaders sou geëet het, miskien met 'n twist hier en daar, maar in wese iets eenvoudigs. Met dit ingedagte kan ons manne seker met 'n geruste hart net vinnig 'n tjoppie op die kole gooi vir die volgend 14 weke of so van die super 14, eenvoudig maar lekker, dis nou as die Stomers my nie weer eens na drank dryf die jaar nie, miskien begin ek dan maar saterdae middae kook in plaas van rugby kyk.

Lekker eet

Potjie

No comments:

Post a Comment