Wednesday, June 17, 2009

Stadige Kos

Eergister het, het geskryf oor die smaaklike revolusie en stadige kos (slow food), die amptelike term vir die revolusie is die "slow food revolution" en is 1986 in Italië begin. Carlo Petrini is die stigter en die dryfveer agter die projek, waarvan julle meer kan lees by http://gigipadovani.it/slowfood_revolution_en/ en natuurlik het Amerika nie agtergebly nie en hulle eie weergawe en tydskrif geskep en reël selfs byeenkomste om die beweging te bemark, lees die artikel by http://calorielab.com/news/2008/09/01/slow-food-nation-food-policy/ . Afrika bly self nie agter nie en die revolusie het hier ook posgevat, lees meer van Afrika se revolusie by http://www.africanexecutive.com/modules/magazine/articles.php?article=4272.

Die eerste artikel wat ek op die internet gevind het, was by http://www.slowfoodrevolution.com/, maar ek het so gelag, dat ek nie die artikel ordentlik kon lees nie, die artikel was nie so snaaks nie, maar wel die feit dat hulle 'n advertensie vir scooters pizza op hulle site het, gelukkig het nie een van die ander web werwe sulke teenstrydighede gehad nie.

In kort gaan die revolusie oor die volgende:

  1. Neem verantwoordelikheid vir die land (grond) en verbou kos op 'n verantwoordelike manier (organies)
  2. Die kombuis moet weer die middel punt word van plesier, kultuur en die gemeenskap.
  3. Klem moet gelê word op streeks en seisoenale kos tradisies
  4. Leef stadiger en meer harmonieus

Ek dink die meeste van ons kan saam leef met hierdie 4 punte, maar die ideologie en die praktiese is dikwels wêrelde van mekaar verwyder, as die helfte van Afrika besig is om dood te gaan van honger, hoe oortuig jy mense om nie kuns matige maniere te gebruik om meer kos te produseer nie en is dit moreel regverdig om iemand te oortuig om dit te doen. As die enigste manier om kos te verseker vir Afrika is om geneties gemanipileerde saad te gebruik om die siektes te oorkom, doen ons dit, of groei ons kos stadig en trek ons skouers op, oor die sterwende massas. Waar hou groen op en waar begin wreed, daar is groenes wat sê deur die hongeres te voed help ons net die oorbevolkings probleem van die wêreld aan en doen eintlik niks goeds nie. Dit mag statisties waar wees, maar kan jy met jou familie rondom ''n tafel sit en jou "slow food" eet met die wete dat miljoene sterf oor ons nie die kennis wat ons het gebruik om meer kos vinniger te kweek nie?.

Vir die wat kan tuine aanlê, doen dit asseblief, die wat organies kook en koop, geniet dit, maar boere het 'n morele plig om voedsel te verskaf aan die land, nie net vir 'n klein groepie mense nie, maar vir almal.

Lekker eet

Potjie.

No comments:

Post a Comment