Thursday, April 15, 2010

Waars die res van my vinger nou?

Nou die dag staan ek na 'n demonstrasie en kyk van 'n shogun groente skiller/snyer. Dis 'n gewone groente skiller, dan kan jy dit op 'n stukkie blou plastiek vas sit, dan sny jy wortels papier dun, en dan nog 'n ding wat jy groente mee in julieene strips kan sny, as jy nou koop alles vir net.... jy kry die prentjie.

Wel toe koop ek alles vir net... , die eerste aand sny ek wortels lings en regs, dit werk te wonderlik, en toe gooi ek ding in die kas, tot gisteraand, ek hou van wortels in my maalvleis kerrie, maar nie stukke nie, lekker klein dat dit so half weg kook, en nou het ek mons die gereedskap om dit mee te doen. Hier by wortel nommer drie tel ek sommer lekker spoed op, en die volgende oomblik is dit net "eina! F_k" en toe is die helfte van die wortels bloed rooi, en die bloed rooi verwys meerdirek na bloed as gewoonlik wanneer jy die uitdrukking gebruik.

Nou kyk, die voorpunt van jou wysvinger is 'n ongemaklike plek om 'n stuk vleis te verloor, 'n pleister wil nie sit nie, jy kan nie dokter toe gaan vir steke nie want dis nie regtig 'n sny nie, meer 'n afsny en die ander stuk is erens tussen die wortels. Vanoggend lyk ek soos ET (die een in die fliek) met so dik vinger, hy gloei net nie rooi nie.

Die Kerrie was heel lekker dankie.


Lekker eet

Potjie




3 comments:

  1. I have one of those, as well as a mandolin - which is even more dangerous. I have lost 4 finger tops in one go, so I feel your pain.

    ReplyDelete
  2. Oooooooh EINA man!!! Ek het dit al paar keer gedoen. Werk daai ding lekker??

    ReplyDelete
  3. Werk baie lekker, verstaan net nie hoe dit die wortels dunner as my vingers sny nie!

    ReplyDelete