Tuesday, June 30, 2009

Woolies se Koekieresep

Teen die tyd het meer as die helfte van julle seker al die e-mail gekry van die vrou wat 'n koekie resep by woolies wou koop, hulle vra haar toe 250, wat sy dink is R2.50 maar toe R250.00 is. Sien die kopiё van die e-mail hieonder.

Dieselfde email met 'n verskillende resep gaan blykbaar in Engeland rond, so dit lyk na een van daai nonsens emails wat mense vir weet nie nie watter rede sal rondstuur nie, maar dit lyk tog of sommige mense glo die email kan waar wees. My vrou raak baie kwaad omdat ek nie enige ding vir soetkoek wil opeet nie, maar regtig, waar op aarde gaan die kelner die koekie resep in die hande kry, en veronderstel die koekie resep lê daar rond (wat sal beteken die koekies word daar gebak!) is daar 'n afrolmasjien in die kombuis waar sy gou 'n afsrif gemaak het?.

Ok, na die kelner die koekieresep vir die vrou gee, teken sy haar kredietkaart strokie, waarby sy hoopenlik 'n fooitjie vir die kelner sit, sonder om agter te kom sy het R250.00 vir die koekieresep betaal, maar wanneer sy haar kredietkaart staat kry, gaan sy noukerig daardeur en kom agter die Woolies rekening was te veel. As jy dit glo, glo jy ook varke wat red bull drink kan vlieg.

Verder, hoekom op aarde sou die vrou dink, sy kan enige iets vir R2.50 koop, dis is skaars die papier waarop die resep aan haar gegee is se waarde, ek wonder of daar iets in Woolworths is wat R250.00 kos, behalwe koekie resepte nou natuurlik.

As jy glo die email is waar, dan kan jy Evian water ook drink.

"Ever wonder about those people who spend $2 apiece on those little bottles of Evian water? Try spelling Evian backward.

(George Carlin)"

Ns. My vrou glo ook nie die email nie.

E-mail:

"Woolworths, if you don't know already, is a very expensive clothing and supermarket outlet (they sell a typical R50 T-shirt for R150). My daughter and I had just finished lunch at a Woolies Cafe in Hyde Park, Johannesburg. Because both of us are such biscuit lovers, we decided to try the 'Woolies Cookie'. It was so excellent that I asked if they would give me the recipe. The waitress said with a small frown, 'I'm afraid not, but you can buy the recipe.'

I asked how much, and she responded; 'Only two fifty - it's a great deal'

I agreed to that, and told her to add it to my bill.

Thirty days later, I got my Visa statement, and the Woolworths charge was R485. I looked at it again, and I remembered I had only spent R49.95 for two sandwiches and about R120 for a scarf. At the bottom of the statement, it said, 'Cookie Recipe - R250.00'. That was outrageous!

I called Woolworths Accounting Department and told them the waitress had said it was 'two fifty', which clearly does not mean 'two hundred and fifty rands' by any reasonable interpretation of the phrase. Woolworths refused to budge. They would not refund my money because according to them 'What the waitress told you, is not our problem. You have already seen the recipe. We absolutely will not refund your money.'

I explained to the Accounting Department lady the criminal statutes which govern fraud in the state of Gauteng. I threatened to report them to the Better Business Bureau and The Attorney-General's office. I was basically told 'Do what you want. Don't bother thinking of how you can get even, and don't bother trying to get any of your money back.'

I said, OK, you've got my R250, and now I'm going to have R250 worth of fun. I told her that I was going to see to it that every cookie lover in the world with an e-mail account gets a R250 cookie recipe from Neiman-Marcus for free. She replied, 'I wish you wouldn't do that.' I said, 'Well, perhaps you should have thought of that before you RIPPED ME OFF!' and slammed down the phone.

So here it is! Please pass it on to everyone you can possibly think of. I paid R250 for this, and I don't want Woolworths to EVER make another cent from this recipe!

WOOLIES COOKIES

(Recipe may be halved as this makes heaps)

2 (500 ml) cups butter
680 g chocolate chips
4 (1000 ml) cups flour
2 (500 ml) cups brown sugar
2 tsp. (10 ml) Bicarbonate of soda
1 tsp. (5 ml) salt
2 (500 ml) cups sugar
500 g Grated Cadbury chocolate
5 (1250 ml) cups blended oatmeal
4 eggs
2 tsp. (10 ml) baking powder
2 tsp. (10 ml) vanilla
3 cups (375 ml) chopped nuts (optional)

Measure oatmeal, and blend in a blender to a fine powder. Cream the butter and both sugars. Add eggs and vanilla, mix together with flour, oatmeal, salt, baking powder, and bicarbonate of soda. Add chocolate chips, grated Chocolate and nuts. Roll into balls, and place two inches apart on a cookie sheet. Bake for 10 minutes at 180 C.

The above quantities make 112 cookies.

Lekker eet

Potjie

Monday, June 29, 2009

Fondue

Ons het Vrydagaand vir die eerste keer in omtrent 15 jaar by vriende gefondue. Ek het nie geweet mense besit nog fondue stelle nie, maar toe besef ek, ons het ook nog een in die kas.

Ek weet nie hoe werk fondue in ander lande nie, maar die fondue wat ek ken is 'n klomp olie in 'n pot, 'n klomp opgesnyde vleis en sampioene en dalk groente, (klein rou aartappels werk nie lekker nie, kook hulle maar bietjie voor die tyd) en die sit jy op jou vurkie en alles word in die olie gebraai, stukkie vir stukkie en so kuier almal om die tafel, heel aand, drink lekker en stoot die kolestrol op met al daai olie en dan nog natuurlik die kaas en peper souse. Nou verstaan ek hoe my lyf geraak het soos hy nou is, die fondue storie was gewild in ons jonger dae.

Die een ding wat ek nie verstaan nie, is hoe ek in my jonger dae so "gekuier" geraak het rondom die fondue tafel, die stukkie vir stukkie gebraaiery hou 'n man so besig, jy kry skaars kans vir drink, ek het seker vinniger gedrink terwyl die kos in die olie was daai tyd, gelukkig raak mens bietjie slimmer as jy ouer word, kolestrol aanvalle en babelaas saam gaan nie lekker wees nie.

Lekker eet

Potjie.

Thursday, June 25, 2009

Vissies kop en al

'n Prentjie van Klein, heel vissies het my teruggeneem na 'n hele klompie jare terug. Ek het vir Sandra ontmoet kort na sy in Suid-Afrika aangekom het, sy is Duits en het toe na 'n jaar of wat in Engeland in Suid-Afrika kom werk. Soos die meeste mense wat in daai ongure weer moes leef het sy die sonskyn lewe terdee geniet en so ook my braaiery. Een sonnige somersaand in Tamboerskloof het ek besluit om harders te braai, Sandra het al snoek en kabeljou ensovoorts gehad, maar dit was die eerste aand wat sy 'n kleiner tipe vis sou eet, terwyl ek besig was om te braai het gesien sy lyk nie lekker nie en by inskep tyd sien ek net slaai en braaibroodjies op haar bord. Die visse met hulle koppe aan was een te veel vir haar, ek het toe van die koppe verwyder, maar sy het nog steed maar lang tand geёet, sy het die koppe gesien en dit het die visse "lewe" gegee, wat blykbaar die visse heelwat minder aptydwekkend gemaak het. Ek wonder wat sy van skaap kop as gereg sou dink.

Om 'n harder te braai is eenvoudig, jy hoef nie die skubbe te verwyder nie, jy kan die binnegoed uithaal of as jy skoonpens harders het is dit ook nie nodig nie, gooi buitekant dik met growwe sout, braai oor medium kole, dis dit.

Sandra was 'n paar jaar terug in 'n perdry ongeluk en het ernstige breinskade opgedoen en is terug by haar ma in Duitsland, vanaand drink ek 'n heildronk op sonnige Sandra en die harders, koppe en al.


Lekker eet

Potjie


Patats en Snoek

So tydjie terug het ek geskryf van 'n artikel in Junie 2009 se Wine Magazine genaamd "Melting Pot", wat oor die gebrek aan innoverende Suid-Afrikaanse kookkuns gaan, veral betreffende kos wat in restaurante bedien word, en ek het ook genoem dat daar 'n paar idees in my kop is , en verder sien ek toe 'n advertensie vir die patat en snoekfees en my eerste skepping word gebore, aangesien ons altyd my ma gespot het, dat hulle op patats en vis groot gemaak is en daar nou so fees is, moet dit tog sekerlik tipies wees van sommige kus streke in ons land.

My eerste gereg is dus 'n patat koekie met 'n gerookte snoek koekie bo op. Ek weet nie of dit tel as restaurant kos nie, maar ek het al vreemder goed op restaurant spyskaarte gesien. Moet nou nie as jy aan die patat koekie dink, aan pampoenkoekies dink nie, die patat koekie kry nie suiker nie, die resep vir die pampoen koekie is soos volg:

500g fyn gerasperde patat

1 teelepel droё uie flokkies

¼ koppie meel

1 groot eier

Sout na smaak

peper na smaak

knippie kaneel

olie vir bak

Meng al die bestandele behalwe die olie en vorm mooi ronde koekies , as die beslag te droog is gebruik nog ''n eier, bak in die olie tot bruin, die olie moet nie so warm wees soos vir aartappelskyfies nie, anders gaan die koekie binne rou en buite verbrand wees.


Gerookte Snoek Koekie

gevlokte gerookte snoek (omtrent soveel as wat 'n blikkie vis is)

1 groot grof gerasperde ui

1 eier

hand vol gekapte koljander blare

sout

peper

ongegeurde brood krummels

+/- 100g meel

olie vir bak

Meng al die bestandele behalwe die broodkrummels en die olie, moenie die vis te fyn maak nie, as die beslag te nat is gebruik nog bietjie meel, as dit te droog is, gebruik nog 'n eier. Vorm koekies wat net so groot is soos die patatkoekies, bedek met die broodkrummels en bak in vlak olie tot gaar en bruin. Plaas bo op die patat koekie en bedien.

My idee was om 'n chutney van suurvye en droё appelkose te maak om saam daarmee te bedien, maar na ek die patat en viskoekies geproe het, is ek bang dat die smaak te sterk sal wees en die ander geure oordonder, miskien propeer ek 'om 'n paar versnipperde droё appelkose by die viskoekies te sit, net vir die appelkoos konfyt en snoek tradiese, of miskien die opgekookde nectarines in rooibostee van die Wine Magazine wat hulle saam met die lams tjops in hulle Junie 2009 uitgawe het.

Laat weet gerus wat julle hiervan dink en nog idees.

Lekker eet

Potjie



Terwyl ek weg is

As julle lus voel vir 'n bietjie lag terwyl ek my jaar einde agter die rug kry, gaan lag bietjie by http://www.funnyfood1.com/ .

Hier is 'n voorsmakie, party van die grappies is maar flou, maar sommige van myne ook.

The Most Grief


A dietitian was once addressing a large audience in Chicago.
"The material we put into our stomachs is enough to have killed
most of us sitting here, years ago.

Red meat is awful. Soft drinks erode your stomach lining.
Chinese food is loaded with MSG. Vegetables can be disastrous,
and none of us realizes the long-term harm caused by the germs
in our drinking water.

But there is one thing that is the most dangerous of all and we
all have, or will, eat it. Can anyone here tell me what food it
is that causes the most grief and suffering for years after
eating it?"

A 75-year-old man in the front row stood up and said, "Wedding
cake"

Lekker lag

Potjie

Potjie word gevange gehou

Ek skryf die skelpies uit my jaar einde tronk, ek is jammer dat ek al my kook maatjies afskeep, maar een van die dae is ek weer vry om te kook en met julle te speel.

Moet asb. nie ophou inloer nie, dis nog net 'n dag af twee, belowe.

Lekker eet

Potjie

Monday, June 22, 2009

Van Bele - Bela tot Groot Marico

My vriend daar in Gauteng stuur die ander naweek vir my 'n sms, hy is in Bela-Bela (Warmbad) en is besig om kameelperd, wildebees, eland en gemsbok te braai. 'n Kapenaar sal nie sommer herken hy verlang na die ou Transvaal nie, maar op daai oomblik het ek nogal gewens ek was daar, hier is net springbok, en die wildsvleis in Checkers sê "Game" nou weet ek nie, in die yskas waar die skaap en die vark en die bees en hoender lê, staan nie op die pakkies "Farm animals" nie, nou hoekom daar nie op die wild kan staan of dit springbok of eland of vlakvark is nie, kan ek nie verstaan nie.

Ongeag van die feit dat die meeste wild wat ons hier in die Kaap kry springbok is, is springbok darm nie te versmaai nie, so lekker springbok stykie op warm kole, moet nou nie oorgaar maak nie, daar is geen rede hoekom hy droog gebraai moet word nie, miskien 'n springbok nek potjie, as jy nou nie van 'n geloof is wat nie vark mag eet nie, sit 'n stukkie varkspek in, of 'n skaap vetstertjie as jy het, en dan maak springbok saam met vark darm vir jou 'n heerlike wors.

Ek wonder of die mampoer manne daar in die Groot Marico pampoer gebruik om te kook, ek weet daai manpoer het my warm genoeg gemaak om mee te kook, maar sal 'n wildboudjie gemarineer in perske mampoer nie werk nie?, moet net nie oop vlamme naby die bak bring nie, netnou maak jy hom gaar daar in die marinade bak. Herman Charles Bosman se oom Schalk het niks van sulke wilde gedagtes gesê nie, maar hulle het genoeg ander wilde goed aangevang dat ek dink dit is moontlik dat die mampoer hulle kon aanvuur tot sulke slimmighede. Ek en my Gautengse vriend het ons een saterdag aand vasgeloop in 'n heuning mampoer likeur, of so iets, ek dink ons so beter gedoen het om 'n vlakvark boudjie te doen met daai heuning mampoer, ek weet my kop sou beter gevoel het die volgende dag, maar glo my, daai mampoer het gesorg vir 'n hele paar slim planne.


Ek is bly om te hoor na 4 jaar in die Transvaal het my vriend nie pap saam met die wild gemaak nie, hy sê D'aria se marmite broodjie werk heerlik.


Lekker eet


Potjie

Sunday, June 21, 2009

Suid –Afrika se Kos Tradisie



In die Wine tydskrif van Junie 2009 is daar 'n baie interesante artikel met die naam "Melting Pot" wat gaan oor die gebrek aan "fency" Suid-Afrikaanse kos in restaurante, hier en daar sal jy wel wild of een of ander bredie kry, maar die vraag wat gevra word, is waar is die innovasie met Suid-Afrikaanse kos en spesifiek streekskos, dit het my aan die dink gesit en ek het opgekom met 'n paar idees vir Kaap-fusion, wat ek nie vandag met julle gaan deel nie, want ek wil dit eers probeer en dan gaan ek dit openbaar maak. Het enige van julle 'n idee, nie die gewone wild met die en daai sous nie, iets innoverend met kos van Afrika, laat my weet, miskien begin ons 'n nuwe kos tradisie, of beweging.


Die ander interresantheid in die tydskrif is die Pinotage buying guide en die een is spesiaal vir my friend met die skewe blessie, daar is net 5 Pinotage wyne wat 4 en meer sterre kry van die Wine paneel, 2 wat 4 ½ kry en 3 wat 4 kry. Een van die wat 4 kry is die Swartland 2008 Pinotage, teen die ongelooflike prys van R31.00., die ander 4 se pryse is onderskydelik R132, R190, R80 en R225, ways jou net goeie wyn hoef nie duur te wees nie en goeie wyn kan uit die Swartland kom my vriend.


En om die nou 'n volledige "Wine tydskrif''artikel te maak steel ek "Extracks from the Pinotage song, by Koos Kombuis and Beyers Truter"


"Ek weet tannies drink Merlot


En die yappies hou van Cabernet


Jy kan maar sê Shiraz is baas


Maar Pinotage is net die een vir my




Pinotage, ek smaak jou woes


Pinotage, as hy jou slaan dan moet


jy koes


Pinotage, there's no excuse


Pinotage, jou ma se oes...."




Lekker eet


Potjie

Thursday, June 18, 2009

Pampoene op die dak


As daar nou een groente is wat afgeskeep word dan is dit die pampoen, 'n domkop word 'n pampoemkop genoem, pampoene op die dak is 'n simbool van armoede en eenvoud, maar moenie jou laat flous nie, soos die donkie is 'n pampoen 'n wonderlike ding.


Dink aan jou ma se soetpampoen, of pampoen brood of pampoensop en my eie gunsteling pampoen koekies en dis so eenvoudig. Al wat jy nodig het, is 500 mℓ gaar pampoen fyngemaak so 100 mℓ koekmeel, 5 mℓ bakpoeier, 'n knippie sout, 2 eiers geklits, olie vir vlakbraai en kaneelsuiker.


Meng al die bestandele behalwe die olie saam tot ''n slap beslag, gooi olie in pan so 5 cm diep, maak olie warm en braai die koekies aan albei kante tot bruin, dreineer op kombuispapier, strooi kaneelsuiker oor en geniet.


Lekker eet


Potjie

Kfc is Kfc is Kfc of nie

Ek is bietjie onder druk om 'n klomp werk klaar te hê voor die einde van die maand, so ek boikot die slow food revolusie op die oomblik gereeld met aankope by die fast food plekke en KFC is my persoonlike gunsteling.

'n Mens sou nou dink dat KFC moet oral dieselfde proe, dit is tog dieselfde resep, waarskynlik dieselfde voorsiener van hoender ens., maar ek het nou die afgelope week by 2 verskillende Kfc's dieselfde produk gekoop en waar die een so droog soos boombas was, was die ander sag en sappig, soos ek hoender verkies. Nou vra ek jou met trane in my navy blou oё, hoe is dit moontlik. Miskien moet ek 'n gemorskos winkels maak gemors van kos lys opstel, dan lys ons al die droё Kfc's en verbrande McDonalds en boikot hulle.

Tot my druk verlig is by die werk mag julle my dalk nog baie hoor bitch oor kitkos wat verkeerd gegaan het.

Lekker eet

Potjie

Wednesday, June 17, 2009

Stadige Kos

Eergister het, het geskryf oor die smaaklike revolusie en stadige kos (slow food), die amptelike term vir die revolusie is die "slow food revolution" en is 1986 in Italië begin. Carlo Petrini is die stigter en die dryfveer agter die projek, waarvan julle meer kan lees by http://gigipadovani.it/slowfood_revolution_en/ en natuurlik het Amerika nie agtergebly nie en hulle eie weergawe en tydskrif geskep en reël selfs byeenkomste om die beweging te bemark, lees die artikel by http://calorielab.com/news/2008/09/01/slow-food-nation-food-policy/ . Afrika bly self nie agter nie en die revolusie het hier ook posgevat, lees meer van Afrika se revolusie by http://www.africanexecutive.com/modules/magazine/articles.php?article=4272.

Die eerste artikel wat ek op die internet gevind het, was by http://www.slowfoodrevolution.com/, maar ek het so gelag, dat ek nie die artikel ordentlik kon lees nie, die artikel was nie so snaaks nie, maar wel die feit dat hulle 'n advertensie vir scooters pizza op hulle site het, gelukkig het nie een van die ander web werwe sulke teenstrydighede gehad nie.

In kort gaan die revolusie oor die volgende:

  1. Neem verantwoordelikheid vir die land (grond) en verbou kos op 'n verantwoordelike manier (organies)
  2. Die kombuis moet weer die middel punt word van plesier, kultuur en die gemeenskap.
  3. Klem moet gelê word op streeks en seisoenale kos tradisies
  4. Leef stadiger en meer harmonieus

Ek dink die meeste van ons kan saam leef met hierdie 4 punte, maar die ideologie en die praktiese is dikwels wêrelde van mekaar verwyder, as die helfte van Afrika besig is om dood te gaan van honger, hoe oortuig jy mense om nie kuns matige maniere te gebruik om meer kos te produseer nie en is dit moreel regverdig om iemand te oortuig om dit te doen. As die enigste manier om kos te verseker vir Afrika is om geneties gemanipileerde saad te gebruik om die siektes te oorkom, doen ons dit, of groei ons kos stadig en trek ons skouers op, oor die sterwende massas. Waar hou groen op en waar begin wreed, daar is groenes wat sê deur die hongeres te voed help ons net die oorbevolkings probleem van die wêreld aan en doen eintlik niks goeds nie. Dit mag statisties waar wees, maar kan jy met jou familie rondom ''n tafel sit en jou "slow food" eet met die wete dat miljoene sterf oor ons nie die kennis wat ons het gebruik om meer kos vinniger te kweek nie?.

Vir die wat kan tuine aanlê, doen dit asseblief, die wat organies kook en koop, geniet dit, maar boere het 'n morele plig om voedsel te verskaf aan die land, nie net vir 'n klein groepie mense nie, maar vir almal.

Lekker eet

Potjie.

Monday, June 15, 2009

Smaaklike Revolusie

Ek lees die naweek in een van liefie se tydskrifte van die "smaaklike revolusie". Nou die revolusie gaan blykbaar daaroor om terug te keer na "slow food" en ek weet nie of mens die term stadige kos kan gebruik nie, dit klink soos stupid kos, miskien 'n koolkop?.

Die idee is om weg te beweeg van kitskos, dit sluit in blikkies kos, pakkies souse, klaargemaakte etes ens. Die wat enigsins plek het, moet 'n groente tuintjie aanlê verstaan ek, jy maak self jou souse en natuurlik is organiese kos heel voor in die koor. Verstaan my mooi, ek het geen probleem met die idee van organies nie, om die waarheid te sê, die idee is wonderlik, maar ek was al op organiese markte, waar die groente lyk of dit daar beland het, omdat geen groente winkel dit verkoop sou kry nie, en as jy groener as groen is nie, gaan jy ook nie geld vir daai goed betaal nie.

Die idee van die smaak revolusie staan my aan!, ek gaan aansluit, maar twee goed, ek gaan nie uitgeteerde groente koop omdat hulle organies is nie en ek gaan nog steeds blikkies tamaties koop en dis dit.

Lekker eet

Potjie

Friday, June 12, 2009

Weskus Rooi


Laasjaar so met die einde van die somer in sig reel vriend Karl dat 'n hele klomp van ons vir 'n lang naweek in 'n huis in Brittanica Baai gaan woon, en van die somer afskeid neem.

Ons besluit toe om een aand 'n regte weskus kos aand te maak, en ons kry lisensies om mossels uit te haal, ons koop vis en Karl reel by sy pa om vir ons kreef te kry. Vis is in die yskas, die kreef kom saam met Karl se pa van St. Helana Baai af, so al wat oorbly is om die molssels te gaan trap.

So is die hele trop van ons af see toe, ek en Karl wys vir die wat nie weet hoe nie, hoe jy 'n witmossel uit jaaif. Glo my, daai weskus water is koud, as jy daar uit kom, en jy het nie iemand om jou te help soek na wat jy by jou gehad het, toe jy ingegaan het nie, dan is jy in groot moeilikheid.

Uiteindelik kom ons almal half verkluim uit, ons tel die mossels om seker te maak dat ons binne ons lisensie kwota is, en nou gaan ons begin voorberei, eers die mossels in vars water kry, dat hulle die sand wat hulle in al hulle jare onder die sand bymekaar gemaak het kan uitskop. Ek kan nie onthou wie nie, maar iemand het gevra, na ons half verkluim het, en gereed maak om te begin kook, "is julle seker die rooi gety is verby", ons het vit 'n oomblik lank vir mekaar gekyk soos skape, en toe begin rondbel. Vroulief het uitendelik 'n kennis by natuurbewaring in die hande gekry, en die andwoord "Rooigety is nog nie amptelik verby nie", ek is nie seker hoe rooigety amptelik of nie amptelik verby is nie, maar 'n kans met rooigety vat jy nie, so terug see toe is al die mossels.

Ons het gelukkig genoeg vis en kreef gehad, so almal me magies was tot oorlopens toe vol. As jy 'n resep soek vir vars kreef kook, dan is dit maklik, bietjie soutwater en stoom die kreef tot hy bloedrooi is, baie rooier as rooigety rooi, moenie kook in 'n klomp water nie, stoom hom, jy gaan al die poeding weg kook.

Lekker eet

(Seekos) Potjie

Thursday, June 11, 2009

Piesang en Beesstert

Ek het 'n vriend met 'n skewe blessie wat my allerande goed probeer wysmaak, hy kan met vreeslik slimmighede voor die dag kom, soos dat hy nie goedkoop wyn drink nie, gewoonlik sal hy 'n slimmigheid wysraak soos "die lewe is te kort om goedkoop wyn te drink" Hy vergeet dan gewoonlik van die bottels en bottels goedkoop wyn wat ons al saam opgedrink het. 'n Ander slimmigheid waarmee hy al vorendag gekom het, is dat mens nie vrugte in kook kos sit nie. Nou kyk ek is 'n man vir 'n uitdaging, so toe nooi ek my vriend vir 'n kerrie piesang beesstert pot. In die pot gooi jy die piesang vroeg in die kookproses in, die piesang kook heeltemal fyn, dit maak die sous dik en die kerrie het so soeterige smaak. My vriend het maar neus optrekkerig gewees vir die konkoksie, maar toe die ou wegval, toe eet hy hom op 'n saterdagaand, dat hy eers die Dinsdag kans gesien het om weer te eet.

Ek gaan niks sê oor die wyn wat ons daarmee saam gedrink het nie.

Om jou vriende hulle heettemal te laat ooreet maak jy so:

Bestandele

1 Beesstert in skywe gesny

2 Uie

Swart Peper

Sout

Kerriemengsel (besluit of jy kerrie poeier of jou eie mengsel gaan gebruik)

As jy gewone kerriepoeier gebruik vul aan met bietjie koljander/cumin/borrie

3 Loerier Blare

4 Proot Piesangs

Hand vol wortels opgesny

15 Klein aartappeltjie geskil

Olyf Olie

2 Glase Rooiwyn

Metode:

Braai die beesstert stukke in bietjie olie tot lekker bruin en verwyder uit die pot, voeg jou speserye by (behalwe die sout) die olie en dan die uie en braai tot die uie bruin gebraai is.

Onthou die speserye gee hulle meeste geur af as dit in die hitte van die olie gebraai word en baie minder as dit in vloeistof gegooi word na die tyd, daarom braai ons die speserye voor ons die vleis en die vloeistof byvoeg.

Voeg die rooiwyn by en krap enige iets wat aan die pot se boom vassit los, voeg jou vleis by, asook die piesangs en die wortels, voeg sout na smaak by. Die wortels gaan meestal fyn kook en help om die vleis sag te maak en die piesangs gaan heeltemal fyn kook en die sous lekker dik maak.

Sit die stoof stadig, of krap kole weg onder pot, die pot moet net prut, laat die pot vir so 1 ½ tot 2 uur prut, voeg dan die aartappels by, kook tot aartappels sag is, die vleis behoort nou ook lekker sag te wees. Voel of die vleis al redelik sag is voor jy die aartappels bysit en hou die vloeistof in die pot dop, moenie te veel vloeistof nog byvoeg nie, maar as die pot bietjie droog begin word, kan jy bietjie water bygooi.

Bedien met rys, as jy nie in die Kaap woon nie, kan jy seker pap ook daarby eet, ek sal nie weet nie, ons eet nie pap in die Kaap nie.

Lekker eet

Potjie

Wednesday, June 10, 2009

Ma se Haas

Ek gaan vandag vir julle ''n groot waarheid vertel, sonder om enigsins filosofies te wees soos gister. Jy verneuk nie sommer jou ma nie, jy mag dink jy het haar verneuk, maar hulle weet dinge wat hulle nie sê hulle weet nie.

My gryse ou moeder eet nie makliks iets anders as wat sy al die afgelope 74 jaar eet nie, die enigste ding wat uit die see kom wat sy eet is vis, kreef lyk blykbaar soos iets wat jy met doom moet dood spuit, ai ou moeder. Vleis bestaan uit hoender,skaap en miskien bees of vark, maar ook net soms, enige iets anders is vreemds en behoort nie deur mense geёet te word nie.

Nou kan julle, julleself indink dat ma-goed nie juis ingenome gelyk het, toe ons haar Desember inlig ons kook vanaand haas nie, so ons moet toe 'n plan beraam en ons verkoop toe aan haar die storie dat ons hoenderstukke ook in die pot gesit het en dat ons dit eerste gaan uitskep as die kos gaar is en dan vir haar inskep, sodat sy nie hoef haas te eet nie. Hiedie was natuurlik ''n wolhaarstorie, ma kyk ons baie wantrouerig aan, maar laat ons begaan. Met opskeptyd maak ek 'n groot ding daarvan om die hoender te soek en vir ma in te skep. Ma eet maar langtand, maar sy eet en sê dis lekker, maar dis net die mond wat so sê, sy kyk ons vreeslik beskuldigend aan, maar sê niks.

Volgende oggend gaan speel ek en swaer Gidius golf en ek en hy praat daar oor dat ons nie dink ons het ma regtig gisteraand om die bos gelei nie. Ma en sus Hannelie is Waterfront toe, waar sy blykbaar in die middel van die winkelsentrum vas gesteek het, vir Hannelie in die oё gekyk het en vir haar gesê het: " Julle moet darm dink dat ek 'n bleddie fool is, dat ek sal glo ek het gisteraand hoender geёet", sus kon net lag en ma het seker gemaak dat ons van toe af kook wat ons sê ons kook. Soos ek gesê het, jy verneuk nie sommer jou ma nie.

Sorry ma, sal nie weer nie, belowe J

Die haas resep is dieselfde een waarvan ek al vertel het, uit die snaakse Engelse vertaalde Franse kookboek, die resep is by http://wateetons.yolasite.com/fransehaas.php. Die resep is net so in die Engelse vertaling gelos om niks weg te vat van die vry vertaling uit Frans na Engels.

Lekker eet

Potjie


Tuesday, June 9, 2009

Ons eet soos ons Lewe

As ek dink aan hoe die meeste mense kos maak, en hoe die meeste mense lewe, dan is daar 'n baie groot ooreenkoms. Hoe kook jy in die aand, kook jy iets wat regtig lekker is, nie ok nie, and nie iets wat jou huisgesin mee gaan tevrede wees nie, maar iets regtig lekkers, of kook jy omdat julle moet eet. Ek kan ook vir jou vra, is jy gelukkig? Regtig gelukkig, nie tevrede nie, maar gelukkig. Ek sal raai dat die meeste mense kook omdat hulle moet eet, en op die beste is hulle tevrede; en baie is heelwat minder as tevrede.

Die meeste van ons se lewens bevat dieselfde elemente, nie in dieselfde hoeveelhede nie, maar elke element is daar in mindere of meerdere mate. Camellia Panjabi verduidelik in haar "50 Great Curries of India" dat omtrent elke Indiese gereg dieselfde speserye bevat, maar in watter volg orde dit ingesit word, en teen watter hitte en met hoeveel vloeistof bepaal die uiteindelike smaak van die dis. Dit is presies soos ons lewens, watter elemente gee ons die meeste prioriteit, watter element is daar as ons in die warm water is, watter een gee ons laaste en ook die minste aandag aan, al hierdie speserye van die lewe bepaal uiteindelik hoe gelukkig ons lewens gaan wees, of nie gaan wees nie.

Ons het een Sondag middag by 'n familie ete vir almal gevra, wat sal die laaste dis wees, wat jy in jou lewe op aarde wil eet. Soos ek tevore al gesê het, my laaste dis is eenvoudig, dit moet gebraaide galjoen wees, maar nie een enkele persoon rondom daai tafel het iets regtig eksoties gekies nie, ek het dieselfde vraag op die facebook groep gevra, en dieselfde resultate, die meeste mense wil iets eenvoudig en smaakvol he. Die meeste van ons jaag na iets groots, iets wat altyd net so buite ons bereik bly, maar as ons aan ons laaste maaltyd op aarde dink dan is dit skielik iets eenvoudig, amper aards as ek dit so kan stel. Hoekom sal dit so anders as die res van ons lewens wees, is die waarheid nie opgesluit in die antwoord wat ons gee, as ons ons laaste maaltyd kies nie, dat dit die eenvoudige dinge in die lewe is, wat ons op die einde gelukkig maak.

Die ou mense het altyd gesê dat alles met 'n te voor aan, behalwe tevrede is sleg, vandag sê ek, van alles met 'n te voor aan, is tevrede die heel slegste, wees gelukkig, en gooi tevrede weg, verban dit uit die woordeboek vir ewig, kook om lekker te kook, lag uit jou maag uit, drink champagne net omdat jy lewe, en wys die mense rondom jou jy is lief vir hulle, en moenie toelaat dat enige iemand jou ongelukkig maak nie.

Lekker eet

Potjie

Sunday, June 7, 2009

Gerookte Salm lekkerte





My sus Hannelie is net so lief vir kook soos ek, en wanneer ek en sy by mekaar is (dis min sy woon in Kanada) kook ons gewoonlik 'n storm los, maar ek weet my disrespek vir resepte irreteer haar grensloos, al hou sy dit binne. Die sussie van my is baie georganiseerd, ek nou nie eintlik nie, ons hou altwee baie van kook, maar ek hou baie meer van eet as sy, daarom dat dit lyk of ek al haar kos opgeёt het toe ons klein was. Sussie-goed bring sulke bokse gerookte salm saam van Kanada af as hulle kom kuier, die goed kan maande lank buite die yskas hou, en ek sien amper net so baie uit na die salm as na haar koms in dia maande voor sy weer "huis" to kom. (Net 'n grappie sussie) Die salm is 'n heel stuk vis fillet, nie die dun gerookte stukke wat ons aan gewoond is nie, seker so 300 tot 400 gram per boks.



Die manier wat sy ons die salm leer eet het, en ons weer ons vriende op getrakteer het, met die bokse wat sy gebring het is soos volg. Jy neem 'n kraak beskuitjie (ek dink dis afrikaans vir cracker) jy sit gladde ongegeurde roomkaas bo-op, dan dun gesnyde rooi uie, 'n paar kappertjie sade, dan 'n stuk van die gerookte salm fillet, swart peper en 'n skoot suurlemoensap, en dan mond toe, geniet saam met 'n glas van jou gunstelling wyn, maar ek moet bieg, saam met 'n glas cap classic, terwyl jy die son oor die Atlantiese oseaan sien sak, dis spesiaal verby, en as daai bottel cap classic nou 'n bottel Kaapse Vonkel van Simonsig is, dan is jy baie naby aan die hemel.



Ek hoop nou ek het alles reg hier, en het niks bygevoeg of weggehaal nie, sussie kan moeilik raak.



As die somer nou weer kom, gaan ek kyk watter Suid Afrikaanse vis werk hiervoor, want sussie kom kuier te min na my sin, en salm is duur hier aan die suid punt van Afrika.



Lekker eet



Potjie

Thursday, June 4, 2009

Roekelose oorvloed

Daar is 'n engelse gesegde wat iets sê soos "you should cook and love with reckless abandon ". Nou daarop sal ek drink.

Ek dink my viskoekies van gisteraand tel as "reccless abandon", dis nou as die afrikaanse vertaling roekelose oorvloed sal wees, aangesien salmon vars te duur vir my beursie is, gebruik ek geblikte pink salmon "fancy" sê dit op die blik. As ek die dis moet beskryf sal dit wees, 2 sampioen, salmon viskoekie op aartappel koekie, maar dis te lank, so ek doop dit 'n oorvloedige viskoekie.

Jy het nodig:

Vir die Aartappel Koekie:

3 Groot Aartappels

1 Eier

2 Skeppe gekapte peppadews

Melk

Sout en Peper

Vir die Viskoekie

1 Blik "Fancy" pienk Salmon

1 Eier

2 Eetlepels Meel

1 Groot gerasperde ui

Vars Koljander Blare

3 Eetlepels coconut melk

Knippie Cumin

Knippie Neut

Sout en Peper

Broodkrummels

Vir Extra

Groot bruin sampioene

Klein (button) sampioene

Rooi ui

Teelepel Kappertjie saad

Bietjie coconut Melk

Een teelepel meel

Metode:

Om die aartappel koekies te maak

Kook geskilde aartappels tot net gaar, breek met vurk in growwe stukke, meng met uier, peppadews, en klein bietjie melk, voeg sout en peper na smaak by, bak to goud bruin in muffin pannietjies, of iets soortgelyk, teen 180 grade.

Viskoekie

Meng al die bestandele behalwe die broodkrummels, vorm koekies en rol in brood krummels, bak in vlak olie oor medium hitte, tot die krummels 'n mooi goue kleur het.

Extra

Breek die stingel van die groot bruin sampioen uit, sonder om die sampioen te breek, braai in botter tot gaar.

Sny rooi ui in dun skywe, braai in olie, voeg "button" sampioene en kappertjie saad by, braai alles tot gaar, voeg so 5 eetlepels van die coconut melk by, en klein bietjie meel (so 1 teelepel) laat verduk, en kook goed deur.

Rangskik viskoekie, dan bruin sampioen bo op, viskoekie bo op die sampioen en gooi die sampioen, rooi ui en kappertjie saad sous bo oor.

Lekker eet

potjie




Geblikte Tamatie – Is ‘n wonderlike ding

As daar nou een geblikte ding in jou kas moet wees, dan is dit tamatie, dis nou in elk geval as jy so lief soos ek is vir pasta met 'n tamatie gebasseerde sous, of vir daai Italiaanse vis wat ek nou die dag van geskryf het. En nie sommer net een soort nie, nee daar moet gekapte tamaties in 'n blik wees, en heel geskilde tamaties in 'n blik en dan een van my nuutste gunstellinge Woolies (dis nou Woolworths) se geblikte "Italian whole cherry tomatoes".

As jy 2 blikke tamaties en van Rudi's Sausage Deli se wors in jou huis het, dan het jy 'n pasta sous wat net wag om te gebeur. Gistraand was dit so in my huis, 2 blikke gekapte tamaties, 'n handvol van Rudi's Sausage Deli se Polska Kielbasa in skyfies gesny, so skud olyf olie, een koppie rooiwyn, 10 ontpitte fyn gekapte groen olywe, swart peper, sout en origanum, gooi alles in 'n potjie en kook lekker deur, tot die sous so lekker lyk dat jou tone omkrul, dan kook jy jou gunstelling pasta, en skep die sous daaroor, gooi vir jou nog 'n glas rooiwyn en laat die behaaglikheid oor jou spoel.

Vir julle wat te ver is om by Rudi's te kan koop (hulle is saterdae by die slow food market by Willowbridge en Bosmans crossing in Stellenbosch), ek voel so jammer vir julle, maar probeer maar iemand vind wat kan wors maak, miskien is daar êrens naby 'n verlore Fransman of Italianer, selfs 'n Duitser, wat hiedie volksvreemde worse kan maak, en as daar is, moet dit nie geheim hou nie, vertel vir ons ook.

Lekker eet

Potjie

Wednesday, June 3, 2009

Pannekoek

As daar nou een ding is wat ek net nie regkry om ordentlik te doen nie, dan is dit pannekoek bak. Ek het al gedink dis my deeg, en toe pannekoek "mix" gekoop, maar nog steeds breek ek meer pannekoek as wat daar heel bly. Miskien as ek vir my 'n pannekoek groote teflon pan kry sal dit werk, ek besit net yster en gietyster panne, en een stok ou alluminium pan, en hy moet gewoonlik doen vir pannekoek, want die ander is of te groot, of te swaar. Dit gaan my verstand te bowe hoe die basaar tannies, pannekoek na pannekoek perfek kry. Ek is darm blykbaar nie al een wat sukkel met pannekoek maak nie, in die huidige Taste Magazine skryf ene Sam Woulidge oor pannekoek, en noem vlugtig dat sy ook geen suksesvolle pannekoek bakker is nie.

Maar die rede hoekom ek hier by pannekoek kuier vandag is egter meer oor Sam Woulidge se artikel in Taste as oor my groot liefde of lus vir pannekoek. Sy roep haar herrinneringe op van pannekoeke geёet saam met vriende, onder andere ook met vriende nie meer met ons nie. Ek moet bieg ek het trane in my oё gehad na ek die artikel gelees het. Sam as jy ooit die lees, weet dat ek elke keer as ek van nou af 'n pannekoek eet aan jou sal dink, en in my hart vra vir die wat daar by jou vriende is om hulle liefde van jou te stuur. Die artikel is genaamd "Confessions of a hungry woman - Sam Woulidge's pancakes are rich with the memories of good times"

Ek dink die meeste van ons het stories soos Sam om te vertel, die pannekoek mag dalk 'n iets anders wees, maar daar is daai herrinnering aan vriende en familie, sommige nie meer met ons nie, wat nooit sal vergaan nie. Moet nie vir 'n oomblik dink die artikel is net snot en trane nie, inteendeel dit gaan oor goeie tye. Vir die van julle wat die Taste koop, moet groot asseblief nie die artikel perongeluk mis lees nie, die van julle wat dit nie koop nie, gaan koop die boek al is dit net die een keer, ek het lanklaas iets gelees wat my so aangeraak het, miskien raak ek nou emosioneel hier in my veertigs. Vir julle wat oorsee is, en die artikel graag wil lees, laat weet my, dan vra ons vir Woolies en Taste of ons 'n plan kan maak, ek wil darm nie artikels van 'n tydskrif wat nog op die rakke is "steel" vir my blog nie.

En aangesien ons nou met pannekoek besig is, het ek vir julle 'n resep gaan soek, maar ek glo julle sal verstaan dat ek nie die resultate kan waarborg met my pannekoek agtergrond nie.

Pannekoek Resep:

Bestandele:
5 koppies koue water
1/4 koppie olie (nie te veel nie)
3 eetlepels asyn
6 eiers
3 koppies meel
3 teelepels bakpoeier
1/2 teelepel sout

Metode:
1. Klits al die vloeistowwe saam.
2. Sif die droë bestandele saam en voeg bietjie vir bietjie by.
3. Klits baie goed.
4. Bak die eerste pannekoek in 'n bietjie olie.
5. Sprinkel met kaneelsuiker, rol op, en geniet!

Lekker eet

Potjie









Tuesday, June 2, 2009

Groentesop Resep

So tydjie terug het ek geskryf dat ek nie heeltemal seker is of mens so ding soos 'n groentesop resep kry nie, maar soveel mense het al hier beland omdat hulle gesoek het na 'n groentesop resep, en dan word hulle baie geirreteerd ondat ek my slim hou, en hulle nog steed groentesop reseploos is. So ek het besluit om op te maak vir al die kere wat ek gevloek is oor die stukkie wysheid en 'n groentesop resep in die hande te kry, en dit hier te plaas. Dit lyk in elk geval nie of dit gou in die Kaap gaan ophou reёn nie,en die sneeu begin so plek plek val in die Ceres berge, so nog baie mense gaan wil groentesop maak in die volgende maand of drie.

Die resep kom van die website van Sarie gedateer Julie 2007

  • 2 uie, in skywe gesny
  • 3 huisies knoffel, fyngekap
  • 30 ml botter
  • 50 ml olyfolie
  • 8 wortels, in blokkies gesny
  • 4 selderystokke, gekap
  • 2 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 2 lourierblare
  • 10 ml droë gemengde kruie
  • 20 g tamatiepasta
  • 2 ½ liter water
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

    Verhit die botter en olie in 'n groot kastrol. Braai die uie en knoffel saam tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die wortels, seldery en aartappels by. Braai die groente saam vir so 10 minute. Voeg die geblikte tamatie, tamatiepasta, lourierblare, gemengde kruie en water by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Bring tot kookpunt en laat stadig kook vir minstens 6 ure. Vul aan met water indien nodig.

    My persoonlike probleem met die resep hierbo is dat daar geen vleis in die sop is nie, ek sou 'n paar stukke beesnek of skeen bietjie bruinbraai saam met die uie en knoffel, en dan die res van die bestandele byvoeg, en dan lank kook, kook tot die vleis los van die been is, en kry 'n lekker broodjie reg om saam met die sop te eet.

    As jy nie 6 ure het om sop te kook nie, gebruik 'n druk koker, en jaag hom aan, soms wil mens darm sop in die week ook kook.

    Lekker eet

    Potjie.


     

Monday, June 1, 2009

Die Braaibroodjie



As daar nou een ding is wat 'n hewige debat kan veroorsaak rondom 'n braaivleis vuur is dit braaibroodjies. Dit is veronderstel om 'n eenvoudige ding te wees, maar o wee, die gemoedere kan opvlam, mens kan sweer dit het met politiek of godsdiens te doen, maar vir sommige is dit baie meer belangrik as dit.


Ek het groot geword met 'n braai broodjie wat bestaan uit twee snye wit brood, botter of margerine, tamatie en uie, en natuurlik sout en peper. Erens het kaas by gekom, en dit op sy eie kan 'n groot argument word. My ou maat Karl sweer hy is die braai broodjie koning, en ek weet hy gebruik cheddar, daar is nou die gourmet manne en vroue wat mozzerella opsit, daai goed hoort op pizza's en pasta, nie op 'n braai broodjie nie as jy my vra.


'n Ander gewoonte wat kop uit gesteek het, is om chutney op die brood te smeer, met nog steeds die kaas,tamatie en uie, glad nie sleg nie, nou kort ons nog net 'n pattie dan het ons 'n hamburger!. Chutney word dan ook vervang met chillie sous, as julle so aangaan dan word die tamatie seker een van die dae vervang met tamatiesous.


Die belangrikste bestandeel is die brood, en die vraag is wat se wit brood om te gebruik, en let op, ek sê, wat se WIT brood, waar julle aan julle nonsens kom om braai broodjies te maak met bruin brood weet nugter. Stoney glo dat net 'n "dumpy" wit brood sal werk, as jy nou regtig 'n goeie braai broodjie wil maak, as ek reg onthou gebruik Karl daai "toaster" broodjie, miskien kan hy sy stem laat hoor.


As ek nou nie vir Steyn hier tussen die braai brood manne noem nie, sal hy baie ongelukkig voel want nes Karl glo hy, dat hy die braai broodjie koning is, ek dink ek gaan hom en Karl Desember 'n braai broodjie "braai-out" laat hou, dan kan ons sien wie kan praat en wie kan braai. Vriend Steyn is een van die straigt en narrow (veral straight as julle nou weet wat ek bedoel) hy sal nie souse op sy broodjies gooi nie.


Die laaste maar die belangrikste is dat die goed binne in die broodjie moet gaar wees, sonder dat jy die brood verbrand het, daarom braai jy hom laaste, as die kole nog baie warm is, braai die bleddie brood dan hoёr, moet nou net nie so min kole oor hê, dat jy dit in die oond moet toast nie, dan is dit toast, nie braai broodjies nie, en broodjies waarvan jy die swart moet afkrap, is verbrand, gooi weg en probeer weer.


Laaste ding, net omdat jy dit op die vuur gaar gemaak het, maak nie van 'n appelkoos konfyt broodjie 'n braai broodjie nie, sorry swaer Gidius, maar ten minste het die Bulle die super 14 gewen, al ken julle nie van wat 'n regte braai broodjie is nie, en die is nie 'n uitnodiging om aanmerkings oor die Stormers te maak nie, ons weet presies hoe treurig hulle is.


'n Ordentlike braai broodjie bevat dus die volgende:


2 Snye ordentlike wit brood


Tamatie en Uie


Cheddar Kaas


Botter


Sout en peper


En om mee af te sluit, ek het 'n engelse meisie gehad wat die botter op die buite kant van die brood gesmeer het, die bleddie ding gaan nie getoast word nie, die botter kom aan die binnekant, en dis dit.


Lekker eet


Potjie