Wednesday, April 29, 2009

Alice se D’Aria broodjie



Soos ek gister gesê het, wil ek julle vandag vertel van my enigste paar minute in die kombuis die naweek wat verby is. Nou ek gaan julle nie verveel met 'n groentesop resep nie, ek is nie eers seker of mens 'n groentesop resep kry nie, jy gooi in waarna jy voel en wat in die huis is, solank dit aartappels, uie en seldery insluit, en vleis vir my asb. Kan nie verstaan hoe seldery so sleg smaak in slaai, maar so lekker smaak gee aan sop nie, maar dis hoe dit is, my swaer in Kanada sou gesê het, "it is what it is" ala een of ander yshokkie ster, ai ou Gidius ek wens ek kon vir jou so lekker skaap tjoppie gebraai het op jou onlangse verjaarsdag, en ek sou persoonlik gesorg het, dat sus Hannelie nie die bord bemors met 'n klomp blare nie, net tjops en wors vir my swaer op sy 50ste, en 'n braaibroodjie, sorry swaer ons eet nog steeds nie pap in die Kaap nie.


Maar laat ons by die brood uitkom. Vroulief se oor vang toe vrydag 'n broodresep terwyl sy rondry en RSG luister, ek dink sy het gese RSG, maar dit was een of ander radiostasie. Daar is vir 'n klomp van die wynplase in die Durbanville wynvallei gevra om 'n spesiale brood te bak, en die brood sou dan be-oordeel word deur die radio stasie. Een het wyngis gebruik, 'n ander het special late harvest in die brood gebruik, maar die wenner was D'Aria, ek weet nie of dit die sjef van die Poplars restaurant se skepping is nie, maar geluk aan wie s'n dit ook al was. Miskien kan iemand van D'Aria vir ons vertel wie se skepping dit is.


Ek was oortuig vroulief het nie lekker geluister nie, of iets gemis, want die resep wat sy aan my oorgedra het gaan soos volg. Koop 'n pakkie brooddeeg by die winkel (dit sal vermoedelik werk as jy self die deeg aanmaak) maak bolletjies van die deeg, pak die bolletjies in 'n swartpot. Neem een koppie room en los drie teelepels marmite daarin op, nou die enigste manier wat ek kon dink om marmite te laat oplos in room was om die room effens warm te maak, dis hier waar vroulief nie te veel aandag aan die detail gegee het nie. Gooi die koppie room en marmite oor die deeg rolletjies, en maak gaar in die oond of oor die vuur, ek het dit so 1 uur teen 180 grade celcius gebak, en dit was perfek, bleddie lekker om die minste te se.


Ek moet erken dat my verbasing groot was oor die resep wat gewerk het, want ek was oortuig vroulief het iets gemis, die marmite oplos in die room is nog steeds vir my raaiselagtig, maar dit was heerlik, dankie D'Aria! En vroulief vir die mooi onthou.


As julle bietjie wil loer na D'aria se menu (Poplurs Restaurant) an hulle wyne en die shows wat hulle hou, gaan na http://www.daria.co.za/, hulle het selfs hulle hele menu met pryse en al op die site, well done D'aria.


Vir die van julle buite ons land se grense, wat se monde nou water, ek hoop julle kry marmite êrens in die hande.


Heel onder op die blog is daar 'n opskrif genaam "Hier woon ons kos vriende op die internet", van nou af sal ek al die links daar bêre van kos en wyn plekke wat ons oor gesels het, en D'Aria is dan ook die eerste link wat hier verskyn.


Lekker eet


Potjie

4 comments:

  1. Ek weet nie vandag wat my so lus maak nie. Is dit hoe lekker so n gebakte broodjie smaak of die afwagting in ongeloof dat so n resep sal werk? Ek dink die juiste ding wat my so lus maak is die lekker kuier om die vuur terwyl jy wag vir die ding om gaar te kom.

    Die ander vraag (wat my ook kan lus maak) is natuurlik of jy nou Marmite op die brood gaan smeer wanneer jy daarvan eet!

    Persoonlik sal ek n paar snye met biltong en chilli jam daarop geniet en dit afsluk met n paar glasies wit muskadel op n koue dag.

    Ek gaan gou vir my n sarmie koop hier onder.....

    ReplyDelete
  2. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  3. Dis nie 'n probleem om Marmite in die hande te kry nie, maar klaargemaakte brooddeeg ... dit gaan bars. Vir 'n Marmite-fanatikus klink die resep fabulous. "By the way" die yshokkie ster (die "groot filosoof" soos ons hom noem) is Bertuzzi wat voorheen vir die Canucks (Vancouver) gespeel het en nou vir Calgary. Laat die resepte kom, my mond water konstant terwyl ek lees!

    ReplyDelete
  4. Ek is besig om boontjiesop te maak.Die bone het laasnag in water geslaap.Vanoggend in die slowcoocer na twee ure die poep uit gehaal.As Jy nie weet.Ek het die boontjies afgespoel.Die beesvleis volg heelwat later.My twee Dogters en hulle aangangsels kom vannand braai.Bring Ouma Lettie oor vir n koppie sop.

    ReplyDelete