Saturday, April 10, 2010

Volstruisnek pastei

Na die nie so lekker volstruis nek wat ek in Oudshoorn geëet het gedurende die KKNK het ek besluit om vir my bietjie volstruis nek te gaan koop en dit self te maak, maar wat is nou lekkerder as 'n wilds pastei en 'n glasie rooiwyn. Boonop is dit seker tyd dat ek weer 'n slag oor kos skryf, Ferdie bel my nou al by die huis om te kla oor die kos blog sonder resepte, maar dit laat my nou dink aan iets anders, nee toemaar ek grap maar net, hier is die resep.

Jy benodig


1 ½ to 2 kg volstius nek


4 dik snye tuisgemaakte bacon


2 Wortels in ringetjies gesny


1 Groot ui in kwarte gesny


2 huisies knoffel


Sout


Swart peper


Origanum


2 naeltjies


½ teelepel droë coriander


1 teelepel origanum


2 glase rooiwyn


Worcestersous


Sny die bacon in klein stukkies, braai in die olie, voeg die volstuis by en braai to bruin, gooi bietjie worcestersous oor en braai nog 'n bietjie. Voeg die rooiwyn by voeg dan die wortel, knoffel,ui en speserye by, bring die wyn tot kookpunt, verlaag die hitte en laat simmer vir omtrent 3 ure. Kyk elke nou en dan of daar nog genoeg vloeistof in die pot is, indien nie, voeg bietjie water by. Na so 3 ure behoort die vleis los te kom van die bene, verwyder die vleis van die bene, proe aan die vleis en pas die geur aan indien nodig.


Neem 'n pastei bak, smeer en lê uit met deeg pastei, vul die deeg met die volstruis vleis, maak die bokant toe met deeg, druk gaatjies in die deeg, verf met geklitste eier en bak tot goudbruin.


Geniet met 'n lekker bottel rooiwyn


Lekker eet


Potjie.

1 comment:

  1. Min dinge so lekker soos volstruisnek! (As dit reg gaargemaak is natuurlik...)

    ReplyDelete