Tuesday, April 13, 2010

Dis nou maar wors

Ek het al in die verlede hier geskryf oor goedkoop wors, en die naweek toe ek so staan en vir myself worsmaak toe dink ek weer and wors met rooi "special" stickers op.


My weergawe van Morrokaanse wors

Ek weet die meeste mense gaan nooit hulle eie wors maak nie, en behalwe as jy 'n jagter is, of self iets het om te slag gaan dit waarskynlik nie goedkoper vir jou wees om wors te maak as wat dit is om wors te koop nie. Nou presies hierin lê die problem, as maalvleis koedkoper as wors is, wat op aarde is in die wors, en glo my vry, derms is vrek duur, dan nog die speserye en die arbeid om wors te maak, my logika sê vir my dat iets nie lekker is met die prentjie nie.

Winkel wors (nie die rooi sticker weergawe)

Ek praat nie hier van wors van iemand soos Rudi's Sausage Deli nie, ek praat van jou gewone wors in die supermark, en selfs party slaghuise, waar wors regtig goedkoop is, kyk bietjie volgende keer wat is die prys van maalvleis en wat is die prys van wors, dan kom vertel jy my hoeveel is 1 + 1.

Ek hoop nie ek sit jou nou af van wors af nie, want ek koop baie lekker boerewors vir R44.00/kg ek weet nie hoe hulle dit regkry nie, want die maalvleis is R49.00/kg maar ek vrae maar nie vrae nie, miskien maak ek van nou af maar al my wors self, dan weet ek wat ek eet.

Lees my Engelse Blog vir respte van die wors wat ek oor die naweek gemaak het.

Lekker eet
Potjie

1 comment:

  1. Potjie,

    Ek huff en puff al lank om my eie wors te maak. Net vir die pret - dit hou mens mos uit die kwaad. Maar ek het ook gehoor die casings is erg duur en myle lank. En as dit by die speserye kom, my vrou is koring onverdraagsaam en 'n diabeet so die oor-die-toonbank speserye is uit. Mens kry net nie meer wors met egte kruie en speserye nie.

    Toe ons kinders was, het my pa self geslag, wors en biltong gemaak en ons het dan elke oggend pap en wors of biltong gehad vir ontbyt. Sjoe, those were the days.

    ReplyDelete