Tuesday, January 12, 2010

Ontbeende Koedoe rib

Die koedoe rib het 'n hele tydjie in my vrieskas gelê en wag vir vriend Karl, so groot was die afwagting toe ons uit eindelik daar op die wal van die Olifantsrivier die kans gekry het om die outjie gaar te maak.

Hy is gesout en gepeper en toe vinnig net vir daai aanvanklike braai smaak oor die kole gebraai, en toe saam met rooiwyn, tamatie en uie en 'n knippie chillie en twee piesiangs in die 3 been pot gesit, en toe gesimmer.


Toe die bok rib nou mooi sag gekook is, en die sous in die drie been pot so lekker taai sous geword het, toe sit ons hom terug op die kole, en smeer daai taai sous bo-oor hom, en toe maak ons nog 'n bottle rooiwyn oop, as ek nou reg onthou was daar groente ook, ai! Hoe lus ek nou vir 'n stukkie van daai koedoerib, miskien 'n koedoerib javel, of wat praat ek nou my ou maat.


Lekker eet


Potjie.

2 comments:

  1. Nou waar de joos gaan ek Koedoe rib in Kanada kry? Nie fair dat jy my honger maak en dan kan ek nie die kos maak nie!! H

    ReplyDelete