Friday, February 26, 2010

Die kerk en die bar sit onder mekaar aaham

Gister aand was ek vir 'n bier proe, en kos "pairing" by &Union in Bree Straat Kaapstad, hierdie was 'n Slow Food Mother City geleendheid, en komplimente van vroulief het ons daar en dan lede geraak van hulle, ek wonder of sy besef dit gaan nie oor bier drink nie, maar oor groen lewe.

Laat ons eers die een ding uit die weg ruim, die bier en kos was uit die boeke soos skoonsus Francis altyd se, maar daarvan kan julle op What's Cooking my Engelse blog lees, maar maak gerus 'n draai by die Bier Saloon onder in die kelder van die ou St Stephen's Kerk, selfs al is jy nie 'n groot bier drinker nie, mag jy net 'n aangename verrasing kry.

Kyk, bier drink kan ek, en gewoonlik na 'n paar biere kan ek sommer oor enige ding praat, maar toe ek twee manne diep in gesprek vind oor waar hulle herwin (recycle as julle nie weet nie) toe weet ek, hier moet ek nugter bly, anders gaan ek vanaand my naam met 'n plank slaan, want ek moet bieg, ek is nie naastenby so groen as wat 'n splinter nuwe lid van Slow Food Mother City behoort te wees nie, en dit sal ek eers moet wegsteek tot ek die mense beter leer ken, of hulle self uitfigure ek is meer lid vir die slow food as vir die quick recycle, maar ek gaan werk daaraan belowe, maar ek gaan nie verlepte wortels en patats koop net omdat hulle kamstig organies is nie, die laaste organiese plaas mark (ek praat nie van die slow food markets nie) waar ek was, het al die groente vir my verlep gelyk, ek het toe maar 'n bottel (baie slegte) organiese wyn gekoop.

Vir nou is dit eers al wat ek te se het, Maandag sal julle weet of ek die potjiekos beoordelaars om die bos kon lei, tot dan.

Lekker eet
Potjie

Thursday, February 25, 2010

My hart sing

Vanoggend sing my hart, en dit is nie spesifiek oor kos nie, nee vanoggend op pad werk toe het ek oor die radio gehoor dit reen ordentlik op Sedgefield.

Ek het omtrent al my Desember vakansies gedurende my skooldae by Swartvlei net buite Sedgefield deurgebring. Daar was baie eerstes vir my by Swartvlei, eerste vakansie romanse, eerste vis gevang, eerste skelm bier gedrink, eerste keer (en enigste keer) verbrand toe ons wou vuur maak om alikreukels op gaar te maak.


Alhoewel ek nie daar groot geword het nie voel dit altyd vir my bietjie soos huis, beide my ouers se ouers kom van die George omgewing af, my enigste ouma (pa se ma) wat ek geken het, het in Hoekwil gebly, groot erf met hoenders en groente, ek proe nog die jong worteltjies pas uit die grond wat my oupa ons gevoer het, op ons beurt het ons weer die hoender gevoer, en versigtig die eiers gaan uit haal, 10 keer op 'n dag het ons gaan kyk of daar eiers is.

Ek hoop en bid die reen hou aan sodat George en Sedgefield en al die ander plekkies rondom dit weer die groen oase van my kinderdae sal wees.

Lekker eet
Potjie

Wednesday, February 24, 2010

Die nuwe roker

Ek het nou al twee rokers gehad, nee nie girlfriends wat rook nie, goed waarin jy een of ander kos rook man. Maar erens in my trekery het hulle verlore geraak, en in elk geval was hulle te klein, toe laat ek vir my een bou volgens my spesifikasies.


Ek gebruik my 2 plaat gas stofie as 'n hitte bron, en daar is 'n laai waar die saagsels in gegooi word, wat uitgetrek kan word om nog saagsels in te gooi as jy iets het wat lank moet rook, jy wil tog nie elke keer al die hitte verloor as jy nog saagsels wil bysit nie, en dis presies wat gebeur as jy die deur elke keer moet oopmaak.


Binnekort sal ek julle vertel van my rook (kos) ervaringe, maar nou eers brek ek net met die roker, die een in die kiekies hier.
Lekker eet
Potjie

Tuesday, February 23, 2010

‘n Plan met ‘n Potjie

Die naweek gaan ek 'n ding doen wat ek myself belowe het ek sal nooit as te nimmer doen nie, en dit is om aan 'n potjie kos kompetisie deel te neem. Ek is 'n slegte verloorder op die beste van dae, nooit genoeg oefening daarin gekry nie, sê ek altyd. Maar my vriend Werner het my omgepraat om saam met hom aan 'n kompetisie deel te neem, siende dat hy nie veel weet van kook af nie, berus die onus op my om 'n sukses van die storie te maak.

Ek is nie mal oor die idée van 'n kompetisie met kos nie, dis net te veel van 'n persepsie ding, en hoe beoordeel jy 'n vispot teenoor 'n beesstertpot byvoorbeeld, die beoordelaars moet tog 'n voorkeur vir die een of die ander hê, en dan is daar die ding van die kos wat in mooi lae moet lê, of so hoor ek, blykbaar het ek nog altyd bredie in 'n pot gemaak, en nie regtig potjiekos nie, want ek het nog nooit probeer om my kos perfek in lae te laat lê nie, en ek gaan ook nie, as ek wil loer wil ek loer en klaar.


Maar ek het 'n plan, en die plan gaan ek nie nou met julle deel nie, maar die plan behels dat daar nie lae gaan wees nie, ek gaan 'n fop pot maak, dit is eintlik geen pot nie, maar ek beplan om die beoordelaars onkant te vang, eers wanneer hulle saterdagaand in hulle bedjies lê gaan hulle besef dat die wen pot eintlik nie potjiekos was nie, wel dis my plan in elkgeval, en volgende maandag sal ek julle vertel of ek hulle om die bos kon lei of nie.


Lekker eet


Potjie.

Monday, February 22, 2010

Sondag oggend krieket peusel happies

Terwyl ek sondag oggendso rustig lê en krieket kyk, vroulief êrens heen saam met een van haar vele susters, oorval 'n hongerte my.



Gelukkig is daar gewoonlik sondae oggende oorskiet in die yskas van die naweek se braai of koskook, sondag was geen uitsondering. Daar is nog van die franse broodjie wat ek vrydag aand gebak het, asook van die vark rib wat ek saterdag aand gebraai het. Die plan wat my toe oorval is om die rib in klein stukkies te sny, dan bo op dun gesnyde franse broodjie te sit, dan kaas bo-oor als, dan onder die oond se element om die kaas te laat smelt, ai wat 'n lekkerte, net jammer van die krieket.


Lekker eet

Potjie

Thursday, February 18, 2010

Klein Saterdae is braaidag by swaer Ferdie

Woensdae ook bekend as Klein saterdag is braaidag by my swaer Ferdie se huis, daarvan kan jy so seker wees soos dat die son in die ooste gaan opkom en in die weste gaan sak.


Gisteraand was weer so, hoe dan anders, dit was mons woensdag, en ons was gelukkig genoeg om in die geleendheid te deel. Het my ou swaer nou 'n goeie job gedoen, hoender stukke wat eers in suurlemoen sap gelê het, en dan Robertson chicken spice, en dan kole toe, vel krispie onder die tande, maar die vleis nog lekker sappig, dan was daar ook natuurlik wors en braaibroodjies, want 'n braai sonder 'n broodjie, is soos 'n huis sonder 'n moeder, o ja, daar was slaai ook, dankie skoonsus Francis.



Al wat ek kan sê is, dankie swaer, lekker gebraai, wens ek het nou bietjie gehad vir ontbyt.


Lekker eet

Potjie

Wednesday, February 17, 2010

Wie sal luister

Kris Kristofferson het 'n song wat iets sê soos "If you keep talking to the people who won't listing to the things you have got to say, who do you thinks gonna hear". Nou dit is 'n bietjie soos wat ek vandag voel, want na ek gister geskryf het oor streekskos, en op beide die engelse en afrikaanse blog gevra het om kommentaar te lewer op hierdie tere (vir my) sakie het presies nul, zero niks mense enige kommentaar gelewer hier omtrent nie, wat my tot die gevolgtrekking laat kom het dat julle almal dink ek is van lotjie getik, wie gee 'n moer om omtrent streeks kos, so eet nou maar julle winkel brood en massa geproduseerde kaas, dit is julle verdiende loon vir nie omgee nie, maar ek gaan bly torring aan julle, ek gaan bly skryf oor wat my pla, want om nog 'n engelse gesegte aan te haal, "All that is necessary for the triumph of evil is that good men do nothing" en ek gaan nie skuldig wees aan slegte kos wat oor goeie kos seevier nie.

Lekker eet

potjie

Tuesday, February 16, 2010

Streek Kos

As iemand jou sou vra, wat is die kos van die streek waar jy groot geword het, wat sal jy antwoord? As jy hier lees het jy in alle waarskynlikheid in Suid Afrika of Namibia groot geword, jy weet in alle waarskynlikheid ook nie wat om op die vraag te antwoord nie, die Weskussers sal seker sê snoek of kreef, die Bosvelders en Namibiers dalk wild, die Karoo'ers skaap, maar die meeste van ons sal nie weet wat om te antwoord nie.

Ek het in Malmesbury groot geword, in die hart van die Swartland waar geel koring lande jou begroet as jy uit die groen van die Boland aangery kom. In die hart van die korinlande behoort jy 'n bakery te vind waar jy brood kan koop beter as enige iets wat jy nog geëet het, met 'n bakker in 'n wit meel bestrooide voorskoot wat trots op sy brode en koeke ens uit kyk, maar ek het slegte nuus vir jou, winkel brood is jou voorland, ja die ketting winkels het bakkerye, maar almal se brood proe dieselfde, gemaak van 'n "breadmix". Nou vra ek vir jou met trane in my navy blou oë, hoe is dit moontlik.

Melk plase in die Swartland was nog altyd volop, maar probeer bietjie 'n kaas van oorsprong Swartland of Malmesbury gaan koop, ek vermoed jy gaan sukkel. Gaan vra dan sommer by die Slaghuis vir 'n skapie wat op die Swartlandse koring stoppels groot geword het, nee my ou maat, hulle sal jou vertel van Karoo skaap ja, maar dis dit, trots op wat ons s'n is is nie groot in die meeste van ons streke nie. Wat my nog meer pla van die hele storie is hoe het dit gekom dat ons tevrede is om gelukkig te wees met winkel brood en clover/dairy belle kaas, met vleis wat van wie weet waar af kom. As ons is wat ons eet, wat sê dit van ons dat ons geen streek kos kultuur het nie, of nie omgee waar dit wat ons eet vandaan kom nie.

Wat dink jy nou terwyl jy hier lees, as jy dink wat de hel is verkeerd met clover kaas en winkel brood, moet dan nie verder lees nie, gaan koop 'n brood by Pick & Pay. As jy soos ek wonder hoekom moet ons met 2de beste tevrede wees, kom ons begin mekaar vertel van die bakery op die hoek wat wel ordentlike brood verkoop, kom ons begin vra waar die vleis vandaan kom, kom ons skep die nuwe Suid Afrika kos kultuur, om mee te begin, kan iemand my sê waar ek tarentaal kan koop?

Lekker eet

Potjie

Monday, February 15, 2010

Plek van die vleisvreters


As daar 'n skielike lus jou oorval om vleis te braai dan gaan kyk 'n man nie in die groenterak wat daar is nie, nee jy kyk in die vrieskas. As jy dan afkom op 'n paar tjops, 'n pakkie hoendervlerkies en wors dan is die saak reg, al wat ons nou kort is 'n paar snye wit brood, tamatie, uie en kaas en natuurlik 'n vuur.


As al die goed nou in plek geval het dan gooi jy vir jou 'n glas wyn (of wat jy ook al drink) vat 'n lekker sluk en glimlag tevrede voor jy die vleis speserye gee, vir die hoendervlerkies het ek "rosemary chicken spice" ontdek, heerlik man heerlik, die tjops kort net sout en peper, by die tyd behoort jou glas leeg te wees, so maak hom vol en gaan braai, moet nou nie lol met allerande slaaie en groente nie, jy het alreeds tamatie, uie en hoender vir groente.


Lekker eet

potjie

Friday, February 12, 2010

Die lekker van eenvoud

Die laaste tyd kom ek al hoe meer agter dat die kos wat die glans tydskrifte en die gourmet programme of tv haal nie meer sulke verskriklike fensie kos is met 'n 1000 bestandele en dae lank se voorbereiding nie. Mense in die algemeen wil lekker eet, dit beteken nie ons gaan terug na groente wat die vale hel uit gekook is nie, nog steeds lekker kos, maar nie noodwendig iets wat in een of ander uitheemse blaar gaar gemaak is nie, met 'n bessie sous waarvan die bessies net elke 15 jaar vrugte dra nie. Dit mag wees dat dit die ekonomie is wat druk, daarom wil mense nie onnodige geld uitgee nie, maar ek dink meer dis meer 'n geval van terugkeer na eenvoud sonder om smaak in te boet.

As ek kyk na die resepte op my engelse blog wat die meeste kommentaar oplewer, dan is dit die "rustic" resepte, iets wat ons voorvaders sou geëet het, miskien met 'n twist hier en daar, maar in wese iets eenvoudigs. Met dit ingedagte kan ons manne seker met 'n geruste hart net vinnig 'n tjoppie op die kole gooi vir die volgend 14 weke of so van die super 14, eenvoudig maar lekker, dis nou as die Stomers my nie weer eens na drank dryf die jaar nie, miskien begin ek dan maar saterdae middae kook in plaas van rugby kyk.

Lekker eet

Potjie

Thursday, February 11, 2010

Wat is in 'n naam

Gisteraand bel my vriend daar uit Gangsters Paradise my en wys my daar op dat ek bietjie deurmekaar geraak het op 'n stadium in gister se blog, en Elandsbaai geskryf het, toe ek Lambertsbaai moes skryf (dis nou reg gemaak).

Ek dink toe aan 'n ander keer wat ek name deurmekaar gehad het, maar dit was meer te danke aan 'n bietjie doof (hardhorend?) geit. Lank terug het ek en liefie ook in die Noorde gebly vir 'n rukkie, nog voor dit Gauteng geword het. Een naweek besluit ons om langs die Vaalrivier te gaan kamp, ek bespreek en kry die rigting aanwysings (geen GPS daai tyd).

Alles gaan voor die wind, tot op die plek waar ek moet lings of regs (kan nie onthou nie) moes draai by die garage, maar daar is geen garage nie, ek begin later twyfel of ek dalk nie by die vorige afdraai verkeerde kant toe gedraai het nie, en ek draai om, na 'n uur of wat se op en af ryery kry ek 'n plek met 'n telefoon (geen selfone daai tyd nie) dis toe nie by die garage waar ek moes draai nie, maar by die Barage bordjie waarby ek so 10 keer al verby gery het.

Liefie was om dit sag te stel lekker gatvol vir my, maar na ek vir haar 'n lekker steak op die kole gebraai het die aand, en soet klein niksies in haar oor gefluister het langs 'n groot vuur was sy weer ok, miskien het die wyn ook haar weerstand versag, wie sal weet.

Lekker eet
Potjie

Wednesday, February 10, 2010

Jy moet bespreek as jy hier wil eet

Vir on swat in of rondom die weskus groot geword het, is die maar stryd om gewoond te raak aan die idée dat 'n mens moet bespreek om in 'n restaurant in Lambertsbaai te eet, in ons mind is daar net 10 mense in Lambertsbaai, en al is al 10 in die restaurant behoort daar nog steeds plek te wees.

Met die houding vat ons die tol grondpad (paaie) vanaf Velddrif al langs die treinspoor af op pad Lutzville to Desember laasjaar, my vriend Karl se Ingelse vrou het die Eat out op haar skoot en besluit erens tussen Laaiplek en Lambertsbaai dat ons by Isabellas gaan eet, en ons stry nie, mens stry nie met vrouens op vakansie nie, en ek stry nooit oor lekker eet nie.

Op Lambertsbaai lyk dit of ons in Johannesburg spitsverkeer ingery het, dit net GP 4 X 4's waar jy ky, en die mense by Isabellas skud net hulle kop, eerstens vir on swat dink ons kan daar aankom sonder 'n bespreking en tweedens om te se, nee hier's nie plek nie, miskien oormore, maar dan is ons lankal weg verduidelik ons, maar die mense is streng, dit is duidelik veel makliker om 'n speedcop om te koop as die mense, so toe gaan soek ons maar 'n ander plek.

Sommige slegte ondervindings vergeet mens aspris, en ek kan glad nie die restaurant se naam onthou nie, ek onthou daar was 2 ander mense wat sit en eet het, en iemand agter 'n toonbank wat so skuins op gekyk het toe ons ingekom het, dis die laaste keer in die halfuur wat ons dit uitgehou het voor ons uitgestap het, wat iemand ons bestaan herken het, ons het orals in die Eat Out gesoek, maar die restaurant was nerens te vinde nie, ek wonder nou nog hoekom nie.

Ons het toe maar deurgedruk plaas toe en gaan braai, so sonder om enige iets te verklap was ek bly Isabellas was vol en die ander restaurant ongeintreseerd, dis darm lekker so vuurtjie terwyl jy oor die rivier uitkyk.

Lekker eet

Potjie

Tuesday, February 9, 2010

Eers die lewe dan die vuurwerke

Saterdag middag bou ek vir my 'n heerlike toebroodjie, lekker vars brood van Willowbridge se "Slow Food Market" (mens kan dit seker nie die stadige kos mark noem nie) 'n paar repies prosciutto, 'n stukkie verouderde cheddar, bietjie piekel uitjies, vars tamatie en 'n lekker skoot sout en peper. Terwyl ek besig is met die bou proses dink ek aan my vriend Karl daar in Gangsters Paradise, die man kan 'n woeste broodjie bou, en hy geniet dat so dat my tone sommer omkrul van lekkerte net om hom te sien broodjies maak, maar terwyl ek so aan my glas sauvignon blank teug en besluit of ek nog iets op die broodjie moet sit, dink ek aan 'n ander "indulgence" van vriend Karl.

As enige fliek maker wil seker maak dat Karl sy fliek sien hoef hy net 'n interesante titel uit te dink, ek het al tussen ons etery en drinker van die slegste flieks saam met Karl gekyk bloot omdat die fliek 'n lekker naam gehad het. Ek gebruik (misbruik) hierdie swak van Karl ook tot my voordeel, as ek wil seker maak die ou lees my blogs, dink ek net aan 'n lekker titel, dan weet ek Karl sal nie die blog mis nie. Die eerste fliek waardeer ek saam met Karl gesuffer het as gevolg van 'n lekker titel was as ek nou reg onthou, "First This Life, Then The Fireworks", nou as jy nog nooit van die fliek gehoor het nie, neem ek jou geensins kwalik nie, dit was een van die swakste flieks wat ek nog ooit gesien het, lekker titel of te nie. Daar was oor die jare vele meer, hulle name kan ek nie so goed onthou soos die eerste keer nie, mens onthou mons altyd die eerste keer, dan nie.

Karl se smaak in toebroodjies en wyn is gelukkig meer bo verdenking as sy keuse van flieks, gelukkig, anders sou ons nie vriende gewees het nie, 'n slegte fliek is een ding, slegte kos en drank 'n heel ander, as ek nou net die ou kan kry om nie likeur wat smaak soos medisyne aan die einde van 'n aand te drink nie.


Lekker eet


Potjie





Monday, February 8, 2010

Die Koperkop wat die braaibroodjie vermoor het

Vrydag middag staan ek by 'n rooi verkeerslik en wag geduldig dat dit moet groen word toe iets my oog tref. Deur die rye motors vleg iets heeltemal onbekend aan my oge. Toe ek my oe gefokus kry sien ek dis 'n jong dame met 'n baie ongewone haarkleur, nou kyk toe ek groot geword het was appelkoos en perse vrugte en nie kleure nie, so ek neem aan dat daar wel 'n kleur naam is vir die hare van die jong dame, die beste wat ek dit kan beskryf is erens tussen rooi koper en maroon, maar waarskynlik nader aan maroon.

Gewoonlik kyk ek nie jong dames so intens aan nie (ek is immers 'n getroude man) maar terwyl ek die dame aangaap, alles natuurlik om te probeer uitfigure watse kleur haar hare is, toe sien ek die geswaai van haar heupe, nou as ek my heupe so moet swaai sal ek na twee tree altwee heupe uit potjie uitruk, nee regtig, daar was sommer iets aggresiefs aan elke swaai van die heupe, dis natuurlik toe met die kyk na die swaai van die heupe wat ek haar jeans opmerk, ek neem aan dis wat mens 'n hipster noem, dit gee haar 'n "look" voorheen eksklusief vir loodgieters gereserveer. Op 'n stadium begin ek toe skuldig voel dat ek die jong dame so aanstaar, en ek wenk my blik na die advertensies van die groentewinkel, en daar lees ek " Watermelons from R7.99", en ek dink by myself, van wanneer af verkoop hulle vrugte met "vanaf", dis gewoonlik townhouses wat geadverteer word vanaf R499 000, gewoonlik is daar een van hulle, en daai een is uitgehou vir die ontwikkelaar se jongste dogter, die volgende goedkoopste een is R1 499 000, ek het nie gaan kyk of daar wel van die R7.99 waatlemoene is nie, maar ek twyfel, ek vermoed hulle was uitverkoop.

Met al hier vreemde verskynsels van vrugte wat kleure word, waatlemoene wat geadverteer word soos townhouses en jong dames wat die loodgieter image aanhang besluit ek op die oomblik dat el vanaand gaan braai broodjies maak met basil, tamaties en mozzarella kaas, as almal alles kan deurmekaar krap gaan ek nie agterbly nie, van nou af doen ek niks meer soos vooreen nie, of nee wag, miskien nie niks nie.


Lekker eet


Potjie.

Friday, February 5, 2010

Vandat ek die Engelse blog ook het, het ek nog heeltyd dit reggekry om nie oor die selfde goed op dieselfde dag te skryf nie, en dit was een van my voornemens toe ek met die Engelse blog begin het, dit was ook my voornemens om die jaar vroeg op te staan en te begin draf, gesond te eet en nie in die week te drink nie, in geen spesifieke volgorde het al die voornemens in die hek geduik, hier gaan die laaste een.

Vir lank dreig ek nou al om my eie pizza basis te maak, hel maar dit klink snaaks, basis, dit is mons Afrikaans vir "base", maar daar dwaal ek van my storie af. Gisteraand het ek uiteindelik so ver gekom om die cadac pizza plaat te laai met 'n pizza basis (klink nog steeds snaaks) wat deur my eie hande gemaak is, en nie by Woolies gekoop is nie. Ek gaan nou nie die hele resep weer hier oorskryf nie, gaan kyk sommer op die Engelse Blog as jy regtig belang stel, ek het in elk geval 'n vermoede jy lees die blog vir die nonsense wat ek praat, en nie vir die resepte nie, maar as die nonsense wat in my kop opkom, jou beter oor jouself laat voel dan is dit goed, dammit daar is ek weer besig op af te dwaal, dit gebeur al meer in die laaste tyd.

Terug na die pizza, het ek nou lekker gespeel met daai stuk deeg, hom in die lug geslinger, op my vingers rondgedraai, geknie, en afgekie, ek vertel jou my maat, jy sou dink ek was een of ander wafferse TV shef, en daai basis (dammit man, dit bly snaaks klink, daar moet 'n ander word wees) was perfek, dun en krispie. Bo op was chorizo en cherry tamatie en basil en mushrooms (ek weet hulle het 'n afrikaanse naam, maar ek kan nou nie dink wat dit is nie) en vir my vrou lief Danish feta en bo-op alles lekker Simonsig mozzarella. Dan 'n lekker skoot swart peper as hy klaar gebak is, heerlik man heerlik, ek wens ek het oorgehou vir ontbyt, maar nee, alles het ek verober.


Lekker eet
Potjie (Amper tik ek nou pizza i.p.v. potjie)

Thursday, February 4, 2010

Knyp man, knyp


Gisteraand gaan ek Fruit and Veg toe om bokkems te gaan soek en loop toe daar uit met sakke vol goed. Met die uitloopslag sien ek die man so entjie voor my stap, maar die man lyk of hy knyp dat sy lewe daarvan afhang. Ek dink so by my self, boet as ek jy is gaan vra ek maar of ek Fruit en Veg se toilet kan gebruik, van vanaand is die aand wat jy in jou broek jy weet wat.


So met die verbyloop slag sien ek maar daar is 'n ander probleem, die man stap met een van die mandjie-waentjies, jy weet daai trollie met 'n mandjie bo en 'n mandjie onder, die goed is nie baie groot nie, en die man is ses voet ses ten minste. Maar die eintlike probleen is dat die ou te suinig of te groen was om sakke te koop, nou het hy alles in 'n boksie wat in die boonste mandjie pas, maar een houertjie jogurt pas nie lekker nie, nou stoot die man met een hand die waentjie, en met die ander hand druk hy die jugurt bo-op die boks vas, nou om dit reg te kry moet hy sy ses voet plus lyf dubbel buig, dan moet hy loop sonder dat sy knieë die waentjie stamp, en dis die dat hy so knyp-knyp stap, glad niks met sy maag te doen nie.


Nou kyk vir 'n boksie om in 'n mandjie te pas, moet die boksie maar klein wees, heel gemaklik om onder jou arm te druk en aan te slenter kar toe, dan het jy nog een hele hand om die jogurt in vas te hou (die man het twee arms en twee hande gehad) nou hoekom iemand so sal sukkel met die mandjie-waentjie weet nugter, ek wonder nou net wat maak die man as hy by die huis kom. In alle waarskynlikheid sal hy seker die mandie nie saam neem huis toe nie, so hy sit met 'n groot dilemma as hy tuis kom, want dan gaan hy 'n boks, 'n jogurt en niks waentjie he nie, so hoe gaan hy alles met een slag in die kombuis kry, sal moet twee keer stap, dis al genade, of nee wag, druk die bleddie boksie onder jou arm en spaar jouself 'n klomp sukkel man.


As jy dalk gewonder het, die bokkems was vir bokkom brood.(Sien Ingelse Blog)

Lekker eet
Potjie

Wednesday, February 3, 2010

Voël van die wyn

As jy voel my titel "Voël van die wyn" maak geen sin nie, dit is die direkte vertaling van Coq au Vin, Coq = Voël, au = van die, Vin = Wyn, maar nou ja, direkte vertalings werk gewoonlik nie, ander sou ons gepraat het van "hy is teen groot" wanneers ons bedoel het die ou is op vrye voet (He is at large) nie dat dit enige sin maak in engels nie, maar nou ja. Hoe het ek nou hierby uitgekom? O ja, Coq au Vin.

Op my Ingelse blog skryf ek vandag van hoender pastei waar ek die hoender Coq au Vin style kook, maar die ou voël in hoender het my aan iets anders lank terug laat dink.

Kort na ek vir myself moes begin kos maak nooi my, toe girl friend (nou vrou natuurlik) mense vir ete, en ons besluit ek gaan gebraaide hoender (soos in grilled chicken) maak. Met die inkopie slag sien ek die "Cornish hen" nou kyk, op daai stadium het ek geen idée gehad wat 'n Cornish hen is nie, behalwe dat hulle nog klein eiertjies of altans die geel gedeelte van eiers binne in hulle het nie, ek was salig onbewus van die feit dat hulle gewoonlik net so onder die 380 jaar oud is.

Daai ouma grootjie hen word toe gesout en gepeper en gegarlik ens, en in die oond gesit, na so uur bekyk ek die hen, mooi bruin, maar hy is so taai ek kan nie 'n mes in hom indruk om te sien of die juice clear hardloop soos die ingelse kookboek sê nie, na 'n uur probeer ek weer, indien enige iets is sy nou taaier as 'n uur terug, op uur 3 begin ek bekommerd word, ek wonder of ek nie my grasshoppers se sole moet saam met die hoender insit nie, hulle sal waarskynlik vinniger sag word, op uur 4 en 'n half gee ek moed op, ek haal die hoender uit, kap hom met 'n byl in stukke en bedien hom, en vra mooi onverskoning, die gaste was blykbaar nie groot kokke nie, of hulle koop ook Cornish hens, want hulle het gesê hulle is gewoond aan sulke taai hoender, hulle kon ook natuurlik baie ordentlik gewees het. Ek wonder nou of hulle nie bedoel het hulle is gewoond aan Thai hoender nie.

Volgens oorlewering was een of ander chef ook in 'n panarie toe hy net 'n ou hoender en 'n bottle plonk rooiwyn gehad het, en vir Napoleon moes kosmaak, hy maak toe so. Hy kap die hoender in stukke, gooi die bottle plonk by, en ook uie, wortels en knoffel, ook sit hy sout, peper en 'n bouquet garni (pietersiel, tiemie en bay leaves) by, en hy kook die hoender tot sag, seker naby 2 ure. Ek vermoed die shef was 'n voorvader van die latere Franse Hugenote, want net 'n boer maak so vinnig 'n plan. Napoleon was blykbaar gaande na die hoender, ek vermoed daai hoender was so 100 jaar jonger as myne.

Die videos hier onder is blykbaar die regte manier vir Coq au Vin.







Probeer maar gerus die Coq au Vin, maar as jy my raad vra, as jou hoendertjie nog jonk is, gebruik 'n pinotage rose, die rooiwyn kan 'n jong hoendertjie bietjie oordonder.

Lekker eet

Potjie

Tuesday, February 2, 2010


Hallo, vir die tweede keer vandag.

Die keer het niks met kos of kos praatjies te make nie. Siende dat ons in die maand van liefde is, het gedink dat die van julle wat die vermoe het om R500.00 aftestaan dalk 'n pikkewyn kan aanneem.

Indirek word ons almal bevoordeel deur dit wat die pikkewyne bedreig, die olie wat die bote mors word petrol vir ons almal se motors, die feit dat daar 'n kos tekort vir die pikkewyne is, is omdat daar te veel stres op die visbevolking geplaas word om ons vis lus te voed, so as jy kan, neem 'n pikkewyn aan - vir meer inligting kliek op die link.






Potjie

Ek wonder

Nou die dag stuur vriend Karl vir my 'n email met goed waaroor hy wonder, die volgende was onder die goeters waaroor hy wonder.

Why does a round pizza come in a square box?

What disease did cured ham actually have?

Why do toasters always have a setting that burns the toast to a horrible crisp, which no decent human being would eat?

If corn oil is made from corn, and vegetable oil is made from vegetables, what is baby oil made from?

Why do people constantly return to the refrigerator with hopes that something new to eat will have materialized?

Daar was 'n klomp ander goeters ook waaroor hy gewonder het, maar dit het niks met kos te doen nie, maar sy gewondery opsy, ek wonder ook oor goeters.

Ek wonder as ek oor my vrou se vriende skinder, en hulle lees die blog, en hulle figure uit ek is potjie (of vroulief vertel hulle) of hulle sal weet dat ek oor hulle praat. Daar is natuurlik 'n paar dead giveaways, soos "ons het gisteraand/die naweek by hulle gebraai" maar as ek myself nie weggee nie sal hulle dit uitfigure, ek wonder.

Jy sien, die meeste mense wat nie kan braai nie, weet nie dat hulle nie kan braai nie, nou dit verstaan ek glad nie, êrens moes jou vrou of skoonma of dronk vriende darm seker al iets gesê het wat jou agterdogtig gemaak het oor jou eie braai vermoë, en magtig man jy proe mons darm self hoe die kos smaak, en êrens moes jy al ordentlike gebraaide vleis geëet het, of het jy gedink dis die spices wat so lekker is.

Verder wonder ek hoe mense besluit wattter vleis hulle gaan braai, as mens nie weet nie, dan vra jy tog (ok, rigting is die uitsondering as dit by mans kom) maar hoekom wil jy 'n skaapnek tjop braai, wragtig ek kan nie dink dat dit oor die kole sag genoeg gaan raak om te eet nie, kook boontjie bredie, of bak hom vir lank in die oond, maar braai, aikona. Ek wonder ook wat om te antwoord as iemand "short rib" tjops in die braaibak gooi, en sê ek hoop mens kan dit braai, want ek weet regtig nie, het nog nooit prober nie, lyk vir my soos iets wat mens bredie mee kook, maar ek mag verkeerd wees, die tandmuis en vader krismis mag dalk ook bestaan.

So een laaste ding, as jy wonder of jy kan braai, kan jy waarskynlik nie.

Lekker eet

Potjie






Monday, February 1, 2010

Uiteet sonder terleurstelling

Op die kos kook front het daar nie veel gebeur in my huis die naweek nie, ek dink die naaste wat ons aan kos kook gekom het, was geroosterde ham, kaas en tamatie toebroodjies sondag aand.

Vrydag aand het ons by my vrou se vriende gaan eet (die van julle wat nou smaail lees gereeld my blog) en saterdag aand het ons by ons vriende potjie gemaak, vriend Werner het nou wel na die potjie as sop verwys, maar all en all het die pot lekker gesmaak, dankie Steyn.

Sondag het ek my lief gevat vir middag ete by die restaurant by Du Toits Kloof Lodge, spesifiek vir forel, heerlik gebakte forel, jy het 'n keuse tussen forel met amandels, of forel met 'n deegie en suurlemoen botter, albei is heerlik. Soveel kere as ek uitstap by 'n restaurant dan voel ek verneuk, en ek voel ek kon die kos beter gemaak het, sondag was nie een van daardie dae nie, die vis was perfek, en word bedien met boontjies gaargemaak met sampioene en die heerlikste soetwortels asook rys of skyfies.

Die rekening vir 2 forelle, 'n slaai, 'n bottel wyn en 'n bottel water - die som van R245.00, nou ek kan nie onthou wanneer laas ek so rekeningtjie gekry het nie, toe loop koop ek sommer wyn langsaan by Du Toits Kloof kelder se proe lokaal met die change, en terwyl ek toe daar is, koop ek toe sommer olyf olie en balsamic vinegar uit die Nuy vallei ook (Willow Creek)

Die enigste terleurstelling is die treurige deli, daar was altyd heerlike konfyte en vars en gevriesde forel, maar gister was daar net 'n paar gevriesde forelle en 'n hoop nonsens in die winkeltjie, hopenlik is die nuwe eienaars nog besig met besluit wat hulle daar gaan doen.

Ns. Die prentjie het ek op 'n ander blog "geleen"

Lekker eet

Potjie