Monday, May 18, 2009

Lewer Wors vir ‘n begin

Vir 'n baie lang ruk speel ek al met die gedagte om vir myself wors te maak, maar dis onmoontlik om vleis te koop en dan wors vir dieselfde prys te maak as wat jy dit in die winkel koop. Laat jou wonder wat is als in daai wors, maar laat ek nou nie weer daaroor begin nie.

Vroulief is baie lief vir lewer, ek is nie 'n vreeslike lewer eter nie, maar dit laat my toe dink, wat van lewer wors maak, dan score ek punte by liefie ek ek kan dit ook eet. My eerste probeerslag was volgens vroulief 'n ongekwalifiseerde sukses, ek het ook vir Wayne van Rudi's sausage deli laat proe, en hy en sy vrou het ook gesê dis heerlik, maar ek is hulle beste kliёnt, so ek weet nie of ek veel notisie daarvan kan neem nie.

Hier is hoe ek dit gedoen het. Sny 500g lamslewer in blokkies, sny +- 150g skaap vetstert vet in blokkies, kap een pakkie bacon fyn, rasper een groot ui. Meng lewer en vet, en sprinkel met speserye, ek het koljander, naeltjies, sout, swart peper, paprika en worcestersous gebruik. Maal die lewer en vet deur jou meul, so grof as moontlik, meng, jou ui en bacon by die maalvleis, en stop in derms. Braai oor medium kole, en voel baie trots op jouself dat jy nou wors braai wat jyself gemaak het.

Lekker eet

Potjie

3 comments:

  1. Klink absoluut yummie en gaan beslis probeer!

    ReplyDelete
  2. As 'n Suid Afrikaanse New Zealander, verlang ons baie na egte boere wors. Ons het 'n bees boud gekoop en ons eie sosatie, knoffel en tradisionele boerewors gemaak - en natuurlik biltong en droe wors.

    In my soeke na 'n lewer wors resep, het ek op jou blog af gekom en ek het vandag jou resep probeer.

    Nou moet ek by se, die vleis verskil baie hier van die Suid Afrikaanse rooivleis omdat hierdie vee hier nie toegang tot so 'n ryk verskeidenheid van bossie het soos in SA nie.

    Skaap vetstert is nie hier bekombaar nie, dus moes ek 'n ander plan maak. Ek hou nie baie van te vetterige kos nie, en het toe maar bietjie brisket vet gebruik in die plek van stert vet.

    Sal laat weet hoe dit geproe het. Ek hou nie daarvan om dieselfde dag die wors te eet wat ek gemaak het nie. Dit ruik egter vorentoe.

    ReplyDelete
  3. Jou wors klink baie lekker ek sit groen pepper en spring eie en jimmy braai sous by en spek baie lekker

    ReplyDelete