Wednesday, June 10, 2009

Ma se Haas

Ek gaan vandag vir julle ''n groot waarheid vertel, sonder om enigsins filosofies te wees soos gister. Jy verneuk nie sommer jou ma nie, jy mag dink jy het haar verneuk, maar hulle weet dinge wat hulle nie sê hulle weet nie.

My gryse ou moeder eet nie makliks iets anders as wat sy al die afgelope 74 jaar eet nie, die enigste ding wat uit die see kom wat sy eet is vis, kreef lyk blykbaar soos iets wat jy met doom moet dood spuit, ai ou moeder. Vleis bestaan uit hoender,skaap en miskien bees of vark, maar ook net soms, enige iets anders is vreemds en behoort nie deur mense geёet te word nie.

Nou kan julle, julleself indink dat ma-goed nie juis ingenome gelyk het, toe ons haar Desember inlig ons kook vanaand haas nie, so ons moet toe 'n plan beraam en ons verkoop toe aan haar die storie dat ons hoenderstukke ook in die pot gesit het en dat ons dit eerste gaan uitskep as die kos gaar is en dan vir haar inskep, sodat sy nie hoef haas te eet nie. Hiedie was natuurlik ''n wolhaarstorie, ma kyk ons baie wantrouerig aan, maar laat ons begaan. Met opskeptyd maak ek 'n groot ding daarvan om die hoender te soek en vir ma in te skep. Ma eet maar langtand, maar sy eet en sê dis lekker, maar dis net die mond wat so sê, sy kyk ons vreeslik beskuldigend aan, maar sê niks.

Volgende oggend gaan speel ek en swaer Gidius golf en ek en hy praat daar oor dat ons nie dink ons het ma regtig gisteraand om die bos gelei nie. Ma en sus Hannelie is Waterfront toe, waar sy blykbaar in die middel van die winkelsentrum vas gesteek het, vir Hannelie in die oё gekyk het en vir haar gesê het: " Julle moet darm dink dat ek 'n bleddie fool is, dat ek sal glo ek het gisteraand hoender geёet", sus kon net lag en ma het seker gemaak dat ons van toe af kook wat ons sê ons kook. Soos ek gesê het, jy verneuk nie sommer jou ma nie.

Sorry ma, sal nie weer nie, belowe J

Die haas resep is dieselfde een waarvan ek al vertel het, uit die snaakse Engelse vertaalde Franse kookboek, die resep is by http://wateetons.yolasite.com/fransehaas.php. Die resep is net so in die Engelse vertaling gelos om niks weg te vat van die vry vertaling uit Frans na Engels.

Lekker eet

Potjie


1 comment:

  1. WHAHA Shame man. Ek kan jou arme ma se gesig voor my sien. Dis nogal wreed

    ReplyDelete