Sunday, June 7, 2009

Gerookte Salm lekkerte





My sus Hannelie is net so lief vir kook soos ek, en wanneer ek en sy by mekaar is (dis min sy woon in Kanada) kook ons gewoonlik 'n storm los, maar ek weet my disrespek vir resepte irreteer haar grensloos, al hou sy dit binne. Die sussie van my is baie georganiseerd, ek nou nie eintlik nie, ons hou altwee baie van kook, maar ek hou baie meer van eet as sy, daarom dat dit lyk of ek al haar kos opgeёt het toe ons klein was. Sussie-goed bring sulke bokse gerookte salm saam van Kanada af as hulle kom kuier, die goed kan maande lank buite die yskas hou, en ek sien amper net so baie uit na die salm as na haar koms in dia maande voor sy weer "huis" to kom. (Net 'n grappie sussie) Die salm is 'n heel stuk vis fillet, nie die dun gerookte stukke wat ons aan gewoond is nie, seker so 300 tot 400 gram per boks.



Die manier wat sy ons die salm leer eet het, en ons weer ons vriende op getrakteer het, met die bokse wat sy gebring het is soos volg. Jy neem 'n kraak beskuitjie (ek dink dis afrikaans vir cracker) jy sit gladde ongegeurde roomkaas bo-op, dan dun gesnyde rooi uie, 'n paar kappertjie sade, dan 'n stuk van die gerookte salm fillet, swart peper en 'n skoot suurlemoensap, en dan mond toe, geniet saam met 'n glas van jou gunstelling wyn, maar ek moet bieg, saam met 'n glas cap classic, terwyl jy die son oor die Atlantiese oseaan sien sak, dis spesiaal verby, en as daai bottel cap classic nou 'n bottel Kaapse Vonkel van Simonsig is, dan is jy baie naby aan die hemel.



Ek hoop nou ek het alles reg hier, en het niks bygevoeg of weggehaal nie, sussie kan moeilik raak.



As die somer nou weer kom, gaan ek kyk watter Suid Afrikaanse vis werk hiervoor, want sussie kom kuier te min na my sin, en salm is duur hier aan die suid punt van Afrika.



Lekker eet



Potjie

No comments:

Post a Comment