Monday, June 29, 2009

Fondue

Ons het Vrydagaand vir die eerste keer in omtrent 15 jaar by vriende gefondue. Ek het nie geweet mense besit nog fondue stelle nie, maar toe besef ek, ons het ook nog een in die kas.

Ek weet nie hoe werk fondue in ander lande nie, maar die fondue wat ek ken is 'n klomp olie in 'n pot, 'n klomp opgesnyde vleis en sampioene en dalk groente, (klein rou aartappels werk nie lekker nie, kook hulle maar bietjie voor die tyd) en die sit jy op jou vurkie en alles word in die olie gebraai, stukkie vir stukkie en so kuier almal om die tafel, heel aand, drink lekker en stoot die kolestrol op met al daai olie en dan nog natuurlik die kaas en peper souse. Nou verstaan ek hoe my lyf geraak het soos hy nou is, die fondue storie was gewild in ons jonger dae.

Die een ding wat ek nie verstaan nie, is hoe ek in my jonger dae so "gekuier" geraak het rondom die fondue tafel, die stukkie vir stukkie gebraaiery hou 'n man so besig, jy kry skaars kans vir drink, ek het seker vinniger gedrink terwyl die kos in die olie was daai tyd, gelukkig raak mens bietjie slimmer as jy ouer word, kolestrol aanvalle en babelaas saam gaan nie lekker wees nie.

Lekker eet

Potjie.

No comments:

Post a Comment