Thursday, April 22, 2010

Snoek bakkie babelaas

Gisteraand stop ek langs die pad om snoek te koop om te rook vir my gerookte viskoekie en droë apelkose op 'n patat koekie dis. Daar staan so 4 bakkies met vis, en almal baklei vir jou aandag, maar manne en manninne soos Pieter Pieters altyd gesê het, van die manne is so dronk dat ek bang is hulle sny hulle vingers af as hulle die snoek vlek, toe koop ek maar by die vrou, met al die dronk mans van die ander bakkies agter my aan, een probeer toe wragtig nog een van die vrou se visse steel ook, maar sy is nugter en wakker en toe baie bedonnerd ook, ek dink daai man se kop pyn oor meer as net babelaas vanoggend.

Om vis te rook is nou nie rocket science nie, sorg dat vis droog is, gooi sout en peper, sit in roker en rook tot gaar, hoe lank gaan afhang van jou roker, maar lekker so gerookte snoekie, net so of in 'n slaai, en dan nog smoor snoek more aand, ai man baie dinge wat jy met so snoekie kan doen.

Nou lê daar nog een snoekies in die yskas, ek het appelkooskonfyt en ek het botter en ek het suurlemoene, so ek dink donderdag aand is snoekbraai aand vanaand.

Lekker eet

Potjie

No comments:

Post a Comment