Tuesday, June 2, 2009

Groentesop Resep

So tydjie terug het ek geskryf dat ek nie heeltemal seker is of mens so ding soos 'n groentesop resep kry nie, maar soveel mense het al hier beland omdat hulle gesoek het na 'n groentesop resep, en dan word hulle baie geirreteerd ondat ek my slim hou, en hulle nog steed groentesop reseploos is. So ek het besluit om op te maak vir al die kere wat ek gevloek is oor die stukkie wysheid en 'n groentesop resep in die hande te kry, en dit hier te plaas. Dit lyk in elk geval nie of dit gou in die Kaap gaan ophou reёn nie,en die sneeu begin so plek plek val in die Ceres berge, so nog baie mense gaan wil groentesop maak in die volgende maand of drie.

Die resep kom van die website van Sarie gedateer Julie 2007

  • 2 uie, in skywe gesny
  • 3 huisies knoffel, fyngekap
  • 30 ml botter
  • 50 ml olyfolie
  • 8 wortels, in blokkies gesny
  • 4 selderystokke, gekap
  • 2 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 2 lourierblare
  • 10 ml droë gemengde kruie
  • 20 g tamatiepasta
  • 2 ½ liter water
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

    Verhit die botter en olie in 'n groot kastrol. Braai die uie en knoffel saam tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die wortels, seldery en aartappels by. Braai die groente saam vir so 10 minute. Voeg die geblikte tamatie, tamatiepasta, lourierblare, gemengde kruie en water by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Bring tot kookpunt en laat stadig kook vir minstens 6 ure. Vul aan met water indien nodig.

    My persoonlike probleem met die resep hierbo is dat daar geen vleis in die sop is nie, ek sou 'n paar stukke beesnek of skeen bietjie bruinbraai saam met die uie en knoffel, en dan die res van die bestandele byvoeg, en dan lank kook, kook tot die vleis los van die been is, en kry 'n lekker broodjie reg om saam met die sop te eet.

    As jy nie 6 ure het om sop te kook nie, gebruik 'n druk koker, en jaag hom aan, soms wil mens darm sop in die week ook kook.

    Lekker eet

    Potjie.


     

2 comments:

  1. Ek stem saam, sop moet vleis in he

    ReplyDelete
  2. This soup is delicious! i live in the middle east and mis south african cooking!!!! thank you!

    ReplyDelete