Monday, June 15, 2009

Smaaklike Revolusie

Ek lees die naweek in een van liefie se tydskrifte van die "smaaklike revolusie". Nou die revolusie gaan blykbaar daaroor om terug te keer na "slow food" en ek weet nie of mens die term stadige kos kan gebruik nie, dit klink soos stupid kos, miskien 'n koolkop?.

Die idee is om weg te beweeg van kitskos, dit sluit in blikkies kos, pakkies souse, klaargemaakte etes ens. Die wat enigsins plek het, moet 'n groente tuintjie aanlĂȘ verstaan ek, jy maak self jou souse en natuurlik is organiese kos heel voor in die koor. Verstaan my mooi, ek het geen probleem met die idee van organies nie, om die waarheid te sĂȘ, die idee is wonderlik, maar ek was al op organiese markte, waar die groente lyk of dit daar beland het, omdat geen groente winkel dit verkoop sou kry nie, en as jy groener as groen is nie, gaan jy ook nie geld vir daai goed betaal nie.

Die idee van die smaak revolusie staan my aan!, ek gaan aansluit, maar twee goed, ek gaan nie uitgeteerde groente koop omdat hulle organies is nie en ek gaan nog steeds blikkies tamaties koop en dis dit.

Lekker eet

Potjie

No comments:

Post a Comment