Wednesday, February 3, 2010

Voël van die wyn

As jy voel my titel "Voël van die wyn" maak geen sin nie, dit is die direkte vertaling van Coq au Vin, Coq = Voël, au = van die, Vin = Wyn, maar nou ja, direkte vertalings werk gewoonlik nie, ander sou ons gepraat het van "hy is teen groot" wanneers ons bedoel het die ou is op vrye voet (He is at large) nie dat dit enige sin maak in engels nie, maar nou ja. Hoe het ek nou hierby uitgekom? O ja, Coq au Vin.

Op my Ingelse blog skryf ek vandag van hoender pastei waar ek die hoender Coq au Vin style kook, maar die ou voël in hoender het my aan iets anders lank terug laat dink.

Kort na ek vir myself moes begin kos maak nooi my, toe girl friend (nou vrou natuurlik) mense vir ete, en ons besluit ek gaan gebraaide hoender (soos in grilled chicken) maak. Met die inkopie slag sien ek die "Cornish hen" nou kyk, op daai stadium het ek geen idée gehad wat 'n Cornish hen is nie, behalwe dat hulle nog klein eiertjies of altans die geel gedeelte van eiers binne in hulle het nie, ek was salig onbewus van die feit dat hulle gewoonlik net so onder die 380 jaar oud is.

Daai ouma grootjie hen word toe gesout en gepeper en gegarlik ens, en in die oond gesit, na so uur bekyk ek die hen, mooi bruin, maar hy is so taai ek kan nie 'n mes in hom indruk om te sien of die juice clear hardloop soos die ingelse kookboek sê nie, na 'n uur probeer ek weer, indien enige iets is sy nou taaier as 'n uur terug, op uur 3 begin ek bekommerd word, ek wonder of ek nie my grasshoppers se sole moet saam met die hoender insit nie, hulle sal waarskynlik vinniger sag word, op uur 4 en 'n half gee ek moed op, ek haal die hoender uit, kap hom met 'n byl in stukke en bedien hom, en vra mooi onverskoning, die gaste was blykbaar nie groot kokke nie, of hulle koop ook Cornish hens, want hulle het gesê hulle is gewoond aan sulke taai hoender, hulle kon ook natuurlik baie ordentlik gewees het. Ek wonder nou of hulle nie bedoel het hulle is gewoond aan Thai hoender nie.

Volgens oorlewering was een of ander chef ook in 'n panarie toe hy net 'n ou hoender en 'n bottle plonk rooiwyn gehad het, en vir Napoleon moes kosmaak, hy maak toe so. Hy kap die hoender in stukke, gooi die bottle plonk by, en ook uie, wortels en knoffel, ook sit hy sout, peper en 'n bouquet garni (pietersiel, tiemie en bay leaves) by, en hy kook die hoender tot sag, seker naby 2 ure. Ek vermoed die shef was 'n voorvader van die latere Franse Hugenote, want net 'n boer maak so vinnig 'n plan. Napoleon was blykbaar gaande na die hoender, ek vermoed daai hoender was so 100 jaar jonger as myne.

Die videos hier onder is blykbaar die regte manier vir Coq au Vin.







Probeer maar gerus die Coq au Vin, maar as jy my raad vra, as jou hoendertjie nog jonk is, gebruik 'n pinotage rose, die rooiwyn kan 'n jong hoendertjie bietjie oordonder.

Lekker eet

Potjie

No comments:

Post a Comment