Friday, April 24, 2009

Daar is geen haas

Toe ek vandag weer begin rondbel om te kyk waar ek 'n haas of twee kan koop, toe onthou ek weer van my eerste kennismaking met haas se kind. Ek het jare later in Frankryk geleer dat haas heerlik is, maar terug na lank terug.

Een aand sit ek en vriend Karl met 'n glas rooiwyn, knuppel dik geёet aan 'n gebraaide hoendertjie, vir Floyd en dophou op die TV. Die half dronk kok op TV inspireer toe twee ander half dronk mans tot groot hoogtes. Net daar besluit ek en vriend Karl, nou bel ons mens, en saterdag hou ons "cookout", en so kry ons toe hannevol manne en vroue wat wil en blykbaar kan kook bymekaar vir die "cookout".

Nou kyk, as jy deel is van die reelings komitee, dan kan jou kos nou nie agterbly nie, en ons beplan toe 'n menu van epedermiese proporsies, met die hoogtepunt 'n haas op die spit. Ek kan onthou daar was baie kos, en baie wyn, maar om die dood kan ek nou nie onthou wat daar alles was nie, maar vir haas onthou ek. Haas kry toe plek in 'n marinade so hier van donderdag af, spit word aanmekaar gesit, nuwe batterye gekoop, alles reg vir saterdag.

Saterdag breek aan, en ek en Karl kan nie wag om haas op die kole te kry nie. Maar heelhaas, die haas wat ons daar by die Duitse slaghuis gaan koop het, weier volstrek om sag te word, die wyn begin later min te word, die mense ongeduldig, want hulle disse moet nou geёet word, maar my en vriend Karl se bleddie haas draai en draai op daai spit, maar sag word is min, hy is later so lank op die kole ons sou 2 tarentale sag kon kook in daai tyd, maar taai bly die ding.

Uit pure moedeloosgeit haal ons later die haas af, sny hom in stukke, en verklaar hom gaar, maar o genade, die enigste ding wat ek nog ooit geёet het wat taaier was as daai haas, was jare later, 'n volstruis nek wat iemand niks langer as 2 en ½ minute gekook het nie, maar dis 'n ander storie.

Dit het my baie jare geneem om my hand weer aan haas te waag, soos ek gese het eers in Frankryk met 'n lyf vol inspirasie van daai wonderlike markte, ek verlang sommer soontoe. Ons het 'n resepteboek daar gekoop, wat direk uit Frans in engels vertaal is, dit was baie snaaks, maar die resep het my gewys dat haas heerlik is, en nou sukkel ek altyd my dinges af om haas in die hande te kry.

Hier is die haas resep uit die Franse boek, presies soos dit daar staan, die resep was een van die beter vertaaldes.


(Resep kom van die Hostelleri de l'Abbaye de Saint-Michbel-de-Friglolet, Tarascon)

Rabbit with Anchovies

For 6

1 rabbit approximately 1 kg 400 grams (3.2 lbs)

400 grams (1 lb) tomatoes

150 grams (1/2 cup sliced) carrots

60 grams (2.5 oz) anchovies

1 head of garlic

150 grams (1 cup diced) onions

200 grams (8 oz) small onions

1 bouquet garni

20 cl (3/4 cup) chicken stock

20 cl (3/4 cup) veal stock

40 grams (3 tablespoons) butter

50 grams (3 tablespoons) sugar

20 cl (3/4 cup) white wine

olive oil

salt, pepper


Carve up the rabbit, and brown it in olive oil.

Add the chopped carrots, diced onions and anchovies.

Deglaze with white wine and let reduce by two thirds.

Moisten with the chicken and veal stocks.

Add the peeled garlic cloves, the bouquet garni, the peeled and seeded tomatoes.

Salt, pepper and stir in a bit of butter.

Apart, peel and glaze the small onions with sugar and water and then add them to the rabbit at the last moment.

Cook the rabbit for 1 hour and 15 minutes or so.


Lekker eet

Potjie

4 comments:

  1. Ek wonder tog of daai paashaas nie lekker in my potjie kan lyk die naweek nie!

    As hy so n laaaang sousie by het sal ek laaik om hom met koring te eet. my probleem is dat ek nie weet waar om koring te koop en hoe om dit gaar te maak nie. Help tog asseblief ou Potjie, my ou maat.....

    ReplyDelete
  2. MET DIE WINTER OP HANDE IS SOP ALTYD n WENNER.
    EK GENIET SOP AS n VOORGEREG.SWAER MARIUS SÊ JY BLY WEG VAN SOP AS JY NOG WIL KUIER.HET GISTER AAND DIE ERTJIES IN WATER GESIT. MY MA HET DIT ALTYD GEDOEN.DAN HET EK n GEROOKTE EISBEIN LAAT ONTVRIES.DIE NAWEEK GAAN EK ERTJIE SOP MAAK.DINK DAARAAN OM N WORTEL EN AARTAPPEL BY TE SIT .SAL JOU DIE RESEP STUUR.
    EK EN MY ENETJIE IS VANDAG 5 JAAR IN DIE EG.SY HANTEER DIE STORMS GOED.WIL WYN KOOP. MY ROOI IS TE OUD.VIR MY ENETJIE KOOP EK BOLAND S---BLANC.DIE REDE HIERVOOR IS DAT MEESTE VAN DIE SUSTERS DIT SAAM GENIET EN AS MY ENETJIE KUSSING VAT IS SY WEG.
    LEKKER KOOK.

    ReplyDelete
  3. Skepskop,

    Ek kook nie baie koring nie, maar sover ek weet kan jy koring by enige supermark koop, jy kook dit soos tarentaal, laaaaaaaaaaaank.

    ReplyDelete
  4. Anonymous, jy klink dam dem baie soos swaer Ferdie.

    Dankie vir die resep, net een dink, om alles in hoofletters te tik, is skree, en moet nou nie dat ons op mekaar skree hier nie.

    Geluk met jou en jou enetjie se 5 de jaar

    ReplyDelete