Thursday, April 29, 2010

Knoffel die vulgeriteit in die slaai van die lewe

"Tomatoes and oregano make it Italian; wine and tarragon make it French. Sour cream makes it Russian; lemon and cinnamon make it Greek. Soy sauce makes it Chinese; garlic makes it good." - Alice May Brock

Photo courtesy of freefoto.com

Gisteraand het ons my skoonsus Christa se verjaarsdag saam met hulle gevier by 'n Italiaanse restaurant by die Grand West casino, en aangesien ek nie 'n restaurant kritikus is nie, is dit nie nodig om name te noem of oor elkeen se kos te skryf nie, nie dat ek enigsins iets slegs oor die restaurant wil skryf nie, in teendeel my pizza was heerlik, lekker dun basis, met fillet strips an soet rissies en rocket leaves met 'n garlic sous, en natuurlik so bietjie vars chillie na die tyd bygesit, afgesluk met 'n bottel rooiwyn.


Maar o wee, vanoggend is 'n ander storie, jy weet jy is in die moeilikheid as jy van knoffel begin droom, daai huisie kry almal voete en hande en met sulke klein spiesies val hulle jou heel nag aan, tot jy in die oggend wakker word in 'n wolk van knoffel. As jy jouself begin ruik na jy knoffel geƫet het, dan weet jy, dalk was dit bietjie oorboord gaan, ek wonder nou of daai klein spiesies nie my vrou was, wat my geskop het om my gesig weg van haar af te draai nie.


Om mee aft e sluit: "Vulgarity is the garlic in the salad of life." - Cyril Connolly


Lekker eet


Potjie

No comments:

Post a Comment