Sunday, June 12, 2011

'n Broodjie vir ontbyt, brunch of middag ete

Ek het met brood groot geword, meestal winkel brood, sagte wit winkel brood, sondae aande was hulle vuurwarm afgelewer, en die hele dorp het na warm brood geruik.


Pouse kos was broodjies, middag ete was meestal broodjies (ma het gewerk) en ek wou nooit pap eet nie, so ontbyt was brood, toast met marmite, roosterbrood is die mooi afrikaanse woord, maar ons het dit toast genoem, marmite of anchovy toast, en anchovy was fish spread, nie klein vissies in olie nie.

Ek het nou nog nie regtig brood ontgroei nie, daar is deesdae net meer soorte brood in die winkel, en wie kan 'n vars Franse broodjie weerstaan, oopgesny en gebotter, roket blare, dan tamatie, goed gesout en gepeper, dan chedder kaas, en bo-op dit dun gesnyde ham met 'n smeerselkie mosterd, koningskos my ou maat, koningskos.

Nou gaan ek eers vir my 'n broodjie maak.


Lekker eet

Potjie

Thursday, June 9, 2011

Sunday, June 5, 2011

Ingelegte Beet

Die Maklikste Resep ooit



Kook beet in baie water, met sout en 'n bietjie asyn tot sag. Verwyder skille en sit heel in gesteriliseerde bottels, of sny in skywe as jy dit verkies, as jy regtig moet kan jy dit seker rasper ook, maar ek verkies om kleinerige beet te koop en hulle heel te hou.



Kook stroop om die flesse mee te vul, deur een koppie suiker vir elke koppie asyn wat jy gaan gebruik te meng, kook tot die suiker opgelos is. Vul die bottels beet met die suiker/asyn mengsel, maak seker daar is geen lug borrels in die bottels nie, en dat die sous al die beet bedek. Skroef dig toe en bere tot jy dit benodig.



Lekker eet

Potjie

Friday, June 3, 2011

Brandnetel Tee - You must be joking

Ek lees vandag 'n blog oor 100 goed wat elke omnivoor ten minste een keer in sy/haar lewe moet eet, en tweede op die lys is "Nettle Tea". Ek dink so by myself, maar 'n nettle is mons 'n brandnetel, of brandneukel soos ons dit kleintyd genoem het. Nee dink ek, kannie wees nie, g'n normale of abnormale mens sal tee van daai goed maak nie, jy sal jou binngoed toetentaal en al verwoes deur dit bloot te stel aan daai branderige onkruid.



Ek vat toe maar die woordeboek, en wragtig, dis 'n brandnetel, nou vra ek jou met trane in my navy blou oe, waarom maar waarom sal iemand tee wil maak van brandnetels, as jy regtig wil weet waarvoor mense se dis goed gaan na http://www.teabenefits.com/herbal-tea-benefits/nettle-tea-benefits.html, maar as jy dit gaan drink is dit nie op my aanbeveling nie, dit klink vir my na 'n branderige storie op die beste van dae.



Om die ander 99 goed te sien wat omnivore ten minste een keer in hulle lewe moet eet gaan na http://angeliqueca.wordpress.com/2011/05/26/the-omnivore%E2%80%99s-hundred/ as jy weet wat al 100 is buig ek in algehele respek voor jou, as jy al 100 geeet het, wel ek skat dan kan jy nou maar die tydige met die ewige verwissel.



Lekker eet

Potjie