Friday, March 5, 2010

Braai jou rib langs die vuur

Wat kan dan nou beter wees as 'n braai na 'n snikhete dag soos gister hier in die Kaap. Maak 'n vuur en neem 'n glasie wyn terwyl die son in die weste verdwyn.

Kry vir jou 'n makefter waarin jy jou rooster op sy sy kan sit langs die vuur, op die manier gaan die vet nie in die vuur drup en aanmekaar vlamme maak nie, en jy kan terwyl die vuur brand die rib lekker langs die vuur braai, sodoende kan jy heelaand langs die vuur sit, maar nogtans kom die vleis gaar.


As jy dalk 'n vark pens (belly) daar het, sprinkle bietjie mosterd poeier oor hom, an dan 'n goeie skoot growwe sout en swart peper, plaas hom in die rooster, sit die rooster in die makefter wat die rooster langs die vuur gaan staan maak, en geniet jou wyntjie.

Hoe lank? Nee my maat, ek weet mons nou nie hoe warm jou vuur is nie, jy sal maar self moet besluit wanneer die outjie gaar is, maar een stukkie raad wat ek jou wel sal gee is, laat die velkant meeste van die tyd na die vuur wys, lekker krispie word die outjie, soos die Engelse sĂȘ, crackling.


Lekker eet

Potjie

No comments:

Post a Comment