Tuesday, April 20, 2010

Iemand om mee saam te eet

Die naweek staan ek in die video winkel (daars niks meer videos in 'n video winkel nie, net dvd's maar dis nog steeds 'n video winkel) en ek sien 'n dvd met die titel "Someone to eat cheese with" of iets soos dit, ek het dit nie uitgeneem nie, maar wel vir Julie en Judia, die titel van die een, en iets in die fliek het my laat dink oor ons wat kook.


Iemand het eendag die opmerking gemaak oor sport "To win is not enough, someone have to lose", nou in kook kan ons sĂȘ, om te kook is nie genoeg nie, iemand moet die kos eet. Ek ken nie baie mense wat lief is vir kook maar nie vir eet nie, maar dis nie lekker om vir jouself te kook nie, my grootste genoegdoening is die plesier op iemand se gesig as hy my kos regtig geniet, so ek dink ons begin punt van kook is om ander gelukkig te maak, ok miskien hou ons bietjie van afshow, (daarom wat daar so baie foodbloggers is) maar dis die genot wat ons ander gee, wat ons betaling is vir die ure voor die stoof of vuur.


Ek kan myself hier onmiddelik weerspreek, want ek self kook as ek demoer in is, net oor kook kook is, ongeag of daar mense is om dit te eet, kook word later die uiting van jou gemoed, maar ek glo vir die meeste van die tyd, is dit om ander gelukkig te maak.


Herkou bietjie hieraan, en voel vry om met my te verskil hieroor.


Lekker eet
Potjie

1 comment:

  1. Nee wat Potjie, beter as dit kon ek dit self nie stel nie. Ek hoop jy het J&J geniet.

    ReplyDelete