Wednesday, April 7, 2010

Ons eet en drink en dans terwyl Rome brand

Politiek en godsdiens hoort nie rondom 'n etenstafel nie, of so hoor ek baie mense sê, maar waar die hart van vol is loop die mond van oor, rondom die etenstafel of nie.

Sondag oggend staan ek na Die Rapport en kyk daar op 'n straathoek in Oudshoorn en ek besef die tequila van die vorige aand het nie my sig aangetas nie, daar is twee verskillende voorblaaie vir Die Rapport op Sondag oggend 4 April 2010.

Die een met Dozi wat onder die invloed van drank Die K word gebruik het, die ander met Eugene Terreblance wat met pangas dood gekap is op sy plaas. In dieselfde Rapport is daar 'n artikel oor hoe Suid-Afrikaanse digters wegbly van poësie skryf met ras as 'n tema, nogal snaaks as jy ons samelewing in ag neem.

Laat ek dit van die begin af duidelik stel, ek is en was nog nooit 'n Eugene Terreblance aanhanger nie (ook nie regtig 'n Dozi aanhanger nie, maar dis nie nou die punt nie) maar hy was 'n mens nes ek en jy, hy was 'n wit man nes ek, anders as ek het hy 'n plaas besit, en sy politieke sieninge het verskil van myne, maar hoopenlik is dit nie 'n rede om met pangas dood gekap te word nie, ek stem ook nie saam met Julius Malema nie, beteken dit dat ek snags in vrees moet lê en wag vir 'n venster wat breek en iemand met 'n panga om in my kamerdeur te verskyn, ek hoop nie so nie, die ANC maak tog kapsie teen die man wat politieke asiel gevra het in Kanada oor hy glo hy sal deur sy swart lands burgers vermoor word as hy sou terug keer na Suid Afrika. Is die man van lotjie getik, of leef ons elke dag so met geweld saam dat ons nie meer die werklikheid sien nie.

Terwyl ek die twee artikels sondag gelees het, het ek op 'n stadium onder die indruk gekom dat Dozi se gebruik van die K woord 'n groter sonde is, as die moord op 'n regse politieke leier, wat op die stadium eintlik niks meer as 'n tragiese ou man was wat verbete aan die verlede vasgeknyp het nie.

Luister mooi, ek sê nie dis reg om die groot K woord te gebruik nie, wat ek sê is dat terwyl mense loop en sing, skiet die boere, gaan sommige mense meer en meer die K woord gebruik, verkeerd of nie, wanneer mense seergemaak word met woord of daad is die eerste reaksie om terug seer te maak, die meeste van ons is eenvoudig nie goed genoeg om die ander wang te draai nie, en een of ander tyd word ons gatvol geklap, en klap ons terug, waar lê daardie punt waar mense nie meer met hulle verstand dink nie, en emosioneel begin om wraak te neem, en hoe keer ons dit dat ons nie daar die een treetjie gee om ons daar te kry nie, want meer as een of twee treë van daar af is baie mense nie.

Die wit sekerheidswag wag by ons werk vertel my vanoggend dat die afgelope 2 dae word daar dreigemente na sy kant geslinger terwyl hy met die trein werk toe ry oor wat die swart mense met die wit boere gaan maak, ja miskien is dit 'n klein groupie met leë dreigemente, maar vir die wit sekerheidswag is dit die werklikheid van die enigste lewe wat hy het, wat dink jy gaan hy vanaand hierdie mense wat hom dreig noem terwyl hy rondom die etenstafel vertel wat hy vandag op die trein moes beleef, ek vermoed dit mag dalk met 'n k begin, en hoe sal ons hom nie oordeel nie, daar is nie plek vir sulke rasiste in hierdie reënboog land van ons nie, en ja soos dit goeie politieke korrekte burgers betaam het ons reeds vergeet van hulle wat aanleiding gegee het tot die uitbarsting.

Ok, so nou is ek die tipiese Afrikaner wit man wat verlang na die verlede omdat ek iets negatiefs van die pragtige land geskryf het, ek het nuus vir julle, die meeste wit Afrikaanse mans bid elke dag dat almal in vrede kan saam leef, dat al die Eugene Terreblance's en al die Julius Malemas soos mis voor die son sal verdwyn en ons almal met ons lewens in vrede kan voortgaan, wensdenkery? Ja ek weet.

More praat ons weer kos, miskien.

Lekker eet

Potjie

2 comments:

  1. Ek is geleer/opgevoed om Andere se sienings te respekteer.Ek probeer dit steeds maar raak nou Gatvol daarvoor.Ek maak Wat eet Ons oop om oor Kos en Resepte te lees en nou moet Ek Jou siening oor ET,DOZI en JM lees.Ek is nou eers Gatvol en sal maar wag totdat Jy weer begin Kook.

    ReplyDelete
  2. Jy moes seker halfpad ophou lees, het nerens iets van JM gese. Dans lekker terwyl Rome brand.

    ReplyDelete