Wednesday, April 21, 2010

Om te pap of nie

In die Swartlandse dorp waar ek groot geword het was daar 'n paar dinge wat mans nie gedoen het nie, jy het nie vir Noord Transvaal (Bulle) geskree nie, jy het nie ander mans gesoen nie en jy het nie pap geëet nie. Jy sien die ding met pap eet is dat dit iets is wat mense doen wat vir die bulle skree, en ons was bang dat iemand ons sou verwar met hulle, voor julle nou begin grappies maak oor WP ondersteuners, onthou dit was die dae van 5 Currie Bekers in 'n ry, niemand het grappies oor die WP gemaak nie.


Foto van travelblog


Daar is ook 'n meer logiese rede hoekom ons hier in die Kaap nie noodwendig diesefde liefde vir mieliepap het as ons landgenote noord van die Oranje Rivier nie, die Kaap was nooit regtig mielie wêreld nie, koring ja, daarom het ons roosterbrood of weetbix geëet vir ontbyt en nie pap nie, mens eet mons maar wat eie aan 'n streek is, die ander ding natuurlik is dat pap nie regtig lekker is nie, as jy dit nie toe gooi van die tamatie en uie smoor nie is dit maar 'n droë affere op die beste van dae, en op die slegste van dae is brood baie lekkerder as pap. O ja en dan is daar natuurlik die Noord Transvaal ding, of het ek dit al genoem?


Die ander rede dat on shier in die Kaap pap met wantroue bejeen is dat ons nie rooiaas eet nie, so hoekom pap eet, dit word ook as vis aas gebruik, en dan nog om vis te vang wat die meeste mense, insluitende die wat dit vang nie wil of sal eet nie. Nou as die vis wat die pap eet so sleg is dat mens dit nie wil eet nie, hoe sleg moet die pap wees wat die vis eet? (Toemaar ek weet pap is nie vis se stapevoedsel nie, maar nogtans)


Dan die laaste maar mees belangrikste ding, as dit nie saam met snoek gaan nie, dan eet ons dit nie in die Kaap nie, en pap en snoek gaan nie saam nie.


Lekker eet


Potjie

2 comments: