Friday, April 16, 2010

Geurige Kerrie maalvleis

Enige een kan maalvleis braai, kerrie poeier en borrie by gooi en jou vertel dis kerrie maalvleis, kerrie poeier is 'n uitvindsel van die Britte, 'n nasie wat se grootste bydrae tot kook kuns vis en tjips is, wil jy nou sulke mense met jou kerrie vertrou.

Nee, ek het nie so gedink nie, kom ons maak liewer so, kry die volgende gereed.

1 ui gekap
3 knoffel huisies fyn gekap
Handvol vars mint fyn gekap
Handvol vars koljander fyn gekap
700g bees maalvleis
1 teelepel fyn cumin (komyn dink ek in Afrikaans)
1 teelepel borrie
¼ teelepel fyn gemmer
¼ teelepel fyn naeltjies
4 kerrie blare
½ tot 2 teelepels chillie poeier afhangende van hoe sterk jy die kerrie wil he
3 ster anys
½ teelepel fyn cardemon
3 teelepels garam masala
3 tamaties geskil en fyn gekap
3 wortels fyn gesny (pasop jou vingers)
3 medium aartapels in klein blokkies gesny
Sout
Peper
Sonneblom olie
2 teelepels Kapruka Coconut oil

Braai die uie in olie tot sag, voeg al die droƫ speserye behalwe die sout,peper en ster anys by, braai tot die uie 'n donker bruin kleur het. Voeg die maalvleis by, en braai tot bruin, voeg die tamaties by en roer goed deur. Voeg die res van die bestandele by en roer deur, indien dit te droog lyk voeg klein bitjie water by. Brink tot kookpunt, verlaag hitte, en prut to die aartappels sag is. Kyk gereeld dat dit nie droog kook nie, voeg slegs 'n klein bietjie water op 'n slag by indien nodig.

Bedien met rys of vetkoek, as jy nie weet hoe om vetkoek te bak nie, kyk op my Engelse Blog, as jy nie weet hoe om rys te kook nie, kyk agter op die pakkie of bel jou ma.


Lekker eet
Potjie

No comments:

Post a Comment