Monday, February 8, 2010

Die Koperkop wat die braaibroodjie vermoor het

Vrydag middag staan ek by 'n rooi verkeerslik en wag geduldig dat dit moet groen word toe iets my oog tref. Deur die rye motors vleg iets heeltemal onbekend aan my oge. Toe ek my oe gefokus kry sien ek dis 'n jong dame met 'n baie ongewone haarkleur, nou kyk toe ek groot geword het was appelkoos en perse vrugte en nie kleure nie, so ek neem aan dat daar wel 'n kleur naam is vir die hare van die jong dame, die beste wat ek dit kan beskryf is erens tussen rooi koper en maroon, maar waarskynlik nader aan maroon.

Gewoonlik kyk ek nie jong dames so intens aan nie (ek is immers 'n getroude man) maar terwyl ek die dame aangaap, alles natuurlik om te probeer uitfigure watse kleur haar hare is, toe sien ek die geswaai van haar heupe, nou as ek my heupe so moet swaai sal ek na twee tree altwee heupe uit potjie uitruk, nee regtig, daar was sommer iets aggresiefs aan elke swaai van die heupe, dis natuurlik toe met die kyk na die swaai van die heupe wat ek haar jeans opmerk, ek neem aan dis wat mens 'n hipster noem, dit gee haar 'n "look" voorheen eksklusief vir loodgieters gereserveer. Op 'n stadium begin ek toe skuldig voel dat ek die jong dame so aanstaar, en ek wenk my blik na die advertensies van die groentewinkel, en daar lees ek " Watermelons from R7.99", en ek dink by myself, van wanneer af verkoop hulle vrugte met "vanaf", dis gewoonlik townhouses wat geadverteer word vanaf R499 000, gewoonlik is daar een van hulle, en daai een is uitgehou vir die ontwikkelaar se jongste dogter, die volgende goedkoopste een is R1 499 000, ek het nie gaan kyk of daar wel van die R7.99 waatlemoene is nie, maar ek twyfel, ek vermoed hulle was uitverkoop.

Met al hier vreemde verskynsels van vrugte wat kleure word, waatlemoene wat geadverteer word soos townhouses en jong dames wat die loodgieter image aanhang besluit ek op die oomblik dat el vanaand gaan braai broodjies maak met basil, tamaties en mozzarella kaas, as almal alles kan deurmekaar krap gaan ek nie agterbly nie, van nou af doen ek niks meer soos vooreen nie, of nee wag, miskien nie niks nie.


Lekker eet


Potjie.

No comments:

Post a Comment