Thursday, March 4, 2010

Aartappel suurdeeg brood

Ek wou nog altyd probeer om 'n aartappel suurdeeg broodjie te bak, maar my geduld laat my gewoonlik in die steek, want jy moet eers die aartappel suurdeeg maak, en dit gaan nie minder as 6 ure, of selfs oornag neem nie.

Maar laas naweek het ek dit gedoem. Donderdag aand het ek die aartappel suurdeeg gemaak deur twee medium aartappels te kook tot sag, haal dit uit die water maar moenie die water weggooi nie. Mash die aartappel baie fyn, druk deur 'n sif om seker te maak dit is fyn genoeg, gooi die water terug by die mash, voeg 'n bietjie sout en twee of drie teelepels suiker by en meng goed, gooi dan een pakkie kits suurdeeg by, gooi alles in 'n fles, en bere in 'n warm plek, die konkoksie moet lekker borrel en skuim dan weet jy dis reg.


Gebruik die mengsel as 'n gedeelte van jou water wanneer jy jou brood deeg aan maak. Verder maak jy nes vir 'n gewone wit brood, die brood sal wel anders ruik as 'n gewone suurdeeg brood, dis die aartappel gis wat daar praat.


Wanneer jy die broodjie met lekker dik botter op geniet sal jy weet die bietjie meer moeite was die moeite werd.


Lekker eet
Potjie

4 comments:

  1. Hoeveel water by aartappel? Hoeveel gis by hoeveel meel?

    ReplyDelete
  2. Gooi genoeg water by dat die mengsel omtrent soos panekoek deeg lyk. Vir 1kg meel kan jy so derde van bogenoemde gebruik.

    ReplyDelete
  3. Hi- Op soek na OU SUURDEEG BROOD RESEP -Volstruis

    ReplyDelete
  4. Hoe lank moet hy bak, kan mens rou aartappels gebruik

    ReplyDelete