Wednesday, March 24, 2010

Skaapkop in die oond

Elke jaar moet jy ten minste een ding doen wat jy nog nooit voorheen gedoen het nie, so die naweek het ek besluit dis sulke tyd, wat sal ek doen? uit 'n vliegtuig spring, Mount Everest aandurf, skaapkop gaarmaak, ja dit klink na 'n goeie plan, beter as die ander twee in elk geval, so maandag was dit sulke tyd.


Veel van 'n resep kan ek nie gee nie, dis 'n goed skoongemaakte skaapkop, sout, peper en tinfoil in 'n vooraf verhitte oond so 180˚ vir ten minste 3 ure, loer en voel of die wang vleise sag voel, bak nog as dit nie sag is nie, wanneer die ou dan sag is, haal hom uit, kap hom in die helfte en val weg met jou knipmes. As ek moet verduidelik hoe hy smaak sal ek sê die meeste smaak soos 'n lekker vet skaap rib, die oë soos murg, die tong soos tong en die harsings soos harsings.

Dit is nie die soort van ding wat jou hart spesialis jou sal aanbeveel om te eet nie, dis 'n ryk en vetterige affere, maar lekker as jy die skaap wat jou so aanstaar kan verduur.


Aan alle skaapkop guldes, as ek nie met genoeg respek gepraat het van die skaapkop nie, vra ek by voorbaat onverskoning, ek weet julle manne en vroue vat 'n skaapkop ernstig op.

Daar is net een ding wat my pla, van ons die skaap koppe geëet het, stap my vrou al agter my aan, ek wonder wat aangaan.

Lekker eet

Potjie

9 comments:

  1. Jy's brawer as ek! Ek dink ek sal daai skaapkop net een kyk gee as hy my so aankyk vanaf die bord en dan omdraai en weghardloop.

    ReplyDelete
  2. Haai, waar kry mens 'n kaapskop, of beter nog net harsings? Ons is in stellenbosch en die plaaslike slagters kan ons klaarblyklik nie rerig help nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Kom Kalahari toe! Upington, Hotazel....jy kry hom hier! Of die Hantam, Calvinia.....of Namakwaland erens.

      Delete
  3. Ek het my skaapkop by Calvinia slaghuis in Bellville gekoop.

    ReplyDelete
  4. Het j dalk 'n nommer van die Calvinia slaghuis in Bellville, of waar presies sit dit. Byvoorbaat dankie

    ReplyDelete
  5. Ja nee kyk, dis nou n delacasy die Skaapkop eetery! Ons het maar met dit groot geword, moes op die plaas vakansies eet wat op die tafel gesit word. Vandag het ek self een in die oond, die dat ek op die bladsy afgekom het. Ons kry dit baie hier in Dundee KZN maar ons slaghuis maak skoon en sny dan klaar in stukke op. Ek was baie teleurgesteld maar eet wou ek eet toe koop ek maar. Bak nou in die casarole met aartapels, uie en kerrie sousie.

    ReplyDelete
  6. Het gister 4 skaapkoppe teen R40 elk by Fruit en Veg in Bellville gekoop. Advertensie was foutief,moes R40 per kilo lees!My gelukkie! Nou net opeet.

    ReplyDelete