Thursday, April 16, 2009

Vanaand het ek dink tyd nodig, more aand kom die helfte van my skoon familie by ons eet, en die helfte van my skoon familie is meer as die meeste mense se hele familie, skoon en andersins, nee regtig, geen grappies, 7 susters en 'n broer, nou tel kinders en mans en kleinkinders by, en ons is genoeg om 'n klein dorpie te beset.

Gister aand al daai stuk koedoe steak uitgehaal om te ontvries, vanaand bietjie olyf olie en suurlemoen sap bo oor gooi dat die outjies bietjie met mekaar kan gesels. Ek dink aan bitter sjokolade en chillie sous (verdun met rooiwyn) by die koedoe vir voorgereg.

Nou sal ek moet dink aan die hoofgereg, maar sal more vertel wat ek besluit het, ek moet nou 'n vuur gaan opmaak, en daai ribbitjie regkry. Dink tyd, rooiwyn tyd.

Lekker slaap

2 comments:

  1. Potjie,

    dit lyk my jy moet maar die nommer 7 uithaal en baie wyn gaan koop! Laat die mense baie drink en gee hulle laat kos - Dan smaak alles mos lekker.

    Wat se chocolate sous is dit die? Maak sous man!

    ReplyDelete
  2. Skepskop, die staan nou so, as ek die klomp skrikmaak met iets boheems vroeg in die aand, dan het ek die oorhand, anders is dit moeilikheid vir my heelaand.

    ReplyDelete