Friday, February 5, 2010

Vandat ek die Engelse blog ook het, het ek nog heeltyd dit reggekry om nie oor die selfde goed op dieselfde dag te skryf nie, en dit was een van my voornemens toe ek met die Engelse blog begin het, dit was ook my voornemens om die jaar vroeg op te staan en te begin draf, gesond te eet en nie in die week te drink nie, in geen spesifieke volgorde het al die voornemens in die hek geduik, hier gaan die laaste een.

Vir lank dreig ek nou al om my eie pizza basis te maak, hel maar dit klink snaaks, basis, dit is mons Afrikaans vir "base", maar daar dwaal ek van my storie af. Gisteraand het ek uiteindelik so ver gekom om die cadac pizza plaat te laai met 'n pizza basis (klink nog steeds snaaks) wat deur my eie hande gemaak is, en nie by Woolies gekoop is nie. Ek gaan nou nie die hele resep weer hier oorskryf nie, gaan kyk sommer op die Engelse Blog as jy regtig belang stel, ek het in elk geval 'n vermoede jy lees die blog vir die nonsense wat ek praat, en nie vir die resepte nie, maar as die nonsense wat in my kop opkom, jou beter oor jouself laat voel dan is dit goed, dammit daar is ek weer besig op af te dwaal, dit gebeur al meer in die laaste tyd.

Terug na die pizza, het ek nou lekker gespeel met daai stuk deeg, hom in die lug geslinger, op my vingers rondgedraai, geknie, en afgekie, ek vertel jou my maat, jy sou dink ek was een of ander wafferse TV shef, en daai basis (dammit man, dit bly snaaks klink, daar moet 'n ander word wees) was perfek, dun en krispie. Bo op was chorizo en cherry tamatie en basil en mushrooms (ek weet hulle het 'n afrikaanse naam, maar ek kan nou nie dink wat dit is nie) en vir my vrou lief Danish feta en bo-op alles lekker Simonsig mozzarella. Dan 'n lekker skoot swart peper as hy klaar gebak is, heerlik man heerlik, ek wens ek het oorgehou vir ontbyt, maar nee, alles het ek verober.


Lekker eet
Potjie (Amper tik ek nou pizza i.p.v. potjie)

No comments:

Post a Comment