Friday, June 12, 2009

Weskus Rooi


Laasjaar so met die einde van die somer in sig reel vriend Karl dat 'n hele klomp van ons vir 'n lang naweek in 'n huis in Brittanica Baai gaan woon, en van die somer afskeid neem.

Ons besluit toe om een aand 'n regte weskus kos aand te maak, en ons kry lisensies om mossels uit te haal, ons koop vis en Karl reel by sy pa om vir ons kreef te kry. Vis is in die yskas, die kreef kom saam met Karl se pa van St. Helana Baai af, so al wat oorbly is om die molssels te gaan trap.

So is die hele trop van ons af see toe, ek en Karl wys vir die wat nie weet hoe nie, hoe jy 'n witmossel uit jaaif. Glo my, daai weskus water is koud, as jy daar uit kom, en jy het nie iemand om jou te help soek na wat jy by jou gehad het, toe jy ingegaan het nie, dan is jy in groot moeilikheid.

Uiteindelik kom ons almal half verkluim uit, ons tel die mossels om seker te maak dat ons binne ons lisensie kwota is, en nou gaan ons begin voorberei, eers die mossels in vars water kry, dat hulle die sand wat hulle in al hulle jare onder die sand bymekaar gemaak het kan uitskop. Ek kan nie onthou wie nie, maar iemand het gevra, na ons half verkluim het, en gereed maak om te begin kook, "is julle seker die rooi gety is verby", ons het vit 'n oomblik lank vir mekaar gekyk soos skape, en toe begin rondbel. Vroulief het uitendelik 'n kennis by natuurbewaring in die hande gekry, en die andwoord "Rooigety is nog nie amptelik verby nie", ek is nie seker hoe rooigety amptelik of nie amptelik verby is nie, maar 'n kans met rooigety vat jy nie, so terug see toe is al die mossels.

Ons het gelukkig genoeg vis en kreef gehad, so almal me magies was tot oorlopens toe vol. As jy 'n resep soek vir vars kreef kook, dan is dit maklik, bietjie soutwater en stoom die kreef tot hy bloedrooi is, baie rooier as rooigety rooi, moenie kook in 'n klomp water nie, stoom hom, jy gaan al die poeding weg kook.

Lekker eet

(Seekos) Potjie

No comments:

Post a Comment