Tuesday, April 28, 2009

Verban uit die kombuis

Die lang naweek is verby, dis dinsdag maar dit voel soos maandag, gelukkig is die week net drie dae lank dan kan ons weer verwoed kook en kuier.


Ons is die naweek weg saam met vriende, en hulle het besluit hulle treat ons vir ons die naweek, en ek mag niks doen in die kombuis nie, vir sommige mag dit na hemel klink, maar dit is loutere hel, 'n mens kan net soveel keer vir mense drank ingooi voor dit ook nie meer so lekker is nie, my hande jeuk om 'n pot vas te hou, en 'n mens drink ongelooflik vinnig as jy drink maar nie kook nie.

Die main meal was staek, fillet en ribeye, met Doneel se spesiale sous, terwyl Ricky braai, en ek toekyk sonder om 'n woord te se, geen met raad en daad bystaan nie, net kyk, en aan my rooiwyn teug.

Die special sous begin met witsous maak, dan kaas bysit om dit 'n kaassous te maak, en dan kom vooraf gebraaide sampioene en shrimps by, daar was 'n bygereg van sampioen wat in knoffel botter gebraai is, so ek is nie heeltemal seker of daar knoffel in die sous ook was nie, maar ek glo nie dit kan kwaad doen nie. Dan nog bygereg van gebraaide aartappels en 'n slaai. Nou nie die sous wat jy gereeld vir iemand met hoё kolestrol gaan maak nie, maar ryk en lekker, met die steak nog so rooi in die middel, ai man, moeilik opgestaan van die tafel af. Vir vroulief wat 'n sousmens is, en toevallig haar verjaarsdag op die dag gevier het 'n mooi ronde getal, as ek reg is, 20 0f 30 of so, was dit pure plesier. Dankie Doneel en Ricky.

Vandag verjaar skoonsus Crista ook bekend as soetrissie, baie geluk skoonsus, so gister het ons, ons daar ooreet, en swear Roy het my op my neus laat kyk deur self te braai, moet sê 'n heel goeie job gedoen, en sus Christa het uitgehang met aartappel gereg, pampoentert en sweetcornbake, en te veel om alles te onthou, poeding was daar ook, brownies met roomys, sus dit was nie dat ons nie poeding wou eet nie, ons kon nie meer eet nie, ek het probeer, en dit was heerlik, maar daar is net soveel plek in elke maag.

Nou kan julle dink, die heel naweek moes ek die kookery aanskou, en ek mag nie 'n hand lig nie, behalwe vir 'n sop wat ek vrydag aand gemaak het, en 'n nuwe broodresep, maar dit is more se storie.

Lekker eet

Potjie.

1 comment:

  1. Moet sê Ek het die fillet self geniet.Vorige keer wat Ek wild gebraai het was dit so droog net die Merlot kon help om dit te sluk.Miskien het Jy nie geweet van My peri-peri chicken wings onder in die pot nie.Het nog laat aand na My Boland Kelder enetjie al rus nog gepeusel.Vanoggend in die badkamer het Ek besef my hand is swaar met peri-peri.

    ReplyDelete