Thursday, June 25, 2009

Patats en Snoek

So tydjie terug het ek geskryf van 'n artikel in Junie 2009 se Wine Magazine genaamd "Melting Pot", wat oor die gebrek aan innoverende Suid-Afrikaanse kookkuns gaan, veral betreffende kos wat in restaurante bedien word, en ek het ook genoem dat daar 'n paar idees in my kop is , en verder sien ek toe 'n advertensie vir die patat en snoekfees en my eerste skepping word gebore, aangesien ons altyd my ma gespot het, dat hulle op patats en vis groot gemaak is en daar nou so fees is, moet dit tog sekerlik tipies wees van sommige kus streke in ons land.

My eerste gereg is dus 'n patat koekie met 'n gerookte snoek koekie bo op. Ek weet nie of dit tel as restaurant kos nie, maar ek het al vreemder goed op restaurant spyskaarte gesien. Moet nou nie as jy aan die patat koekie dink, aan pampoenkoekies dink nie, die patat koekie kry nie suiker nie, die resep vir die pampoen koekie is soos volg:

500g fyn gerasperde patat

1 teelepel droё uie flokkies

¼ koppie meel

1 groot eier

Sout na smaak

peper na smaak

knippie kaneel

olie vir bak

Meng al die bestandele behalwe die olie en vorm mooi ronde koekies , as die beslag te droog is gebruik nog ''n eier, bak in die olie tot bruin, die olie moet nie so warm wees soos vir aartappelskyfies nie, anders gaan die koekie binne rou en buite verbrand wees.


Gerookte Snoek Koekie

gevlokte gerookte snoek (omtrent soveel as wat 'n blikkie vis is)

1 groot grof gerasperde ui

1 eier

hand vol gekapte koljander blare

sout

peper

ongegeurde brood krummels

+/- 100g meel

olie vir bak

Meng al die bestandele behalwe die broodkrummels en die olie, moenie die vis te fyn maak nie, as die beslag te nat is gebruik nog bietjie meel, as dit te droog is, gebruik nog 'n eier. Vorm koekies wat net so groot is soos die patatkoekies, bedek met die broodkrummels en bak in vlak olie tot gaar en bruin. Plaas bo op die patat koekie en bedien.

My idee was om 'n chutney van suurvye en droё appelkose te maak om saam daarmee te bedien, maar na ek die patat en viskoekies geproe het, is ek bang dat die smaak te sterk sal wees en die ander geure oordonder, miskien propeer ek 'om 'n paar versnipperde droё appelkose by die viskoekies te sit, net vir die appelkoos konfyt en snoek tradiese, of miskien die opgekookde nectarines in rooibostee van die Wine Magazine wat hulle saam met die lams tjops in hulle Junie 2009 uitgawe het.

Laat weet gerus wat julle hiervan dink en nog idees.

Lekker eet

Potjie



No comments:

Post a Comment