Thursday, April 8, 2010

Die slegste hotdog ooit

Soms word 'n man (of vrou) laatnag so honger dat sy goeie oordeel hom heel in die steek laat, en terwyl ek nou so terug dink aan sulke ongelukkige voorvalle besef ek met verbasing dat drank gewoonlik betrokke is by sulke geleendhede, maar ek dink dit is bloot toevallig.

(Nie die hot dog onder bespreking nie!)

Laat een aand by die KKNK besluit ons (wie ons is sal verswyg word, net ingeval enige van die ons dalk nog 'n goeie naam het)dat ons nou verwoed honger is, en ons besluit om 'n oop kos stalletjie te gaan soek. Sommige al huppelend, ander iewat meer struikelend, maar almal beur na 'n 24 uur oop Kobus se Gat, wel dit was die inligting van 'n baie onbetroubare bron, miskien 'n ander jaar maar in die jaar 2010 was Kobus se gat so toe soos 'n klei os s'n in die vroeë ogend ure in elk geval.

Ons vind toe wel 'n oop kos stalletjie, die keuse wat ons het is slap chips of 'n hot dog, nou kyk ek is nie 'n groot vienna fan op die beste van dae nie, maar dis laat en ek is honger en ek soek vleis, so ek bestel 'n hot dog, dis toe hier waar die lig vir my aangaan oor waar die naam hotdog vandaan kom, want die worsie wat daar binne was, was defnitief nie van enige dier gemaak wat ek al voorheen geëet het nie, hond het ek nog nie geëet nie, so vermoedelik was dit van hond gemaak, nie iets wat ek jou sal aanbeveel om te eet nie.

Die groot probleem van so slegte hotdog eet, is dat jy besluit om nog wyn te drink om die smaak van die hond uit jou mond te kry, en dan maak die wyn jou weer honger, 'n bose kringloop as jy nou al ooit een gesien het.

Die karakters in bogenoemde storie is totaal fiktief, en geen diere is beseer in die skryf van die storie nie.


Lekker eet


Potjie.

2 comments:

  1. The worst thing about a bad hotdog, it just repeats for hours. Hope the wine worked.

    ReplyDelete