Wednesday, April 7, 2010

Sop vir jou

Terwyl ek gisteraand staan en aartappel, ham en lensie sop maak dink ek aan die grappie van die kelner wat vir die blond gevra het "sop vir jou?", en toe andwoord sy "Nee sop vir jou", toe dink ek sommer aan 'n paar ander onnoselhede ook, maar Ferdie het my so op die vingers getik gister oor ek waag om oor iets anders as kos en resepte op 'n kos blog te skryf dat ek dalk nie verder hieroor moet uitwy nie, maar ons familie het 'n ingebore moedswilligheid wat my weerhou daarvan om vandag oor kos te sktyf, as jy regtig die resep van die sop wil hĂȘ gaan kyk op What's Cooking my ingelse blog.

Ons kom net nie weg die week van die K word af nie, maar gooi sommer die H word ook in terwyl ons nou besig is met moeilikheid maak. Gisteraand op pad huis toe hoor ek op KFM nuus dat die munisipale bestuurder van Stellenbosh by die geleikheidshof aangekla gaan word deur die ANC oor 'n brief wat hy aan iemand ge-email het waarin hy die K en H word gebruik, en dit was nie kos en hoender nie.

Nou , Dozi was ten minste dronk toe hy die K word gebruik het, miskien nie 'n verskoning nie, maar om 'n brief te email waarin jy hierdie woorde gebruik is net bloot onnosel, die man moet tog sekerlik weet dat die oomblik dat hy die "send" knoppie gedruk het is dit uit sy hande waar die brief ooral gaan opeindig. Daar is geen verskoning vir die man nie, maar meer nog as sy rassistiese optrede behoort hy gefire te raak vir onnoselheid, wat op aarde het hy gedink gaan gebeur, of nee wag, dis duidelik dat hy hopeloos te onnosel is om te dink, as ek die ANC was sou ek niks gedoen het hieromtrent nie, met sulke onnosel munisipale bestuurders sal die DA op Stellenbosh hulle self uit bevind kry, geen nodigheid vir inmenning van enige ander aard nie.

Miskien kan ek my more weer by kos bepaal, wie weet.

Lekker eet

Potjie.

No comments:

Post a Comment