Thursday, June 25, 2009

Vissies kop en al

'n Prentjie van Klein, heel vissies het my teruggeneem na 'n hele klompie jare terug. Ek het vir Sandra ontmoet kort na sy in Suid-Afrika aangekom het, sy is Duits en het toe na 'n jaar of wat in Engeland in Suid-Afrika kom werk. Soos die meeste mense wat in daai ongure weer moes leef het sy die sonskyn lewe terdee geniet en so ook my braaiery. Een sonnige somersaand in Tamboerskloof het ek besluit om harders te braai, Sandra het al snoek en kabeljou ensovoorts gehad, maar dit was die eerste aand wat sy 'n kleiner tipe vis sou eet, terwyl ek besig was om te braai het gesien sy lyk nie lekker nie en by inskep tyd sien ek net slaai en braaibroodjies op haar bord. Die visse met hulle koppe aan was een te veel vir haar, ek het toe van die koppe verwyder, maar sy het nog steed maar lang tand geёet, sy het die koppe gesien en dit het die visse "lewe" gegee, wat blykbaar die visse heelwat minder aptydwekkend gemaak het. Ek wonder wat sy van skaap kop as gereg sou dink.

Om 'n harder te braai is eenvoudig, jy hoef nie die skubbe te verwyder nie, jy kan die binnegoed uithaal of as jy skoonpens harders het is dit ook nie nodig nie, gooi buitekant dik met growwe sout, braai oor medium kole, dis dit.

Sandra was 'n paar jaar terug in 'n perdry ongeluk en het ernstige breinskade opgedoen en is terug by haar ma in Duitsland, vanaand drink ek 'n heildronk op sonnige Sandra en die harders, koppe en al.


Lekker eet

Potjie


No comments:

Post a Comment